Só het ek laasweek begin skryf:
Die wêreld is steeds ‘n bangmaakplek vol gekkigheid. Dis ‘n ysige, en ek bedoel ýsige koue oggend. Onthou julle hoe het ons in die somer bespiegel “hierdie winter gaan ons ekstra koud kry”, … wel so is dit toe ook.

Ek moes myself warm toedraai om net my neus by die deur uit te waag vroeer om paar fotos te neem. Daar is groot beterskap aan my lyf wat die naweek nog vrotsiek was. Neus loop nog en bors roggel so effens. Maar my bloed vloei weer warm en bruisend deur my are.

En nou is dit ‘n week later …..
Vanoggend was dit ‘n gestoei om uit die bed te kom. Hierdie enorme, aaklige, knellende moegheid (ek moet die gedoente ‘n naam gee) het my weer aan die strot beet. Het met moeite my oë (wat altwee dik poffers geswel is) oopgekry en oopgehou. Dit was ‘n geveg tussen kop en lyf, en dan nog die hart wat ook ‘n sê-beurt wil hê en uiteindelik net na 08:00 het ek begin beweeg.
Ek sien nou-nou weer die chiropractor – besef ek nou met ‘n skok dat ek nie hierdie woord se Afrikaans kan onthou nie – die eerste keer na omtrent 3 weke. Verskoon die taal maar die laaste keer wou ek skuit van die pyn. Die girl weet wat sy doen en hoe om waar te vat. Maar dit was die eerste keer in ‘n redelike tydjie dat ek baie na aan trane was. Tog, moet ek bieg, het die uurlange sessie gehelp.
Daar is so baie wat ek kan skryf oor my lyf en my gesondheid. My gemoed. Aanhoudend (en ek bedoel aanhoudend) siek wees, vir jare. Eintlik, erens, het ek probeer ophou daaroor skryf. Nou nog is my Gesigboek herinneringe gevul met posts van waar ek siek was. Of in die kooi by die huis, of in die hospitaal, ‘n hele paar keer. Ek het baie respek vir al die verskeie medisynes en genees- en gesondheidspraktyke. En tog is my persoonlike ervarings ‘n redelike warboel.
Ek sal later meer vertel – waarskynlik hier op my blog meer deel mettertyd. Vir nou aanvaar ek dat vandag ‘n moeiliker dag is. Ek is so reg soos ek kan wees vir ‘n chiro-sessie wat bitterseer gaan wees. Die verkouerigheid van die laaste paar weke hang steeds rond. En vanoggend is die regterkant van my gesig weer lam. Erens het ‘n bul van ‘n allergie my beetgekry.
Net so ‘n sidenote – my geselsies en deel oor my gesondheid is bloot deel van wie ek is, van my storie, van my skryf. As ek soms dramaties klink is dit maar net omdat ek die Queen van Drama and all things wild, wonderful and weird is en dis maar hoe ek praat.
Ek sal later laat weet hoe my sessie in die lyf-vryf-en-skyf-fabriek was.
Ons is nie van opgee aanmekaar gesit nie!!!
Lolla-se-Goete
Dis glad nie lekker om goor te voel Lolla! Sterkte vir die sessie wat voorle! Word gou beter.
LikeLiked by 2 people
Ek hoop vandag se sessie is nie te erg seer nie, sterkte
LikeLiked by 2 people
Lolla, baie sterkte jong. Ek dink dis goed as jy oor jou gesondheidsprobleme skryf. Ons moet tog iewers ñ veilige plekkie hê om ons lewens te kan neerpen.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie Una. Ek waardeer julle 💞. Moet erken, ek het ook ‘n handjievol naby hartsmense wat my dinge ken en verstaan. En dit help.
LikeLiked by 1 person
Lolla….jy het 100 persent my empatie. Verstaan so goed jou pad. Mens voel soms skuldig teenoor die ander lesers wat gesond is, maar dis soos Una sê, iewers moet jy ‘n veilige plekkie hê. En hier is mense wat verstaan. Wat ook deur dit gaan. Sterkte daar!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie Woordnoot. Soms is dit al wat nodig is, net om dit te sê …. van jou hart af te kry. Sterkte vir jou ook. 💝
LikeLiked by 1 person
My man het jare gelede by ‘n chiropraktisyn (dink dis die Afrikaanse benaming) gaan inloer nadat hy alles probeer het om ‘n knaende nekpyn te probeer uitsorteer (ou rugby besering). Hy was eers baie skepties, maar na 10 besoeke het daardie pyn nog nooit weer terug gekom nie … en dis nou al amper 15 jaar gelede!
Sterkte, ek hoop jy’s sommer gou weer “op en top”!!
LikeLiked by 2 people
Fantasties. Dit klink baie belowend. Vandag voel ek maar erg gekneus en eina, maar ek glo dit gaan in die lang duur help.
LikeLiked by 2 people
Lolla, hoop het goed gegaan met die sessie. Skuus ek kom nou eers by. Boost jou lyf, nie net met supplements nie, maar ook alle mooi kleurvolle kosse. Laat weet as daar iets is wat ons kan doen🌻🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Jy is dierbaar Carien. Sal verseker laat weet, maar ek is heel honkey doory vir nou baie dankie. Liefdegroete xx
LikeLiked by 1 person