WP stuur vroeer vandag vir my ‘n ‘Achievement’ boodskappie. Baie Geluk, dis vandag ‘n jaar terug wat LollaseGoete hier geskep is.
Wat ‘n jaar. Propvol. Op en af, goed en minder goed. Baie WOW-oomblikke.
Ek het ‘n klompie Volgers en ek volg ‘n hele klompie. Dis ‘n lekker spasie hierdie, ons blogland.
Skryf en dink en deel neem tyd. Al is dit hóé lekker is daar soms netnie genoeg tyd om voor te bly nie. Maar as dinge in ‘die regte lewe’ woesdol gaan, kan ek altyd vir ‘n rukkie hier by julle kom wegkruip.
Ek is ‘n Goue Vrou met ‘n sagte, dankbare hart wat soos almal anders elke dag skaaf en bou en pleister aan my plekkie onder die son.
Dankie vir ‘n gemaklike, veilige spasie waar ek my Lolla-kruiwatjie kan kom omtiep nou-en-dan.

Lolla-Groete 🌸🌸🌸
So bly jy is hier!
LikeLiked by 1 person
Ekke net so. Dankie liewe Toortsie. 🌸
LikeLiked by 1 person
Pragtig, en dit is lekker om jou te leer ken. Ek sukkel ‘n ruk lank om tyd te maak.
LikeLiked by 1 person
Vir my ook lekker en pure plesier.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Hou so aan met jou pragtige foto’s!
LikeLiked by 1 person
Maak so Aletta.
LikeLike
Baie geluk met die 1 jaar! So bly ons kan jou leer ken.
LikeLiked by 1 person
Dankie seegogga. Ek voel dieselfde oor julle. xx
LikeLiked by 1 person
Al ‘n hele jaar! Baie geluk … ek hou baie van jou mooi foto’s!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy hier us ♡
LikeLiked by 1 person
Ek is baie bly jy is nou deel van ons wêreldjie, Lolla. Jy is ñ blessing.
LikeLiked by 1 person
Jy is dierbaar Una. Ek sê ditto.
LikeLike