Die Boek-van-Gesigte wys vir my grepe uit my verlede. Altyd goeie én slegte tye. Dis mos die Lewe se wipplankgeite.

02 Nov 2009, skryf ek:
Bedrywige Maandag wat voorle, net 6 weke van werk oor … Dis ‘n vol lewe waarvoor ek elke dag dankbaar is. Sien met oordrewe opwinding uit na die Desember-vakansie wat voorle. Lekker week maters!! xx

02 November 2013:
Vandag is die dag!! Soveel dinge om te doen, die lysie is lank. So let the games begin ……
- Buite saam met die honde vroegoggend asem geskep – Tick 🙂
- BBMs geantwoord en emails gelees – Tick
- Avon reps status-check – Tick
- Faceboek status ge-update – Tick
- Ketel aangesit vir vroegoggend koffie – Tick
- Jog uit die bed geskop om op te staan ….. hehehe, hier gaat ek …..
Praat later maters xx xx


02 November 2018:
Lalla sê mos gister dis ‘n woestelike dag. Lalla was reg – dit was eintlik ‘n woestelike dag, week, maand EN jaar.
Roadtrip pending ….
Muskiete vreet vir my op.
Nie almal kan my handle nie, en dis fine. (DIS FINE!!!)
Ek het heeltemal teveel suiker geeet hierdie week. (Who cares ne.)
Die duiwel loop rerig rond soos ‘n brullende leeu.
Daar is krag in gebed. Daar is krag in geloof.
Musiek kleur my wereld in. (Al sing ek vals, ne Mella.)
Ek slip op met kontak hou, veral juis waar dit saakmaak. Tyd sluk my pokkellyf heel in.
Ek is nie ‘n effentjies mens nie, maar ek het ervaring in “biki-biki maak baja”.
Die van julle vir wie ek lief is, weet dit!!!! Ne!?!
Ek weet baie van julle is rerig lief vir my. Dankie. xx
Ek is dankbaar.
Oooooohhhh hoor en luister mooi: NEVER SAY NEVER!!! (Eendag gaan ek kaalvoet op ‘n strand bly.)
Vandag is ek ooh soo dankbaar vir elke oomblik. En ek is geseend met tyd om nog oomblikke te geniet en benut. Oor die laaste dekade het ek vele male die direkte aanslag van verlies ervaar en is bewus hoe broos en kosbaar die lewe is.
My lewe is propvol en ‘it is well with my soul’. To many, many more happy memories.