Honestly, this is quite a regular occurrence. I very seldom use patterns, recipes and such. I am (or rather, I have become) more of a ‘let’s wing it’ girl.
Made this crochet beany for someone yesterday but got the size a tiny bit wrong. But, all is not lost. Another one was delivered this morning – perfect fit. And I have a plan to fix up the giant one to help keep me warm during our upcoming autumn bushveld trip. 😉💚🌼
Hierdie seer is ‘n verteer-seer wat mens platsmeer, sonder om minder of meer te vra of verstaan
Hierdie seer is ‘n seer wat misverstaan word, wanverstaan word, ontken word, misken word, skeefgekyk word
Hierdie is ‘n alleenseer, ‘n selfkasty-seer, ‘n gedwonge weer en weer probeer al weet jy daar is so ampertjie net mooi fôkol aanhou baklei meer
‘n Seer wat monsteragtig jou binnegoed oor warm, nat teer smeer. Ongenadiglik, moordadig. Nes jy dink jy is uit sy kloue gooi hy nog ‘n paar houe
In die voue van jou plooie, op en om en binne jou kneukels. Nuwe knoppe op die vreemde, ou, pynlike onflippenooglike knoppe.
Kloppend en brandend. Elektries-skokkend soms. Dof, soos ‘n stuk spoeggekoude borrelgom wat tussen die sinapse, dendriete, aksone en neurone snaarstyf toutrek
Vlymskerp vuurwarm krampe in jou bene, al met jou spiere langs tot in jou diepste vleis.
Dis ‘n bliksem die. Een waaroor ons mos nie eintlik praat nie want shoesh, ons is mos sterk en die lewe is mos ‘n lied en niemand wil eintlik van jou stront hoor nie.
myself in ‘n kakkenspul van eie-drama ingeweef…. want dis wat ek doen en al sukkel ek dikwels om myself met hierdie wêreld te versoen is daar steeds, altyd onderliggend die opregte wens om beter te doen
Nou is dit nuwejaar en as ek die beste wil maak van my gegewe lewensaar moet ek bedaar, ophou vergaar, in my foon se skerm instaar – ek moet myself bymekaartrek in een sentrale ek-hoofkantoor (lees ‘bubble’) waar ek soms kan bymekaarkom om al die geraas buite te laat, om al my verdwaalde ekke bymekaar te trek in een gemeensame kopvertrek …. my veilige plek 🙃
Ek moet dóén en ophou visioen en met die onveranderlike en onvermydelike versoen ….. oor doen wat ek moet terwyl ek minder oordóén …. vasbyt … beplan, uitvoer en rus. Dis ‘n goeie afskopplan vir tWintigdRie&TwintiG, beslis.
WP stuur vroeer vandag vir my ‘n ‘Achievement’ boodskappie. Baie Geluk, dis vandag ‘n jaar terug wat LollaseGoete hier geskep is.
Wat ‘n jaar. Propvol. Op en af, goed en minder goed. Baie WOW-oomblikke.
Ek het ‘n klompie Volgers en ek volg ‘n hele klompie. Dis ‘n lekker spasie hierdie, ons blogland.
Skryf en dink en deel neem tyd. Al is dit hóé lekker is daar soms netnie genoeg tyd om voor te bly nie. Maar as dinge in ‘die regte lewe’ woesdol gaan, kan ek altyd vir ‘n rukkie hier by julle kom wegkruip.
Ek is ‘n Goue Vrou met ‘n sagte, dankbare hart wat soos almal anders elke dag skaaf en bou en pleister aan my plekkie onder die son.
Dankie vir ‘n gemaklike, veilige spasie waar ek my Lolla-kruiwatjie kan kom omtiep nou-en-dan.
Dit hoef nie perfek te wees nie, maar dit moet samblief tog eerlik en opreg wees.
Ek het letterlik derduisende fotos van wolke. Skuimeriges, wolleriges, aggresiewe wolke. Kleines, grotes, enkeles …. wolkkomberse en marshmallow wolke. Spatsels wolke en fabelagtige wolke.
Maandagmiddag-wolke Asem-wegslaan-wolkeKwaai wolke met hael-boepense
Soms wonder ek hoeveel mense nie die wolke raaksien nie. Is almal soos ek, altyd gereed om met die volgende vertoning weggeblaas te word na ‘n wonderwolkewêreld. Is daar mense vir wie wolke net “ag dis net nog ‘n wolk” of “wolke, huh, watse wolke” is?
Al die fotos hierbo is vroeer die week met my Samsung foon geneem.
So wat reken julle? Is die daaglikse hemelse teater vir almal ewe asemrowend of minstens ‘n gewaardeerde verskynsel? Óf, is Lolla met die maan én met wolke begogeld?
Die Boek-van-Gesigte wys vir my grepe uit my verlede. Altyd goeie én slegte tye. Dis mos die Lewe se wipplankgeite.
Image from online library
02 Nov 2009,skryf ek:
Bedrywige Maandag wat voorle, net 6 weke van werk oor … Dis ‘n vol lewe waarvoor ek elke dag dankbaar is. Sien met oordrewe opwinding uit na die Desember-vakansie wat voorle. Lekker week maters!! xx
Lank lank gelede, nog voor ek 40 behaal/gehaal het.
02 November 2013:
Vandag is die dag!! Soveel dinge om te doen, die lysie is lank. So let the games begin ……
Buite saam met die honde vroegoggend asem geskep – Tick 🙂
BBMs geantwoord en emails gelees – Tick
Avon reps status-check – Tick
Faceboek status ge-update – Tick
Ketel aangesit vir vroegoggend koffie – Tick
Jog uit die bed geskop om op te staan ….. hehehe, hier gaat ek …..
Praat later maters xx xx
Hierdie het op ‘n stadium aanlyn die rondtes gedoen. Ek giggel, maar dis eintlik so waar.
02 November 2019 – ons vier die Springbokke se oorwinning oor Engeland. 32 – 12
02 November 2018:
Lalla sê mos gister dis ‘n woestelike dag. Lalla was reg – dit was eintlik ‘n woestelike dag, week, maand EN jaar.
Roadtrip pending …. Muskiete vreet vir my op. Nie almal kan my handle nie, en dis fine. (DIS FINE!!!) Ek het heeltemal teveel suiker geeet hierdie week. (Who cares ne.) Die duiwel loop rerig rond soos ‘n brullende leeu. Daar is krag in gebed. Daar is krag in geloof. Musiek kleur my wereld in. (Al sing ek vals, ne Mella.) Ek slip op met kontak hou, veral juis waar dit saakmaak. Tyd sluk my pokkellyf heel in. Ek is nie ‘n effentjies mens nie, maar ek het ervaring in “biki-biki maak baja”. Die van julle vir wie ek lief is, weet dit!!!! Ne!?! Ek weet baie van julle is rerig lief vir my. Dankie. xx Ek is dankbaar. Oooooohhhh hoor en luister mooi: NEVER SAY NEVER!!! (Eendag gaan ek kaalvoet op ‘n strand bly.)
Vandag is ek ooh soo dankbaar vir elke oomblik. En ek is geseend met tyd om nog oomblikke te geniet en benut. Oor die laaste dekade het ek vele male die direkte aanslag van verlies ervaar en is bewus hoe broos en kosbaar die lewe is.
My lewe is propvol en ‘it is well with my soul’. To many, many more happy memories.