‘n Werkstafel sonder werk

Ek kan nie onthou wanneer laas ek hier by my lessenaar gesit en werk het nie. Ek float oral: op die bank, op die bed, by die kombuisblad. Dwaal in my ‘kunskamer’ rond.

My oemf is opgeseize. My skaniere opgevries.

Ek sit nou hier by my werkstafel. Hoekom weet ek nie juis nie. Dalk moet ek ietsie skryf. Ja!

Ek teken so vinnig ‘n hasie, net om te voel ek doen darm iets. Die haas lyk of hy boobs het. Ek teken bubbles om my haas. Want, ek bubble. Nogsteeds. Eintlik BUBBLE ek nou éérs.

Darm het ek nou al vir ‘n rukkie hier by my tafel kom sit. En ‘n prentjie geteken. My liggie is flouerig… soos my feetjieliggies wat nuwe batterye kort. Maar ek skyn nog effentjies.

More teken ek dalk weer ‘n haas. 🙂😊 En sit vir ‘n rukkie by my tafel.

Me & Fibromyalgia

Yesterday was a very-close-to-rock-bottom kinda day.

Today it’s raining outside but there is Light in my heart. I’ve got this!

Find fun activities to keep the muscles and joints going but don’t overdo it.

Living in constant pain, often elevated, is a concept than many do not understand. Being kind is important, always.

I’ve learnt that it is essential to keep moving, within limits. Don’t ever stop moving BUT heed your body’s messages. Even a little bit too much can cause severe and long-term flairs.

#livingwithfibro #fibromyalgia #constantpain #cfs #ivegotthis #wegotthis #meandfibro

Grepies

Daar is altyd ‘n stukkie saligheid in die natuur
Bytjie wegkruipertjie
‘Al die veld is vro-o-lik 🎵🎶’
‘n Vreemde gas aan’t tafel
Die Ingelsman het Sondag vir ons die allerheerlikste goue lamspasteie gemaak
Naweek uitstappie, ontbyt onder hierdie groen afdak
Tafel nommer ses-en-dertig: 2 yskoffies en 2 geroosterde toebroodjies
Erens in Benoni, op ‘n ander dag
Teen die tyd wat ek hierdie sien was die inwoner reeds die wye wêreld in, of nie … ek hoor nou al vir 5 aande ‘n bieliemot sirkel en vlieg. Ek bid sagging vir afstand en, sou dit nie geskied nie, flouval sonder enige bene breek.
Johannesburg
Goggie, los net my lelie uit
Ek verlang na die bosveld
Ek moet nog behoorlik skryf oor my emosiekombers …

Voëls van Suid-Afrika – deur my oë & lens (23/01/2023)

Pin-tailed Whydah (giggel ek lekker toe ek sien Google translate vertaal die outjie in Afrikaans na ‘n Penstert Hoekomdah …… instede van Koningrooibekkie

Ek sit vas in ‘n breinblaps.
Sperdatums staar my in die gesig en al waaraan ek kan dink is: ek wil eerder slaaaap.
2023 gaan ek poog om voëls te bekyk, op te spoor, en te verewig in my kiekies. Hopelik sal ek uiteindelik ‘n deeglike lysie bymekaar kry van al my/ons sightings.
Byvoorbaat skies vir die hoeveelheid fotos wat hier gedeel gaan word. Geniet hulle saam met my.

As als goed en volgens plan verloop hou ek duime vas vir ‘n nuwe kamera. Ene wat ingeboude stabiliteit het vir my bewerige hande en ‘n lekker lens om vêr te kan fokus.

Maar vir nou moet ek eers self fokus… hierdie opdrag gaan nie self geskryf raak nie.

Gewone Dikkop (Spotted thick-knee)

En, Juffrou Grobler, toe is dit Saterdag

En dan, is dit Saterdag
en jou nuwe kort kapsel is stomp in jou nek weggebind want dis warm.

En die blokkies van jou emosiehekelbers word aanmekaar gehak met 'n nuwe neutrale kleur. Die is nou ry nommer 4. Elke ry bestaan uit 14 blokkies, dus 14 dae.

En manlief se Nigela aartappelgebak ruik hemels daar uit die oond. Vandag eet ons lekker na die afgelope week se suksesvolle gesond-eet.

En saam met die lekkerruik belofte van 'n koningse maaltyd word 'n groot, fênsy glas gevul met 'n gevriesde jenewer mengsel voor jou neergesit.

En jy onthou toe Juffrou Grobler verduidelik het, jy begin nie 'n sin met 'En' nie.

En jy mis mense en plekke maar jou hart loop oor, soos manlief se oorvol ginglas nou-nou, want die Liewe Here het jou gebless met die gawe om erg-diep te voel. En nóu voel jy meer as enigiets anders dankbaar en tevrede. Al jou enne is meer as genoeg en jy kort nie meer of minder en die en daai nie.

En dis Saterdag. Liverpool en Chelsea speel bal op die tievie. Vlooi stamp die pienk squeaky bal in ons rigting, maar ons gaan nie nou saamspeel nie. Ons bubble.

Dis Saterdag.

Dinsdagoggend-inloer

Photo by Vaidas Vaiciulis on Pexels.com
Not my own picture – Photo by Karolina Grabowska on Pexels.com

Vanoggend se gesiggieboek inskrywing:

Vroegoggend karatekungfu om die piepklein zzziieeeoemende vreksels met die iri-flippen-zoemzoem by te kom (onsuksesvol). Ten minste ses nuwe gifjikkende opgehewe bytplekke op die een been (lees voet-been-boud) wat altyd halstarrig onder die kombers uitsteek.

Buite tjierietjierie die grootboom vol voëltjies vrolik en ek kan sweer ek hoor een grootbek sing: ‘opstaan luigat tjietjieee dis ‘n nuuuutjietjiewe dag’ 🐦🎵🎶. Mens voel so half om self te begin ttwwwweeeeeet.

Want ten spyte van die kênserige breinkombers en nog ‘n dag wat sonder lektriek begin en die chaos daar buite is die singende trulife motiveringskoor in die grootboom reg…… dis ‘n blessing om weer wakker te word en nog ‘n kans te hê. En elkeen se kans lyk anders. Ek vat vandag my kans met blymoedig-tshweeeeeeet-heid aan en gaan nog ‘n keer kliphard probeer. Jy ook, nê?

  • Dankbaar-goedjies, want ons self-motiveer en kap aan soos dapper soldate, selfs deur ons stukkendgeit, of hoe?
  • Dankbaar, en ek bedoel erg woes-erg dankbaar vir tettiekettie strêppies wat verstel – nou al op my rug …….
  • Waardering vir my eie rare diep-binneste.
  • Verheug oor die ligdraers, die opregtes, die genuine onopgesmukte siele.
  • Doodtevrede met my hier-en-nou.



Dis al, vir nou.
Lolla-groete

Lolla se Nuwejaargoete

Laasjaar was my skryfjaar maar

ook nie want my skryf het halfjaar

begin stotter en

laatjaar opgedroog

soos ‘n erg verwaardlose vetplant

of verdorde rankplant

Het ek vir myself weer heelemal

ge-té-leef en ge-te-béleef en

myself in ‘n kakkenspul van eie-drama ingeweef…. want dis wat ek doen en al sukkel ek dikwels om myself met hierdie wêreld te versoen is daar steeds, altyd onderliggend die opregte wens om beter te doen

Nou is dit nuwejaar en as ek die beste wil maak van my gegewe lewensaar moet ek bedaar, ophou vergaar, in my foon se skerm instaar – ek moet myself bymekaartrek in een sentrale ek-hoofkantoor (lees ‘bubble’) waar ek soms kan bymekaarkom om al die geraas buite te laat, om al my verdwaalde ekke bymekaar te trek in een gemeensame kopvertrek …. my veilige plek 🙃

Ek moet dóén en ophou visioen en met die onveranderlike en onvermydelike versoen ….. oor doen wat ek moet terwyl ek minder oordóén …. vasbyt … beplan, uitvoer en rus. Dis ‘n goeie afskopplan vir tWintigdRie&TwintiG, beslis.

LollaseGoete-groete

Manjifieke Mooiste Maandag

Onthou dit né
‘Het jy die geel roos gesien’, vra sy my toe ons by die tafel in die eetplek kom. Ek sien die bos geel rose in ‘n blompot op ‘n kassie so entjie weg. ‘Daai?’ vra ek en wink met my oë in die kassie se rigting. Met ‘n ‘Nee, kom kyk’ is ek agter haar aan en hierdie kiekie en ‘n paar ander verewig die oomblik.

Stop and smell the roses 🌹/ flowers.

Hierdie Maandag is gepak vol moontlikhede en kanse. Grip joune.

Haar tyd is beperk, om haar is hordes mede-daisies al uitgedroog en bruin die ewigheid in en steeds pronk sy trots en adelik-mooi. Maak die heel beste van elke oomblik!

Lollaliefde xx