Eina!

Hierdie seer is ‘n verteer-seer wat mens platsmeer, sonder om minder of meer te vra of verstaan

Hierdie seer is ‘n seer wat misverstaan word, wanverstaan word, ontken word, misken word, skeefgekyk word

Hierdie is ‘n alleenseer, ‘n selfkasty-seer, ‘n gedwonge weer en weer probeer al weet jy daar is so ampertjie net mooi fôkol aanhou baklei meer

‘n Seer wat monsteragtig jou binnegoed oor warm, nat teer smeer. Ongenadiglik, moordadig. Nes jy dink jy is uit sy kloue gooi hy nog ‘n paar houe

In die voue van jou plooie, op en om en binne jou kneukels. Nuwe knoppe op die vreemde, ou, pynlike onflippenooglike knoppe.

Kloppend en brandend. Elektries-skokkend soms. Dof, soos ‘n stuk spoeggekoude borrelgom wat tussen die sinapse, dendriete, aksone en neurone snaarstyf toutrek

Vlymskerp vuurwarm krampe in jou bene, al met jou spiere langs tot in jou diepste vleis.

Dis ‘n bliksem die. Een waaroor ons mos nie eintlik praat nie want shoesh, ons is mos sterk en die lewe is mos ‘n lied en niemand wil eintlik van jou stront hoor nie.

Behalwe dalk soms, net sóms. Hier in blogland.




Lindie Koekemoer

25 thoughts on “Eina!”

  1. Ek weet nie wat jou so eina nie maar ek gaan mooi vra dat daar verligting kom. Aanhou eina is niks lekker nie. Onnodig. Dit steel. Ek gaan glo…hoop dis gou beter

    Liked by 2 people

    1. Hoop is deel van die arsenaal coping tools woordnoot, veral vir aanhou-eina. Daar is altyd HOOP. ‘n Stukkende lyf is immers steeds behuising vir ‘n vegtersgees. Dankie dat jy saam my hoop. ❤️ 💙 💜

      Liked by 1 person

    1. As ek ‘n slegte flair kry soos tans, bly dit gewoonlik vir weke op ‘n slag. Ek moet bieg, ek was die laaste maand of wat ekstra besig met dinge wat ek kon voel my limiete getoets het. Het ekstra baie langer ente gery, ekstra gehekel, die kouer weer beinvloed my. Ek het bietjie meer probeer stap, gehula-hoop. So nou probeer ek rus waar ek kan. Dis ‘n bose kringloop seegogga. Tans is my voorskrif pynmeds my beste maat.

      Liked by 1 person

Comments are closed.