Yesterday was a very-close-to-rock-bottom kinda day.
Today it’s raining outside but there is Light in my heart. I’ve got this!
Find fun activities to keep the muscles and joints going but don’t overdo it.
Living in constant pain, often elevated, is a concept than many do not understand. Being kind is important, always.
I’ve learnt that it is essential to keep moving, within limits. Don’t ever stop moving BUT heed your body’s messages. Even a little bit too much can cause severe and long-term flairs.
Die wêreld is steeds ‘n bangmaakplek vol gekkigheid. Dis ‘n ysige, en ek bedoel ýsige koue oggend. Onthou julle hoe het ons in die somer bespiegel “hierdie winter gaan ons ekstra koud kry”, … wel so is dit toe ook.
Vroegoggend sterrekyk word sterre miskyk
Ek moes myself warm toedraai om net my neus by die deur uit te waag vroeer om paar fotos te neem. Daar is groot beterskap aan my lyf wat die naweek nog vrotsiek was. Neus loop nog en bors roggel so effens. Maar my bloed vloei weer warm en bruisend deur my are.
Vanoggend was dit ‘n gestoei om uit die bed te kom. Hierdie enorme, aaklige, knellende moegheid (ek moet die gedoente ‘n naam gee) het my weer aan die strot beet. Het met moeite my oë (wat altwee dik poffers geswel is) oopgekry en oopgehou. Dit was ‘n geveg tussen kop en lyf, en dan nog die hart wat ook ‘n sê-beurt wil hê en uiteindelik net na 08:00 het ek begin beweeg.
Ek sien nou-nou weer die chiropractor – besef ek nou met ‘n skok dat ek nie hierdie woord se Afrikaans kan onthou nie – die eerste keer na omtrent 3 weke. Verskoon die taal maar die laaste keer wou ek skuit van die pyn. Die girl weet wat sy doen en hoe om waar te vat. Maar dit was die eerste keer in ‘n redelike tydjie dat ek baie na aan trane was. Tog, moet ek bieg, het die uurlange sessie gehelp.
Daar is so baie wat ek kan skryf oor my lyf en my gesondheid. My gemoed. Aanhoudend (en ek bedoel aanhoudend) siek wees, vir jare. Eintlik, erens, het ek probeer ophou daaroor skryf. Nou nog is my Gesigboek herinneringe gevul met posts van waar ek siek was. Of in die kooi by die huis, of in die hospitaal, ‘n hele paar keer. Ek het baie respek vir al die verskeie medisynes en genees- en gesondheidspraktyke. En tog is my persoonlike ervarings ‘n redelike warboel.
Ek sal later meer vertel – waarskynlik hier op my blog meer deel mettertyd. Vir nou aanvaar ek dat vandag ‘n moeiliker dag is. Ek is so reg soos ek kan wees vir ‘n chiro-sessie wat bitterseer gaan wees. Die verkouerigheid van die laaste paar weke hang steeds rond. En vanoggend is die regterkant van my gesig weer lam. Erens het ‘n bul van ‘n allergie my beetgekry.
Net so ‘n sidenote – my geselsies en deel oor my gesondheid is bloot deel van wie ek is, van my storie, van my skryf. As ek soms dramaties klink is dit maar net omdat ek die Queen van Drama and all things wild, wonderful and weird is en dis maar hoe ek praat.
Ek sal later laat weet hoe my sessie in die lyf-vryf-en-skyf-fabriek was.