Ek het letterlik derduisende fotos van wolke. Skuimeriges, wolleriges, aggresiewe wolke. Kleines, grotes, enkeles …. wolkkomberse en marshmallow wolke. Spatsels wolke en fabelagtige wolke.




Soms wonder ek hoeveel mense nie die wolke raaksien nie. Is almal soos ek, altyd gereed om met die volgende vertoning weggeblaas te word na ‘n wonderwolkewêreld. Is daar mense vir wie wolke net “ag dis net nog ‘n wolk” of “wolke, huh, watse wolke” is?











Al die fotos hierbo is vroeer die week met my Samsung foon geneem.
So wat reken julle? Is die daaglikse hemelse teater vir almal ewe asemrowend of minstens ‘n gewaardeerde verskynsel? Óf, is Lolla met die maan én met wolke begogeld?
Lolla liefdegroete ☁️☁️☁️💙🤍💙
Ek is ook gek oor wolke! Jou foto’s is pragtig!
LikeLiked by 1 person
En ons word omtrent bederf met die mooiste wolk formasies nou met al die reen hier by ons.
LikeLiked by 1 person
Jou wolke is asemwegslaan mooi!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot 😊 🥰
LikeLike
Ek is ook ñ wolk-liefhebber. Jy het pragtige fotos, Lolla.
LikeLiked by 1 person
Hlo Una – ek is so bly om te hoor hier is so baie van ons wat gaande is oor wolke. Eintlik, wat so in voeling is van die natuur en die mooiste mooi om ons. So ‘n titseltjie mindfulness, of hoe. Liefdegroete xx
LikeLike
Ek is ook mal oor wolke. Ek kom agter my twee kleindogters begin ook al hoe meer die wolke raaksien en vorms in hulle sien.Pragtige foto’s Lolla.
LikeLiked by 1 person
Hoop hulle geniet dit meer en meer. Dankie Trommeltjies. 😊
LikeLike
Oe, jou wolke foto’s is so mooi. Ek kyk ook altyd na wolke en het al foto’s daarvan geneem. Soms sien ek figure in wolke raak. Ek is weer son bedot. Son opkomste en ondergange – daarvan het ek al seker duisend / meer foto’s van geneem. Haha, ander mense is met die maan gepla, maar ek met die son.
LikeLiked by 1 person
Ons is eintlik vrot bederf met al die Natuur se mooigeite.
LikeLiked by 1 person
Die dag se wolke se vir my soveel van n mens (my) lewe… soms donker, soms lig, soms helder soms asemrowend en soms vreesaanjaend… en so is elke seisoen in ons lewe, soos wollke
LikeLiked by 1 person
Mooi gesê maat. Baie waar.
Lekker om jou hier te sien. 🤩
LikeLiked by 1 person