Sover ek verstaan is Haiku ‘n vorm van Japanese digkuns, wat wêreldwyd in vele tale beoefen word.
Anders as van ons meer bekende digvorms is een van Haiku se reels dat dit nie rym nie. Dis een gedagte wat ‘n Wat, Waar en Wanneer bevat en in 3 lyne ondermekaar geskryf word. Die volgende reels geld ook, alhoewel sommige tale meer moderne, unieke vorme van Haiku bekendstel.
‘n Haikoe bestaan uit 17 lettergrepe…
Lyn 1: bevat 5 lettergrepe
Lyn 2: bestaan uit 7 lettergrepe
Lyn 3: 5 lettergrepe
Aanvanklik het Haiku temas die natuur beskryf, emotief. Maar – en hierdie maak my kreatiewe hart vrolik – daar is spasie vir groei, ontwikkeling en innovasie.
Dit het my ‘n redelike tydjie gevat om my eie eerste Haikoe in Afrikaans te skryf. Hoe ‘reg’ dit is weet ek nie. Maar dit voel reg, en lekker. Ek deel dit graag hier met jou.
Lyk dit dalk makliker as wat dit is?
Wie van julle het al ge-Haiku? Deel gerus julle gedagtes en ervaring hier.
Hierdie seer is ‘n verteer-seer wat mens platsmeer, sonder om minder of meer te vra of verstaan
Hierdie seer is ‘n seer wat misverstaan word, wanverstaan word, ontken word, misken word, skeefgekyk word
Hierdie is ‘n alleenseer, ‘n selfkasty-seer, ‘n gedwonge weer en weer probeer al weet jy daar is so ampertjie net mooi fôkol aanhou baklei meer
‘n Seer wat monsteragtig jou binnegoed oor warm, nat teer smeer. Ongenadiglik, moordadig. Nes jy dink jy is uit sy kloue gooi hy nog ‘n paar houe
In die voue van jou plooie, op en om en binne jou kneukels. Nuwe knoppe op die vreemde, ou, pynlike onflippenooglike knoppe.
Kloppend en brandend. Elektries-skokkend soms. Dof, soos ‘n stuk spoeggekoude borrelgom wat tussen die sinapse, dendriete, aksone en neurone snaarstyf toutrek
Vlymskerp vuurwarm krampe in jou bene, al met jou spiere langs tot in jou diepste vleis.
Dis ‘n bliksem die. Een waaroor ons mos nie eintlik praat nie want shoesh, ons is mos sterk en die lewe is mos ‘n lied en niemand wil eintlik van jou stront hoor nie.
Ek het letterlik derduisende fotos van wolke. Skuimeriges, wolleriges, aggresiewe wolke. Kleines, grotes, enkeles …. wolkkomberse en marshmallow wolke. Spatsels wolke en fabelagtige wolke.
Maandagmiddag-wolke Asem-wegslaan-wolkeKwaai wolke met hael-boepense
Soms wonder ek hoeveel mense nie die wolke raaksien nie. Is almal soos ek, altyd gereed om met die volgende vertoning weggeblaas te word na ‘n wonderwolkewêreld. Is daar mense vir wie wolke net “ag dis net nog ‘n wolk” of “wolke, huh, watse wolke” is?
Al die fotos hierbo is vroeer die week met my Samsung foon geneem.
So wat reken julle? Is die daaglikse hemelse teater vir almal ewe asemrowend of minstens ‘n gewaardeerde verskynsel? Óf, is Lolla met die maan én met wolke begogeld?
Die Boek-van-Gesigte wys vir my grepe uit my verlede. Altyd goeie én slegte tye. Dis mos die Lewe se wipplankgeite.
Image from online library
02 Nov 2009,skryf ek:
Bedrywige Maandag wat voorle, net 6 weke van werk oor … Dis ‘n vol lewe waarvoor ek elke dag dankbaar is. Sien met oordrewe opwinding uit na die Desember-vakansie wat voorle. Lekker week maters!! xx
Lank lank gelede, nog voor ek 40 behaal/gehaal het.
02 November 2013:
Vandag is die dag!! Soveel dinge om te doen, die lysie is lank. So let the games begin ……
Buite saam met die honde vroegoggend asem geskep – Tick 🙂
BBMs geantwoord en emails gelees – Tick
Avon reps status-check – Tick
Faceboek status ge-update – Tick
Ketel aangesit vir vroegoggend koffie – Tick
Jog uit die bed geskop om op te staan ….. hehehe, hier gaat ek …..
Praat later maters xx xx
Hierdie het op ‘n stadium aanlyn die rondtes gedoen. Ek giggel, maar dis eintlik so waar.
02 November 2019 – ons vier die Springbokke se oorwinning oor Engeland. 32 – 12
02 November 2018:
Lalla sê mos gister dis ‘n woestelike dag. Lalla was reg – dit was eintlik ‘n woestelike dag, week, maand EN jaar.
Roadtrip pending …. Muskiete vreet vir my op. Nie almal kan my handle nie, en dis fine. (DIS FINE!!!) Ek het heeltemal teveel suiker geeet hierdie week. (Who cares ne.) Die duiwel loop rerig rond soos ‘n brullende leeu. Daar is krag in gebed. Daar is krag in geloof. Musiek kleur my wereld in. (Al sing ek vals, ne Mella.) Ek slip op met kontak hou, veral juis waar dit saakmaak. Tyd sluk my pokkellyf heel in. Ek is nie ‘n effentjies mens nie, maar ek het ervaring in “biki-biki maak baja”. Die van julle vir wie ek lief is, weet dit!!!! Ne!?! Ek weet baie van julle is rerig lief vir my. Dankie. xx Ek is dankbaar. Oooooohhhh hoor en luister mooi: NEVER SAY NEVER!!! (Eendag gaan ek kaalvoet op ‘n strand bly.)
Vandag is ek ooh soo dankbaar vir elke oomblik. En ek is geseend met tyd om nog oomblikke te geniet en benut. Oor die laaste dekade het ek vele male die direkte aanslag van verlies ervaar en is bewus hoe broos en kosbaar die lewe is.
My lewe is propvol en ‘it is well with my soul’. To many, many more happy memories.
So paar dae terug skryf Positief oor o.a. haar Tikkel Tokkol pilletjies. Oor hoe sy vir ‘n maand lank niks geblog het nie en oor die verdrink-gevoelte. En ek kan relate.
My blogmaat verwys ook na my (Lolla) se Bubble. Eintlik het ek na ek haar inskrywing gelees het, ‘n hele paar idees om oor te skryf, met verwysing na Positief se skrywe. Maar my skryf sit steeds vas.
My voortdurende konsternasie is skryf-konstipasie.
So skep ek dus vanoggend, met squish-muis se hulp, hierdie prentjie met bemoedigende woorde
Mag ons skryf totdat ons skryfuurglas leegloop.
Mag daar wonderlike, bonsende impetus agter ons idees wees en mag Tyd nie ons planne insluk nie.
Mag jy woeker met jou gawes totdat jou tone vuisies trek van pure lekkerte.