Lolla se Nuwejaargoete

Laasjaar was my skryfjaar maar

ook nie want my skryf het halfjaar

begin stotter en

laatjaar opgedroog

soos ‘n erg verwaardlose vetplant

of verdorde rankplant

Het ek vir myself weer heelemal

ge-té-leef en ge-te-béleef en

myself in ‘n kakkenspul van eie-drama ingeweef…. want dis wat ek doen en al sukkel ek dikwels om myself met hierdie wêreld te versoen is daar steeds, altyd onderliggend die opregte wens om beter te doen

Nou is dit nuwejaar en as ek die beste wil maak van my gegewe lewensaar moet ek bedaar, ophou vergaar, in my foon se skerm instaar – ek moet myself bymekaartrek in een sentrale ek-hoofkantoor (lees ‘bubble’) waar ek soms kan bymekaarkom om al die geraas buite te laat, om al my verdwaalde ekke bymekaar te trek in een gemeensame kopvertrek …. my veilige plek 🙃

Ek moet dóén en ophou visioen en met die onveranderlike en onvermydelike versoen ….. oor doen wat ek moet terwyl ek minder oordóén …. vasbyt … beplan, uitvoer en rus. Dis ‘n goeie afskopplan vir tWintigdRie&TwintiG, beslis.

LollaseGoete-groete

11 thoughts on “Lolla se Nuwejaargoete”

    1. Hlo daar. Ek het hierdie boek, my eie lewensstorie met uittreksels van vorige skryfstukke, wat ek jarre al aan ‘werk’. Die droom is om dit klaar te maak en publiseer. Ek is heelemal ongefokus en wil dit graag een van so 3 groot projekte maak die jaar. 🤞

      Like

Comments are closed.