Honestly, this is quite a regular occurrence. I very seldom use patterns, recipes and such. I am (or rather, I have become) more of a ‘let’s wing it’ girl.
Made this crochet beany for someone yesterday but got the size a tiny bit wrong. But, all is not lost. Another one was delivered this morning – perfect fit. And I have a plan to fix up the giant one to help keep me warm during our upcoming autumn bushveld trip. 😉💚🌼
Ek het letterlik derduisende fotos van wolke. Skuimeriges, wolleriges, aggresiewe wolke. Kleines, grotes, enkeles …. wolkkomberse en marshmallow wolke. Spatsels wolke en fabelagtige wolke.
Maandagmiddag-wolke Asem-wegslaan-wolkeKwaai wolke met hael-boepense
Soms wonder ek hoeveel mense nie die wolke raaksien nie. Is almal soos ek, altyd gereed om met die volgende vertoning weggeblaas te word na ‘n wonderwolkewêreld. Is daar mense vir wie wolke net “ag dis net nog ‘n wolk” of “wolke, huh, watse wolke” is?
Al die fotos hierbo is vroeer die week met my Samsung foon geneem.
So wat reken julle? Is die daaglikse hemelse teater vir almal ewe asemrowend of minstens ‘n gewaardeerde verskynsel? Óf, is Lolla met die maan én met wolke begogeld?
Klein swerm Rooikop vinkies maak nes in ‘n boom agter ons huis.Vroegoggend-groete hier van Lolla se kant af. Ek speel te lekker met hierdie Bitmoji ‘stickers’Dis Jakarandatyd en die Oosrand stel nie teleur nie. Dis ‘n pers skouspel. 💜My ‘hydrangea’ begin pronkBeginstadium van my eie klein besigheidtjie. kLeurvoLKriatief laat my nuut dink, myself uitdaag. Nog baie werk om te doen. Ek glo !!!Vroegoggend sonsopkoms oor die lughawe, oppad kantoor toe.Een van die vele hoede beskikbaar in my katalogus. Self het ek nou al ‘n paar oulike hoede bymekaar, elkeen met haar eie persoonlikheid. Hoekom hoede…. ek vertel later.Geduld!!!! Als gebeur soos bestem.Kleinsus se bêlle. Ek is reg vir Kersfees.Spookboom ….. boeeEk moet julle nog van hierdie vier vertel …. die poppe wat rondrits
Hoop julle geniet my kiekies net soos ek geniet om dit te neem en te deel.
After four days of having temperatures up to 40°C in the Park we are back down to 21°C at the moment. The overcast, colder weather makes for different game viewing. Photography 📸 becomes more challenging (for me) but my body is thankful for the much cooler weather.
Warthog grazingGiraffe next to the road between Mopani and SataraView over the Olifants river
My hart is op Rebusfontein, maar my lyf en kop is solied net hier op die Ooste van Suid Afrika se kleinste en mees oorbevolkte provinsie (amper sê ek planeet).
En ek is besig, soos ‘n werker hommelby. Tussen TEFL leerdery (wat eerlikwaar swaar trek), my klein Avon en Justine besighede en nou ook ‘n Tupper verkoopsdame, maak ek planne en woeker ek om soos derduisende ander SA’ners ietsie wat kan werk aanlyn aan die gang te kry.
Intussen wag daai boek. Ek moet klaar skryf aan my eie verhaal. My groot lewensdroom, om ‘n eie boek te publiseer, is steeds heel agter in die lang tou van goedjies om te doen.
Dié Koningin sterf, klaarblyklik rustig met haar familie by haar en my eie hart ruk effens, asof ek ‘n naby iemand verloor het. Rus sag Koningin Elizabeth II. Wat ‘n vrou!
Wereldbekende OR Tambo internasionale lughawe hier op my voorstoep sorg vir nuus hoofopskrifte toe ‘n brand op aangrensende eiendom deur ‘n kwaai Augustuswind aangehits word. Van ons kantore in Kemptonpark sien ons die enorme rook wolke. Mense gaan staan stil en bespreek en bewonder die skrikwekkende skouspel. So rukkie later ry ons Boksburg toe om ‘n voertuig part op te laai en ons ry op die soom van die brand en die lughawe verby. Groot vlamme hardloop neffens ‘n aanloopbaan bult-af. Die groot, ou bome daar naby kreun en klap soos die vlamme kloue inslaan. Aan die anderkant van die aanloopbaan is n span brandbestryders hard besig om dinge onder beheer te probeer kry.
Ons gaan laai die part op. Oppad terug wonder ons hoe werk die vlugte, en elke nou en dan sien ons nog n vliegtuig opstyg. Weer terug langs die lughawe stop ons vir ‘n oomblik. My mond hang oop. Ek het al brande gesien, maar nog niks soos die nie. Droeë wintergras brand vinnig en rats. Die volgende oomblik hoor ons die bekende naby klank van n engin en kom een van die groot vliegtuie deur die rookwalms te voorskyn. Vlugte gaan voort. In die volgende paar minute sien ons minutes nog 5 vliegtuie opstyg.
Die brand is wel later onder beheer gebring. Die rook het nog vir ure daarna die Oosrand se alreeds-besoedelde lug donker ingekleur. Maar, ten spyte van heelwat skade, het harde werk en sweet die dag, en die lughawe gered.
Baie mense sal wasrskynlik vies wees omdat ek en Carmen die voëltjies by die werk voer. En ja ek weet, daar kan baie hieroor gesê word. Beide kante toe. Ons doen dit met die beste bedoellings en ons sowel as die groot verskeidenheid voëls wat kom saam eet geniet dit baie.
Die Wisteria staan in volblom. Wert iemand hier dalk hoe maak ek steggies? Toortsie? VirgoC? Oral flirt daisies met die oog. My verjaarsdag suurlemoen boom blom en daar is sparsely kleur oral waar mens kyk.
Hier is ‘n paar kiekies van my laaste week of twee.