Welcome to my world – experiences of a middle-aged Wanderer
En, Juffrou Grobler, toe is dit Saterdag
En dan, is dit Saterdag en jou nuwe kort kapsel is stomp in jou nek weggebind want dis warm.
En die blokkies van jou emosiehekelbers word aanmekaar gehak met 'n nuwe neutrale kleur. Die is nou ry nommer 4. Elke ry bestaan uit 14 blokkies, dus 14 dae.
En manlief se Nigela aartappelgebak ruik hemels daar uit die oond. Vandag eet ons lekker na die afgelope week se suksesvolle gesond-eet.
En saam met die lekkerruik belofte van 'n koningse maaltyd word 'n groot, fênsy glas gevul met 'n gevriesde jenewer mengsel voor jou neergesit.
En jy onthou toe Juffrou Grobler verduidelik het, jy begin nie 'n sin met 'En' nie.
En jy mis mense en plekke maar jou hart loop oor, soos manlief se oorvol ginglas nou-nou, want die Liewe Here het jou gebless met die gawe om erg-diep te voel. En nóu voel jy meer as enigiets anders dankbaar en tevrede. Al jou enne is meer as genoeg en jy kort nie meer of minder en die en daai nie.
En dis Saterdag. Liverpool en Chelsea speel bal op die tievie. Vlooi stamp die pienk squeaky bal in ons rigting, maar ons gaan nie nou saamspeel nie. Ons bubble.
Dis Saterdag.
Like this:
LikeLoading...
Related
17 thoughts on “En, Juffrou Grobler, toe is dit Saterdag”
En so mooi geskryf.🤗
LikeLike
Ek begin vandag nog nie n sin met “en” nie. Nie sommer nie.
LikeLiked by 1 person
Ook nie met ‘toe’ nie. En toe word summier doodgetrek in rooi pen.
LikeLiked by 1 person
Yip
LikeLiked by 1 person
☺️🤭 ek ook nie eintlik nie hoor. Maar hier in blogland mag ons mos maar soms buite die lyne skryf. 😊
LikeLike
En daar skryf jy oor ‘n heerlike Saterdag. Mooi gedoen hoor.
LikeLiked by 1 person
En daar skilder jy die perfekte dag en ek hoop jul span het gewen….as ek soh skree sou dit vir Chelsey gewees het!!
LikeLiked by 1 person
Ek skree vir enigeen wat teen LP speel ☺️
LikeLike
Yay!!!!
LikeLiked by 1 person
En ek het die skrywe sommer baie geniet! 😀
LikeLiked by 1 person
Hjierts. Baie dankie en baie bly. ♡
LikeLiked by 1 person
En toe word taalreëls mos al minder streng. En toe word dit al lekkerder om mooi te skryf. en ek is ook mal daaroor.
LikeLiked by 1 person
En ek is so bly jy kom loer hier by my in liewe seegogga xx xx
LikeLike
En toe is dit Maandag en jou skrywe laat my glimlag
LikeLiked by 1 person
Nê! Dan is ek sommer net bly en dankbaar want glimlag is eksieperfeksie. Mooi Maandag vir jou.
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor jou uitdrukking, “ons bubble”, dis so beskrywend. En, ek is mal oor jou skrywe
LikeLiked by 1 person
Baie dankie xx
LikeLike