‘n Werkstafel sonder werk

Ek kan nie onthou wanneer laas ek hier by my lessenaar gesit en werk het nie. Ek float oral: op die bank, op die bed, by die kombuisblad. Dwaal in my ‘kunskamer’ rond.

My oemf is opgeseize. My skaniere opgevries.

Ek sit nou hier by my werkstafel. Hoekom weet ek nie juis nie. Dalk moet ek ietsie skryf. Ja!

Ek teken so vinnig ‘n hasie, net om te voel ek doen darm iets. Die haas lyk of hy boobs het. Ek teken bubbles om my haas. Want, ek bubble. Nogsteeds. Eintlik BUBBLE ek nou éérs.

Darm het ek nou al vir ‘n rukkie hier by my tafel kom sit. En ‘n prentjie geteken. My liggie is flouerig… soos my feetjieliggies wat nuwe batterye kort. Maar ek skyn nog effentjies.

More teken ek dalk weer ‘n haas. 🙂😊 En sit vir ‘n rukkie by my tafel.

6 thoughts on “‘n Werkstafel sonder werk”

Comments are closed.