Voëls van Suid-Afrika – deur my oë & lens (23/01/2023)

Pin-tailed Whydah (giggel ek lekker toe ek sien Google translate vertaal die outjie in Afrikaans na ‘n Penstert Hoekomdah …… instede van Koningrooibekkie

Ek sit vas in ‘n breinblaps.
Sperdatums staar my in die gesig en al waaraan ek kan dink is: ek wil eerder slaaaap.
2023 gaan ek poog om voëls te bekyk, op te spoor, en te verewig in my kiekies. Hopelik sal ek uiteindelik ‘n deeglike lysie bymekaar kry van al my/ons sightings.
Byvoorbaat skies vir die hoeveelheid fotos wat hier gedeel gaan word. Geniet hulle saam met my.

As als goed en volgens plan verloop hou ek duime vas vir ‘n nuwe kamera. Ene wat ingeboude stabiliteit het vir my bewerige hande en ‘n lekker lens om vêr te kan fokus.

Maar vir nou moet ek eers self fokus… hierdie opdrag gaan nie self geskryf raak nie.

Gewone Dikkop (Spotted thick-knee)

6 thoughts on “Voëls van Suid-Afrika – deur my oë & lens (23/01/2023)”

Comments are closed.