Lolla se Bubble


Wanneer mens op ‘n self-opgelegte tipe Sabbatical is, dis nou die soort sonder verwagtinge en vereistes, ‘n breek, ‘n asemskep. Dan maak mens tyd vir asemskep. Want asem skep nie homself nie. Asem is eintlik ‘n slinkse knaap. Jy dink jy gaap nog dan trek Asem al doer om die volgende hoek. Nes sit-en-staan niks gedoen kry nie, verg gesondword en heelword ook doelbewuste werk. En soms is niksdoen en rus harder werk as harde werk.

Photo by Pixabay on Pexels.com

Ek het hierdie jaar die vaardigheid ontdek om te “Bubble”. Verseker sal daar baie sinonieme vir my ge-Bubble-lary wees, maar so het ek die gedoente nou gedoop. Eers het ek gesukkel om te Bubble, maar ek raak al meer vernuftig hiermee. Dryf met my hart en my kop maar sonder my lyf (meestal) na plekke waar net ek kan uitkom. Waar die water helderder is en die lug skoner. Maar belangrikste van als, waar die geraas van hierdie wereld stilraak.

Natuurlik vereis Bubble ook ‘n goeie begrip en toepassing van balans. Want teveel Bubble kan beslis ook nie goed wees nie. Tog is ek tans heel gelukkig om te Bubble wanneer ek so goeddink. En dit, reken ek, is deel van my menswees-hier-op-aarde oorlewingsstrategie.




Bubble-groete

24 thoughts on “Lolla se Bubble”

  1. Ek en my man het vir amper 3 jaar gebubble (ek hou van jou woord) … en dit het ons amper ‘n jaar geneem om net af te skakel en te wees na baie jare se swoeg en sweet en daardie rot-hardlopery (van die een punt na die ander punt, net om dit more weer oor te doen … en die dag daarna en die dag daarna en en en …)! Dit was ongelooflik goed vir ons hart en siel om te bubble … so sal dit ook vir jou wees 🌸.

    Liked by 3 people

    1. Weet jy Scrapy, persoonlik dink ek mens moet eerstens bitterbaie eerlik met jouself wees. Oor wat jy kan en nie kan nie – basta met die wereld en mense se idees en vereistes. Ek reken ook die kern van elkeen se ‘bubble’ is diep binne in jouself. So, mens moet stilraak en daardie plekkie gaan soek waar jy, ten spyte van die geraas om jou’ kan gaan pause en net asemskep. Waar jy weer jou equilibrium kan loop raakvat.

      Ekself skakel af van inkomende oproepe, ek antwoord net d belangrikste boodskappe. Ek gee dus tegnologie die koue skouer. Ek visualiseer myself al drywend in n supersterk lugbubble vanwaar ek kan uitsien maar die wereld my nie kan sien nie.

      Maak dit sin? Ek lief my bubble (s.nw én ww).

      Like

      1. Dit maak sin. Ek sal beslis vir my my eie ek plekkie moet bou om “sane “the bly. Hoe gouer hoe beter. Die terapeut het juis beduie ek moet my eie gevoel van hoe dit vir my gemaklik is opbou en die duiwel met die res wat my so diep ongelukkig maak.

        Liked by 1 person

      2. Ek stem saam Scrapy. Die wêreld en sy dinge sal mens onverbiddelik opslurp en insluk. Elkeen moet binne sy/haar omstandighede ‘n stukkie sin lostorring. Ek stuur liefde. Laat weet my hoe jy vorder. xx

        Like

      3. Maak so. Ek het juis my bubble gebars verlede week en moet van vooraf weer my selfvertroue in afsondering moet terug kry. Ek Het besluit om soggens “me time” te maak en sit rustig op my eie en doodle, wat baie kalmerend is as mens jou gedagtes los maak van buite aktiwiteite en net konsentreer op die vloei van patrone.

        Liked by 1 person

Comments are closed.