Let me tell you a little bit more about yesterday’s Wordless Wednesday (a blog photo challenge I often take part in) photos.
The first photo of the four different colour handbags (Naamloos Platteland) on the tiny chairs in front of a lavender hedge was taken by myself at a local coffee shop this past Saturday. Me and three of my dearest friends met up for a long overdue coffee-&-cake morning and had some fun taking marketing pics of the bags as Marlene sells them. True and behold, the bags cought a few eyes. Time spent with friends is always a blessing.
Photos number 2 and 3 showed some very dark and heavy clouds rolling in to Kempton Park on Tuesday afternoon, bringing with it a significant drop in temperatures. Clouds – as many other natural phenomena – is a huge passion of mine. I am convinced that I must have hundreds of thousands of cloud pictures in my archives.
Photo 4 has been edited and filtered somewhat. It is a picture of a very large tree in the yard behind us, with only the slightest hint of the very bright pastel rainbow which decorated the icy cold morning skies behind it. The two pictures (5 & 6) which followed shows the same winter-clad tree with a meeting of birds (doves). I wonder if they were discussing ….. krrrr krrrr …. the ongoing electricity crisis.
The 7th photo showcases some of the tiny but beautiful flowers in my garden, planted from seed in summer. This is followed by a silhoutte photo of an ostrich captured at a local nature reserve this past Sunday. I personally love this picture. Followed by more tiny white flowers (picture filtered) and then sunlight through two trees and a gravel road.
Photo 11 as well as the last two photos in this specific collection were all taken in the same nature reserve mentioned earlier. This is one of my favourite places.
Kestrel power station on the East Rand of Johannesburg is shown against the backdrop of bright blue winter skies. Variety is the spice of life, and something different is welcome – don’t you think? These are followed by some seashells and another birdie in the same big tree.
Thank you so much for each and every one of you who loves, likes and comments on my photos. Till next time.
So is nog ‘n Donderdag amper verby – daar is soveel wat ek nog wou doen vandag en nie by uitgekom het nie. Heeltyd besig en tog voel dit of ek niks vermag het vandag nie. Julle sien, dis omdat ek ‘n LollaRusSoBietjieNoWorkAllPlayMoreIsNog-i-Dag fase beleef. Oooh en ek kla nie, ek het ‘n groot dankbaarheid vir my hier-en-nou.
Daar is so baie stories in my kop. Ampetjies soveel as die derduisende kiekies in my argiewe. En ek wil vir julle vertel. Sommer van alles. Van my maats wat ek Saterdag gaan sien (opwinding!!!). Van hoe mooi gisteraand se super-maan was (maar baie van julle sou self gesien het, en ja ek gaan ‘n foto hier oplaai). Van hoe die koue meeste dae hier in my bobene loop sit en dan daar klou soos ‘n blerrie brandneutel (het ek dit reg gespel?)
Ek wil julle vertel van die mooiste, sagte pienk hekel-koei wat my liefdogter nou-nou in my arms kom druk het. Om nie eers te praat van my uitsien na nog ‘n hartsvriendin se boodskappie wat eersdaags óf via watsop óf epos al die pad van Engeland af hier na my toe gaan padmaak.
‘Supermoon’ geneem op die oggend van 14 Julie 2022
Daar is so baie om nog te leer. Om te weet. En om oor opgewonde te raak. Ek wil julle nog vertel hoe ek geregistreer het vir ‘n kursus wat my sal voorberei om klas te gee – Engels as ‘n Buitelandse taal. Hoe ek vermoed dat dit tans ‘n baie gewilde opsie is vir mense wat meer flexible wil leef, maar dat dit ook meer uitdagend is as wat ek gereken het dit sou wees.
En om nie eers te praat oor die aaklige slaggate op ons paaie nie – gisteroggend so mik-mik en swenk-swenk werk toe en later weer huistoe gery. Ons Suid-Afrikaners is verseker op-boos oor ons nou so gereeld moet sit en krag-wag. Ooh ja, en dan nog die aaklige lugbesoedeling. Veral die laaste week of drie sien ‘n mens sommer weer die lae en lae vuil lug. Dit maak my benoud, ek ril as ek dink ons asem hierdie lug elke dag in.
Sommige dae dink ek ons mensdom maak darm maar ‘n groot gemors – ons is so slim en tog so dom.
Lolla en Ma se Mussie
Ma is in 2006 oorlede. Daar is steeds dinge in my huis wat my aan haar herinner. Toe ek vanoggend nie my boskasie getem kry met ‘n borsel nie het ek maar een van ma se hekel-mussies (eintlik die enigste ene wat ek nog het) op my kop gesit. Julle sien, ek bly maar ‘n mussie-girl. Dit was so lekker om ‘n ietsie van Ma so naby my te hê.
Kleinste, Fynste blommetjies met my foon se zoom raakgevat
Ek weet dis nie ‘n Woordlose Woensdag nie maar hier is nog ‘n maankiekie.
Nog ‘n maangepla lollakiekie
Die naweek lê voor en al voel ek of ek ‘n hele dag lank kan slaap gaan hierdie ene ‘n besige een wees. Places to go, friends to see, pretty coffee to drink and so on and so on tralalaleeeee. Gesels later weer. En, soos die Pouvanger altyd gesê het, “Laat dit Juig”.
Sommer net ‘n random voeltjie prentjie uit my argiewe
Vandag was ‘n goeie dag. Al het ek ekstra koud gekry en heel middag met ‘n verwarmer in my ‘kantoor’ gesit.
Ek het uiteindelik my grys en swart serp klaar gebrei. My breiwerk is voetstoots. Ten spyte van ‘n ma wat baie handig en vlytig was en twee sussies wat beide die gawe ge-erf het, kom brei en hekel met redelike moeite na my toe. Ek het seker maar net anders geleer. Bennie ons buurseun toe ek seker so 11 jaar oud was, was die enigste een wat my kon leer brei. Breinaalde sowel as hekelpenne word op my eie manier vasgehou. Die tempo waarteen ek dus enigiets klaarmaak verskil aansienlik van enige ander breisters of hakkers wat ek ken. So het ek destyds sewe (ja, 7!!) jaar lank aan ‘n kniekombersie gehekel.
Die chiropraktisyn-besoek eergister het goed afgeloop. Dis ‘n annerste affêre. Ek is nie juis klein en tingerig nie. Die behandeling waar my nek, skouers, rug tot in my boude bewerk word, laat my vuisies bal en oge toeknyp om die trane te keer. Maar ek het alle vertroue dat dit my gaan help. Vir nou mik ons om my stokstyf lyf vol knoppe net weer los genoeg en so pynloos as moontlik te kry. En dan vandaar – maintenance. Gister het ek seer en gekneus gevoel. Vandag is ek, ten spyte van my ligte strekoefeninge en spiere warm hou, stok-stok-styf. Soveel so dat ek hoe later die dag loop, met al meer moeite beweeg. (Ek klae nie, ek vertel net….) Soos sy sê, die skade is van so ‘n aard dat dit waarskynlik al meer my mobiliteit kan beinvloed. Die tekens is duidelik daar. Strekoefeninge so saam met ‘n paar ander volgehoue, daaglikse aanpassings gaan vir my soos asemhaal moet word. Use it, or loose it. Maar moet netnie teveel use nie, want dit maak weer ander dinge wakker en die bose kringloop spiraal net aan en aan en aan. Dit klink nou soos ‘n veralgemening en ek bedoel dit nie so nie, maar ek reken dikwels is diagnoses bloot gebaseer op dit wat in die oomblik voor die hand liggend is. So wonder ek nou al vir jare, maar nou ook die Chiro-dame saam met my, hoeveel van wat nou met my gebeur gewortel is in daardie raakry ongeluk waarin ek destyds op skool aan my regterkant deur die jagende kar getref is, deur die lig getrek het en hard met die aarde kennis gemaak het. Maar, die skade is gedoen, en die lyf werk tog nog verbasend goed (#dankbaar). As ek ‘n paar glasies Jagermeister drink so dan en wan kan ek selfs jippe skud en die flenterslyf hula hoop nog te lekker. Vanaand is ‘n warm bad met Engelse-sout en vroeg inkruip my voorland – heerlik. En vroeg Maandagoggend gaan ek terug vir my volgende behandeling.
Verder het ek vanoggend lekker wolle aanlyn aangekoop. Susanna se kopband moet, soos belowe, gehekel word. En ek het Eenheid 2 van my TEFL studies suksesvol afgehandel, gaan moet spoed optel. Aanlyn brosjures vir die twee immergewilde reekse wat ek onlangs weer begin verkoop het, is uitgestuur. Ek het vir ‘n ruk lekker in die son gesit vroeer. Van my voorneme om vandag slegs vrugte te eet het daar toe ongelukkig nie veel gekom nie …. die 3 bloubessies wat ek vanoggend gepeusel het was toe ook al vrugte vir die dag.
En vir nou is dit al. Groete hier van my kant af, tot volgende keer.
Die wêreld is steeds ‘n bangmaakplek vol gekkigheid. Dis ‘n ysige, en ek bedoel ýsige koue oggend. Onthou julle hoe het ons in die somer bespiegel “hierdie winter gaan ons ekstra koud kry”, … wel so is dit toe ook.
Vroegoggend sterrekyk word sterre miskyk
Ek moes myself warm toedraai om net my neus by die deur uit te waag vroeer om paar fotos te neem. Daar is groot beterskap aan my lyf wat die naweek nog vrotsiek was. Neus loop nog en bors roggel so effens. Maar my bloed vloei weer warm en bruisend deur my are.
Vanoggend was dit ‘n gestoei om uit die bed te kom. Hierdie enorme, aaklige, knellende moegheid (ek moet die gedoente ‘n naam gee) het my weer aan die strot beet. Het met moeite my oë (wat altwee dik poffers geswel is) oopgekry en oopgehou. Dit was ‘n geveg tussen kop en lyf, en dan nog die hart wat ook ‘n sê-beurt wil hê en uiteindelik net na 08:00 het ek begin beweeg.
Ek sien nou-nou weer die chiropractor – besef ek nou met ‘n skok dat ek nie hierdie woord se Afrikaans kan onthou nie – die eerste keer na omtrent 3 weke. Verskoon die taal maar die laaste keer wou ek skuit van die pyn. Die girl weet wat sy doen en hoe om waar te vat. Maar dit was die eerste keer in ‘n redelike tydjie dat ek baie na aan trane was. Tog, moet ek bieg, het die uurlange sessie gehelp.
Daar is so baie wat ek kan skryf oor my lyf en my gesondheid. My gemoed. Aanhoudend (en ek bedoel aanhoudend) siek wees, vir jare. Eintlik, erens, het ek probeer ophou daaroor skryf. Nou nog is my Gesigboek herinneringe gevul met posts van waar ek siek was. Of in die kooi by die huis, of in die hospitaal, ‘n hele paar keer. Ek het baie respek vir al die verskeie medisynes en genees- en gesondheidspraktyke. En tog is my persoonlike ervarings ‘n redelike warboel.
Ek sal later meer vertel – waarskynlik hier op my blog meer deel mettertyd. Vir nou aanvaar ek dat vandag ‘n moeiliker dag is. Ek is so reg soos ek kan wees vir ‘n chiro-sessie wat bitterseer gaan wees. Die verkouerigheid van die laaste paar weke hang steeds rond. En vanoggend is die regterkant van my gesig weer lam. Erens het ‘n bul van ‘n allergie my beetgekry.
Net so ‘n sidenote – my geselsies en deel oor my gesondheid is bloot deel van wie ek is, van my storie, van my skryf. As ek soms dramaties klink is dit maar net omdat ek die Queen van Drama and all things wild, wonderful and weird is en dis maar hoe ek praat.
Ek sal later laat weet hoe my sessie in die lyf-vryf-en-skyf-fabriek was.
While I mostly write in Afrikaans I will from time-to-time also post in English. I share my own story, my life, my thoughts, fears, dreams through my writing. Often I share too easily, which is certainly not always wise – especially in a world where you are quickly judged and labelled.
My once very thin skin has grown thicker and stronger over time and through experience. So, as long as I do what I love, i.e. write, and I have people who find value or entertainment in what I have to say, I will continue to share ME. For this reason, my blog posts are more often than not written from a “Me or I” perspective. This does not mean I am always right, or know best. Not at all. There is no added agenda’s behind my writing. It is part of who I am.
As I learn more about blogging (although I currently find myself in a bit of a slump) I hope to reach more people. Sharing laughter, love and kindness but also talking about our realities are some of my objectives with my posts. And to write – keep on writing as if it is part of my every breath.
LollaseKiekies – my love for all things beautiful A recent photo taking of the Langebaan lagoon from within the Westcoast National Park
So …… do what you love first, and then do what you must
Die Goue Vroue is ń groepie bloggers wat saam aan spesiale stories skryf. Indien jy mettertyd al die skrywes saam wil lees, en wil uitvind hoe die Goue Vroue beland waar hulle nou is, gaan loer in op die link:https://fresh.inlinkz.com/party/a844ec34c0574957a27ccdce16e2a94d
Sonell se gille weergalm deur die lug terwyl Ursula haar heen-en-weer swaai. Die Goue Vroue staan verstar die petalje en dophou. Una en Camilla klou aan mekaar vas terwyl hulle oë vasgenael bly waar Sonell woes rondgeswaai word. Appeltjie het weer flou geval en lê in ‘n bondeltjie langs Aalsie se voete.
“Woordnoot, gooi vir my nog ‘n paar broodjies” skree Aalsie na waar Woordnoot op die boonste dek met haar arms om die mandjie met Frannie se broodjies staan. En dan, in Sonell se rigting: “Hou net vas sussa, hou net vaaaaaas.”.
Nadat Aalsie ‘n klomp broodjies vol slaappille gepak het, gooi sy dit in die rigting van die groot seekat se oop mond. Ursula begin smul aan die mondvol broodjies en toe sy hulle sluk en die bitter van die pille proe, vertrek haar gesig in ‘n gruwelike uitdrukking. Sonell word sonder meer laat los en val met ‘n harde doef op die dek neer. Frannie en Seegogga begin in Sonell se rigting hardloop om te gaan help maar die volgende oomblik deins die seiljag skerp na links en die passasiers rol almal tot teenaan die kant van die boot. Ursula het woedend met een reuse tentakel op die water geslaan en amper die jag omgegooi. Die vaartuig dobber heen en weer in die golwe wat die seekat veroorsaak het. Almal aan boord probeer nog tot verhaal kom toe daar ‘n oorverdowende trompetter geskal oor die water weerklink. In ‘n oogwink verdwyn die seeheks in die donker water.
Die Goue Vroue beweeg vinnig na die kant van die seiljag en sien in die verte hoe Athena se dolfyne aangeswem kom. Dis ‘n aanskoulike prentjie wat voor die skare op die boot afspeel. Heel voor swem twee enorme Orkas, gevleuel aan beide kante deur ‘n skool van om-en-by twaalf spierwit Beluga walvisse. Laasgenoemde is beter bekend as die see-kanarie aangesien hulle ‘n wye reeks geluide vokaliseer, onder andere ‘n vrolike gekwetter wat soos ‘n kanarie klink. Agter die groter walvisreuse swem ‘n silwer skool bottelneus dolfyne.
Lorenzo uiter ‘n verbaasde “MAMMA MIA” en skielik is almal se aandag weer by wat sopas op die dek afgespeel het. Ursula is nou spoorloos. Lorenzo staan besorgd met sy arms om Camilla wat asvaal geskrik is. Toortsie fynkam die boot opsoek na Athena. Sy merk haar ‘n entjie verder weg op waar sy op ‘n bankie sit. Langs haar die jong, aantreklike skeepskaptein.
“Julle, kyk daar!” beduie Toortsie vir die res. “Die man lyk dan heeltemal verlief.” Lolla gee ‘n proes soos sy probeer om nie te giggel nie. “Skies, maar jinne julle die man lyk dan skoon simpel, sy oë gaan uitval as hy nie passop nie.” Maar voor enigeen hierop kan reageer, dawer die diep trompetklank weer en die Goue Vroue draai blitsig in die rigting waar die walvisse nou ‘n pad oopmaak vir Triton wat blitsig in die rigting van die seiljag swem. Om hom is die water helder verlig, asof hy sy aankoms in die kollig wil aankondig.
Christa besef wat besig is om te gebeur en gaan oor in aksie.
“Reg so dames – daar is nie nou tyd vir skanier of laat spaander nie. Ons plan kort ‘n kinkeltjie aangesien Lorenzo nou op sy geliefde Camilla fokus en Kaptein Jakob Spreeu net oë het vir Athena. Perfek, eintlik. Kom ons kyk hoe Triton gaan reageer.”
Frannie loer in Appeltjie se rigting wat darm nou weer bietjie kleur op haar wange het. “Appeltjie, waar’s jou kamera? Hier kom ‘n ding.”
Ekmyself stamp aan Lolla en met ogies wat glinster beduie sy: “Die manvis is darm mooi, of hoe Lolla? Kyk net sy goudbruin bolyf!” Lolla staar met groot oë na Triton wat nou halflyf bo die water tot stilstand gekom het terwyl hy na die klomp of die Golden Dream kyk met ‘n groot frons tussen sy sjokoladebruin kykers. Om sy gespierde brons borskas hang ‘n seewiertou waaraan die groot geraasskulp hang.
In ‘n diep, suiwer stem vra Triton: “Waar is Athena.” Trommeltjie wys eerste na die bankie waar die seekaptein nou sy hande om Athena se hande gevou het. Hy spring egter gou regop toe hy oogkontak maak met Triton. Athena kyk oor haar skouer en spring opgewonde regop – “Ooh, Triton, dankie tog jy is hier” roep sy uit terwyl sy in sy rigting hardloop. VirgoC en Kameel probeer nog keer maar met een groot sprong spring Athena rats oorboord, reg in Triton se arms in. Die twee kyk na mekaar en dis asof hulle mekaar vir die heel eerste keer sien. Triton se oë rus nou liefdevol in Athena se blou oë en hy trek haar nog ‘n bietjie stywer teen hom vas. Die groep walvisse sing in hul verskillende dialekte en sonder meer breek daar luide applous uit van die seiljag se kant af.
Lorenzo neurie in sy gebroke Engels –
Feela de beat from de tambourine, oh yeah You can dance You can jive Having de time of your life Ooh, see dat girl Watch dat scene Digging de dancing queen
Seegogga klink misterieus toe sy iets mompel van ‘n plot op ‘n plaas. Lolla, die nuutste Gouevrou en die enigste een sonder ‘n buffie om haar nek, stamp liggies met haar elmboog teen Toortsie, knik in haar rigting en vra: “Toortsie, hoe lyk dit, kan ek ook nou ‘n buffie kry, hhm?”
Weer word die passasiers tot stilstand gebring deur ‘n donderende geruis. Op die horison verskyn daar ‘n skrikwekkende, groot tsunami-golf. Die watermassa kom teen ‘n spoed in die rigting van die Golden Dream aangedruis. Poseidon se baritonstem stuig bo die vloedgolf se geraas uit – “Gevaar! Triton, jy moet help Seun!”