So paar dae terug skryf Positief oor o.a. haar Tikkel Tokkol pilletjies. Oor hoe sy vir ‘n maand lank niks geblog het nie en oor die verdrink-gevoelte. En ek kan relate.
My blogmaat verwys ook na my (Lolla) se Bubble. Eintlik het ek na ek haar inskrywing gelees het, ‘n hele paar idees om oor te skryf, met verwysing na Positief se skrywe. Maar my skryf sit steeds vas.
My voortdurende konsternasie is skryf-konstipasie.

- Mag ons skryf totdat ons skryfuurglas leegloop.
- Mag daar wonderlike, bonsende impetus agter ons idees wees en mag Tyd nie ons planne insluk nie.
- Mag jy woeker met jou gawes totdat jou tone vuisies trek van pure lekkerte.
Lolla-groete ♡
Eish…dis sulke mooi woorde. Ja…ek kan ook relate. Wag gretig vir die wal om te breek, en om dan te lees wat als daaruit vloei!
LikeLiked by 2 people
Ek hou van daardie “totdat jou tone vuisies trek van pure lekkerte.” Dis presies soos dit is. Ek werk aan ‘n skryfstuk vir my skryfkursus waarmee ek besig is. Dit gee my oneindig veel plesier om die stuk te skryf en weer en weer te skryf telkens met ekstra aanwysings om dit beter te maak. Dit werk soos ‘n bom. Interessante is dat dit woorde is in my dit moet net neergepen word.
LikeLiked by 2 people
Ek glo jou skryf gaan vinnig loskom, Lolla, veral omdat jy ñ borrellende-sprankel mens is.
LikeLiked by 2 people
Dankie Una, jy is dierbaar.
LikeLike
Ek hou van jou squish-muis … laat die woorde soos ‘n waterval rol Lolla!!
LikeLiked by 2 people
Hlo daar. Dogter het die ene vir my gemaak, dis te oulik.
Jip ek moet net weer my skryf momentum terugkry. Dankie vir jou inloer. Groete xx
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n mooi wens. Dankie, selfde mooi wense vir jou.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Christa xx
LikeLiked by 1 person
Ek giggel hard-op vir Skryf-konstipasie en my tone trek vuisies oor jou goeie Skryf wense
LikeLiked by 2 people
Hehe dis altyd lekker as mens se skryf ‘n giggel of ‘n lag veroorsaak. Groete daar na jou kant toe. Hoop jou skryf vloei ook al makliker.
LikeLiked by 1 person
Jou beskrywing en woordeskat laat my verstaan!!! Skryf-konstipasie vat die prys.
LikeLiked by 2 people
Hlo daar El, dankie vir jou lekker terugvoer. Dit gee my net meer woema. Mooi naweek. xx
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die mooi skryf seenwense. Mag ek nog lank jou mooi skryfstukke lees.
LikeLiked by 1 person
Hello Daisy. Julle hier in blog blogland is beslis inspirasie. Dankie vir jou inloer. xx
LikeLiked by 1 person