Wolke Betjoinks

Ek het letterlik derduisende fotos van wolke. Skuimeriges, wolleriges, aggresiewe wolke. Kleines, grotes, enkeles …. wolkkomberse en marshmallow wolke. Spatsels wolke en fabelagtige wolke.

Maandagmiddag-wolke Asem-wegslaan-wolke
Kwaai wolke met hael-boepense

Soms wonder ek hoeveel mense nie die wolke raaksien nie. Is almal soos ek, altyd gereed om met die volgende vertoning weggeblaas te word na ‘n wonderwolkewΓͺreld. Is daar mense vir wie wolke net “ag dis net nog ‘n wolk” of “wolke, huh, watse wolke” is?

Al die fotos hierbo is vroeer die week met my Samsung foon geneem.

So wat reken julle? Is die daaglikse hemelse teater vir almal ewe asemrowend of minstens ‘n gewaardeerde verskynsel? Γ“f, is Lolla met die maan Γ©n met wolke begogeld?

Lolla liefdegroete β˜οΈβ˜οΈβ˜οΈπŸ’™πŸ€πŸ’™

Ja Lucas, kiekies vertel ‘n Storie

Klein swerm Rooikop vinkies maak nes in ‘n boom agter ons huis.
Vroegoggend-groete hier van Lolla se kant af. Ek speel te lekker met hierdie Bitmoji ‘stickers’
Dis Jakarandatyd en die Oosrand stel nie teleur nie. Dis ‘n pers skouspel. πŸ’œ
My ‘hydrangea’ begin pronk
Beginstadium van my eie klein besigheidtjie. kLeurvoLKriatief laat my nuut dink, myself uitdaag. Nog baie werk om te doen. Ek glo !!!
Vroegoggend sonsopkoms oor die lughawe, oppad kantoor toe.
Een van die vele hoede beskikbaar in my katalogus. Self het ek nou al ‘n paar oulike hoede bymekaar, elkeen met haar eie persoonlikheid. Hoekom hoede…. ek vertel later.
Geduld!!!! Als gebeur soos bestem.
Kleinsus se bΓͺlle. Ek is reg vir Kersfees.
Spookboom ….. boee
Ek moet julle nog van hierdie vier vertel …. die poppe wat rondrits

Hoop julle geniet my kiekies net soos ek geniet om dit te neem en te deel.

Lollagroete, tot later xx

Time to cool down

After four days of having temperatures up to 40Β°C in the Park we are back down to 21Β°C at the moment. The overcast, colder weather makes for different game viewing. Photography πŸ“Έ becomes more challenging (for me) but my body is thankful for the much cooler weather.

Warthog grazing
Giraffe next to the road between Mopani and Satara
View over the Olifants river

Another beautiful day under the African sky.

Wordless Wednesday- 03 August 2022

Cloudy skies over Johannesburg, South-Africa

Image filtered
(android mobile phone)
Original Image

#wordlesswednesday #lollasekiekies #lollaspics #cloudyskies #southafrica #clouds #morning

LollaSeBoomstories

My liefde vir bome
Up close …

Trees are sanctuaries. Whoever knows how to speak to them, whoever knows how to listen to them, can learn the truth.

Herman Hesse

Ek het so rukkie terug geskryf oor my liefde vir bome, sien skakel hier onder:

https://lollasegoete.com/2022/01/02/sonder-begin-of-einde-my-liefde-vir-bome/

denneballe&naalde … kleintyd-onthou
Sterk, met uitgestrekte arms
Skrams Winter

Ons was die afgelope naweek na die Hasiepark toe hier naby ons. Iemand by die Saterdag mark gaan ondersteun en toe ‘n entjie gaan stap. Ek kan myself verloor so tussen bome. Dis kiekies en nog kiekies, ooeeee aaahhh en nog ‘n kiekie, bietjie vat-vat en boomdrukkies uitdeel. Pure lekkerte. Die Ingelsman het half iesiegrimmig maar ooh so geduldig saamgestap. Wat ‘n heerlike oggend!

Wat ‘n wonderlike blessing
Dalk ‘n koekeloergaatjie ?
Mooiste kleurvertoning
In die koelte van 'n groot ou boom
wil ek vir oulaas stilraak, wegraak
tussen verstrengelde takke vol blaarbehangsels,
vertakkings van gister se gisters.
Lig, soos 'n veer.
Stof.
Net stof.

Onder 'n groot stokou boom.

LollaseGoete
Mooiste Mooi
Jare en jare se letsels. Hier kan mens mos net sit en wees.
Absolute respek
Ons leef ons eie stories
lollaboomdrukkies

#lollasekiekies #lollaseboomstories #lollasegoete