

Vanoggend se gesiggieboek inskrywing:
Vroegoggend karatekungfu om die piepklein zzziieeeoemende vreksels met die iri-flippen-zoemzoem by te kom (onsuksesvol). Ten minste ses nuwe gifjikkende opgehewe bytplekke op die een been (lees voet-been-boud) wat altyd halstarrig onder die kombers uitsteek.
Buite tjierietjierie die grootboom vol voëltjies vrolik en ek kan sweer ek hoor een grootbek sing: ‘opstaan luigat tjietjieee dis ‘n nuuuutjietjiewe dag’ . Mens voel so half om self te begin ttwwwweeeeeet.
Want ten spyte van die kênserige breinkombers en nog ‘n dag wat sonder lektriek begin en die chaos daar buite is die singende trulife motiveringskoor in die grootboom reg…… dis ‘n blessing om weer wakker te word en nog ‘n kans te hê. En elkeen se kans lyk anders. Ek vat vandag my kans met blymoedig-tshweeeeeeet-heid aan en gaan nog ‘n keer kliphard probeer. Jy ook, nê?
- Dankbaar-goedjies, want ons self-motiveer en kap aan soos dapper soldate, selfs deur ons stukkendgeit, of hoe?
- Dankbaar, en ek bedoel erg woes-erg dankbaar vir tettiekettie strêppies wat verstel – nou al op my rug …….
- Waardering vir my eie rare diep-binneste.
- Verheug oor die ligdraers, die opregtes, die genuine onopgesmukte siele.
- Doodtevrede met my hier-en-nou.



Dis al, vir nou.
Lolla-groete

Mooi geskryf Lolla
LikeLiked by 1 person
Dankie seegogga xx
LikeLike
Oulike skrywe met die pragtigste fotos, Lolla.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Una xx
Gaan dit goed daar in Moz?
LikeLike
Verheug oor die ligdraers, die opregtes, die genuine onopgesmukte siele – Ek ook
LikeLiked by 1 person
Mooi foto’s. Hou van die gevleuelde vreugdes, hulle bring altyd ń glimlag.
LikeLiked by 1 person