Out in the Wild

Sitting on the South bank of the Letaba River. We (Ingelsman, Dad and me) are having breakfast before we hit the road again, exploring the African bushveld. Signal is poor but I will write and share pictures when I can.

We had the most amazing lion sighting this morning. 3 Lionesses with 2 cubs with a kill. A pack of 5 hyena braved the opportunity to approach the buck/buffalo carcass to also feed on it. The mighty lions however decided that’s not on and the fight that followed eco’d roars and screams throughout the valley.

This is an amazing place. It is well with my soul.

Will tell more later …..

‘n Besige Week en ‘n bloglose title… of is dit n titellose blog ……

My hart is op Rebusfontein, maar my lyf en kop is solied net hier op die Ooste van Suid Afrika se kleinste en mees oorbevolkte provinsie (amper sê ek planeet).

En ek is besig, soos ‘n werker hommelby. Tussen TEFL leerdery (wat eerlikwaar swaar trek), my klein Avon en Justine besighede en nou ook ‘n Tupper verkoopsdame, maak ek planne en woeker ek om soos derduisende ander SA’ners ietsie wat kan werk aanlyn aan die gang te kry.

Intussen wag daai boek. Ek moet klaar skryf aan my eie verhaal. My groot lewensdroom, om ‘n eie boek te publiseer, is steeds heel agter in die lang tou van goedjies om te doen.

Dié Koningin sterf, klaarblyklik rustig met haar familie by haar en my eie hart ruk effens, asof ek ‘n naby iemand verloor het. Rus sag Koningin Elizabeth II. Wat ‘n vrou!

Wereldbekende OR Tambo internasionale lughawe hier op my voorstoep sorg vir nuus hoofopskrifte toe ‘n brand op aangrensende eiendom deur ‘n kwaai Augustuswind aangehits word. Van ons kantore in Kemptonpark sien ons die enorme rook wolke. Mense gaan staan stil en bespreek en bewonder die skrikwekkende skouspel. So rukkie later ry ons Boksburg toe om ‘n voertuig part op te laai en ons ry op die soom van die brand en die lughawe verby. Groot vlamme hardloop neffens ‘n aanloopbaan bult-af. Die groot, ou bome daar naby kreun en klap soos die vlamme kloue inslaan. Aan die anderkant van die aanloopbaan is n span brandbestryders hard besig om dinge onder beheer te probeer kry.

Ons gaan laai die part op. Oppad terug wonder ons hoe werk die vlugte, en elke nou en dan sien ons nog n vliegtuig opstyg. Weer terug langs die lughawe stop ons vir ‘n oomblik. My mond hang oop. Ek het al brande gesien, maar nog niks soos die nie. Droeë wintergras brand vinnig en rats. Die volgende oomblik hoor ons die bekende naby klank van n engin en kom een van die groot vliegtuie deur die rookwalms te voorskyn. Vlugte gaan voort. In die volgende paar minute sien ons minutes nog 5 vliegtuie opstyg.

Die brand is wel later onder beheer gebring. Die rook het nog vir ure daarna die Oosrand se alreeds-besoedelde lug donker ingekleur. Maar, ten spyte van heelwat skade, het harde werk en sweet die dag, en die lughawe gered.

Baie mense sal wasrskynlik vies wees omdat ek en Carmen die voëltjies by die werk voer. En ja ek weet, daar kan baie hieroor gesê word. Beide kante toe. Ons doen dit met die beste bedoellings en ons sowel as die groot verskeidenheid voëls wat kom saam eet geniet dit baie.

Die Wisteria staan in volblom. Wert iemand hier dalk hoe maak ek steggies? Toortsie? VirgoC? Oral flirt daisies met die oog. My verjaarsdag suurlemoen boom blom en daar is sparsely kleur oral waar mens kyk.

Hier is ‘n paar kiekies van my laaste week of twee.

Gisteraand se maan
Never say never !

Vrydag Mydag – Vrydag jou lekke ding ♥️

Gister kry ek ‘n lekker Watsop boodskappie uit Parys nogal, van ‘n hartsmaat. Ons gesels deesdae min maar ons sielskonneksie is altyd daar. Dit was so lekker om van haar te hoor. Dis al hierdie klein oomblikkies van vreugde wat die ou drollerige Lewe die moeite werd maak.

Later dieselfde dag plaas ‘n oudkollege ‘n paar lawwe videos op Bakkiesblad van groepies wat een-of-ander dansuitdaging doen. Dis oulik en catchy en weer glimlag ek lekker. Laat my aan die ‘ou dae’ dink toe ons destydse HRIS groepie dikwels pret dinge opgedink en uitgevoer het. Pannekoek bak in die kantoor, selfs ‘n potjiekos gemaak. Resies buite gehardloop. In die sneeu gespeel. So nou en dan n skelm shooterki uit ons geheime stash agter in die onderste kombuiskasrak gedrink. Vreemd aangetrek ….. ag daar is teveel om op te noem. Dit was lekker tye.

My aanlynkopie yogamat is afgelewer. Ek weet nog nie lekker hoe ek met die opgefoeterde regterknie gaan oefen nie, maar ek sal moet planmaak. So saam met die mat is daar nog pakkies; hekel steekmerkers, voorraad vir oorbelle maak (hierdie pakkie is vir my kreatiewe kleinsus) en laastens, ‘n groter boks met my nuwe sonhoed. Sedert laasjaar reageer my liggaam vreemd op sonlig. Veral my gesig – 5 minute in die son en die regterkant begin trek en hang en ek kry die aardigste seer uitslag. Hoed-dra is dus my voorland. Ek deel later ‘n foto van my hoed.

Dit was ‘n goeie, lekker Vrydag. Ek en Ingelsman is na werk Hooters toe vir ‘n paar drankies. Verfrissend heerlik.

Lekker Saterdag vir almal. Lolla se Naweekgroete. ♡♡♡

Elke klein stukkie SKRYF is ‘n oorwinning

So paar dae terug skryf Positief oor o.a. haar Tikkel Tokkol pilletjies. Oor hoe sy vir ‘n maand lank niks geblog het nie en oor die verdrink-gevoelte. En ek kan relate.

My blogmaat verwys ook na my (Lolla) se Bubble. Eintlik het ek na ek haar inskrywing gelees het, ‘n hele paar idees om oor te skryf, met verwysing na Positief se skrywe. Maar my skryf sit steeds vas.

My voortdurende konsternasie is skryf-konstipasie.

So skep ek dus vanoggend, met squish-muis se hulp, hierdie prentjie met bemoedigende woorde
  • Mag ons skryf totdat ons skryfuurglas leegloop.
  • Mag daar wonderlike, bonsende impetus agter ons idees wees en mag Tyd nie ons planne insluk nie.
  • Mag jy woeker met jou gawes totdat jou tone vuisies trek van pure lekkerte.

Lolla-groete ♡

Lolla se Bubble


Wanneer mens op ‘n self-opgelegte tipe Sabbatical is, dis nou die soort sonder verwagtinge en vereistes, ‘n breek, ‘n asemskep. Dan maak mens tyd vir asemskep. Want asem skep nie homself nie. Asem is eintlik ‘n slinkse knaap. Jy dink jy gaap nog dan trek Asem al doer om die volgende hoek. Nes sit-en-staan niks gedoen kry nie, verg gesondword en heelword ook doelbewuste werk. En soms is niksdoen en rus harder werk as harde werk.

Photo by Pixabay on Pexels.com

Ek het hierdie jaar die vaardigheid ontdek om te “Bubble”. Verseker sal daar baie sinonieme vir my ge-Bubble-lary wees, maar so het ek die gedoente nou gedoop. Eers het ek gesukkel om te Bubble, maar ek raak al meer vernuftig hiermee. Dryf met my hart en my kop maar sonder my lyf (meestal) na plekke waar net ek kan uitkom. Waar die water helderder is en die lug skoner. Maar belangrikste van als, waar die geraas van hierdie wereld stilraak.

Natuurlik vereis Bubble ook ‘n goeie begrip en toepassing van balans. Want teveel Bubble kan beslis ook nie goed wees nie. Tog is ek tans heel gelukkig om te Bubble wanneer ek so goeddink. En dit, reken ek, is deel van my menswees-hier-op-aarde oorlewingsstrategie.




Bubble-groete

Wordless Wednesday- 03 August 2022

Cloudy skies over Johannesburg, South-Africa

Image filtered
(android mobile phone)
Original Image

#wordlesswednesday #lollasekiekies #lollaspics #cloudyskies #southafrica #clouds #morning

Nooit is ‘n lang tyd

Een van die groot lesse wat die lewe my deur my persoonlike ervaringe geleer het is dat mens rerig nooit nooit ooit moet nooit sê nie. So het die holrug never say never ‘n herhaalde tema in my lewenssiklus (nee, nie sirkus nie) geword. En ek sal aanhou met oortuiging afraai dat mens moet glo dat sekere goete nooit sal gebeur nie. Want Nooit en al sy voor- en nasate is langer as vir-ewig. Nooit is eintlik net ‘n gat vol niks en nêrens.

Nooit sal ek ooit weer
Sê nooit nie, want
Nooit het toe nooit gebeur nie
Nooit raak toe alte gereeld
'anything is possible' en kom haal 'n ingebore hooitie tooitiegeit uit my uit

Hierdie Afrikaanse meisiekind raak groot in ‘n redelike gewone Afrikaanse huisgesin. Waar daar boeretroos gedrink word, pap met botter en wors gebrekfis word, soggens en saans en voor etes gebid word en boks en rugby geluister en gekyk word. Sokker was nie regtig deel van my verwysingsraamwerk toe ek jonk en jonger was nie. Dié sport was vir my half volksvreemd, iets waarvan ek bewus was, maar amper soos mens bewus raak van praatjies oor Vreemde Vlieende Goeters (VVGs). En ek sou selfs so ver gaan om te sê “Nee wat, sokker is nie vir my nie. Ek ken in elk geval nie die reels nie. Uhuh, nee dankie dis nou een sport wat ek nooit sal volg nie.”

Ggghhh!!! So kom klop Nooit een dag so paar jaar terug aan my deur (ook nie die 1ste keer nie) en hy/sy het sommer net vir effek al die Nooit niggies en neefs saamgebring. Hulle lyk almal so half gekrok en mank, asof hulle die verloorders in ‘n hengse onderonsie was. Nooit kyk my van aangesig tot aangesig en fluister …. Deksels, niks hou ooit vir altyd nie ……

Toe ek die Ingelsman in 2019 ontmoet besef ek gou hierdie boorling van Newcastle Upon Tyne in die noorde van Ingelsmanland is nie ‘n rugbyman nie. Nee, hy is ‘n groot ondersteuner van football. Die Magpie’s. Aanvanklik sou ek nie saamkyk of kon saamgesels nie. Maar toe, op ‘n dag, kry ek myself saam gil vir die manne in swart en wit, en ek weet toe hoekom die Nooit-familie so defeated gelyk het.

Ek was heeltemal verkeerd om te glo, met oortuiging, dat sokker nooit as te nimmer ‘n plekkie in my lewe sou hê nie. Op my selfoon se tuisskerm is daar ‘n spasie waar nuus oor die Premier Liga (wat komende naweek afskop) deurgans opdateer. Ek kan redelik saamgesels, oor name soos Joelinton, Saint Maximin, Almiron en Bruno. Ek ken steeds nie die reels nie maar weet al wanneer om saam met my Ingelsman te juig (en wanneer om te swets).

Steeds verkyk ek myself aan sommige van die spelers wat dramaties teatraal neerval, rol en dan bly lê na die geringste kontak. Wanneer The Blaydon Races weergalm deur St James’ Park sing ek uit volle bors saam.

Sou ek dit ooit geglo het, toe ek nog geglo het dat nooit rerig nooit sou wees. Dat nooit soms die verpersoonliking is van onskuldige onkunde. Nooit, ek sou nie. Maar Nooit het vir Nooit, en vir my, verkeerd bewys, ne.

Aa went to Blaydon Races, 'twas on the ninth of Joon,
Eiteen hundred an' sixty-two, on a summer's afternoon;
Aa tyuk the 'bus frae Balmbra's,
an' she wis heavy laden,
Away we went 'lang Collingwood Street, that's on the road to Blaydon.

Oh! me lads, ye shud a' seen w'us gannin,
Passin' the folks along the road
just as they were stannin'.
Aal the lads and lasses there,
aal wi' smiling faces,
Gannin' along the Scotswood Road
to see the Blaydon Races.

... ...

Om op te som: nooit ooit weer sê ek ek sal nooit nie. Why-aye, man.

Ek het aanvanklik ‘n skakel hier ingesit na ‘n video van The Blaydon Races maar dit werk nie. Gaan loer gerus op YouTube en luister hierdie lekker folk-song.

Lolla Groete

Rebus, hier kom ons weer #6

Die Goue Vroue is ‘n paar besonderse vroue wat allerhande wonderlike avonture saam beleef. Hulle het hulle eie dorpie, Rebusfontein, hier êrens in Suid-Afrika. Daar word ontspan, Franjeliko gedrink en dis altyd mooiweer. Hulle het pas teruggekeer  van ‘n rit op ‘n luukse seiljag (waar hulle ‘n ongelooflike avontuur  in die diepsee beleef het), en almal is op pad terug na Rebusfontein toe. Maar ‘n mens weet nooit wat volgende gaan gebeur nie, want waar die Goue Vroue is, gebeur altyd iets!

Hierdie is Hoofstuk Ses van ons nuwe avontuur. As jy hierna verder wil lees, klik hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5ccd555160b847968834e2d35fc2042c

Photo by Pixabay on Pexels.com


Die sirkuslorrie kom met skreeuwende bande om die laaste draai waar Seegogga en Scrapy vroeër die inhoud van beide waens (behalwe natuurlik vir Wolfhond) onder die Bergies uitgedeel het.  Lolla en Seegogga kyk in die rigting waar Seegogga nou beduie, maar hier is geen teken van die Bergies nie.   Hulle spring uit die lorrie uit net om te hoor hoe ‘n man verbaas uitroep:  “Não acredito!”  I don’t believe it!  You came back.

Huh?  Lolla staan met een geligte wenkbrou en staar na die groot figuur maar Seegogga is vinnig by hom.  “Hoekom klink jy so verbaas … have you seen the Bergies who took our stuff?”.  Die man lyk nou geamuseerd en grinnik half toe hy antwoord:  “Dey found da moneys and left.  You will not find dem, dey gone.”  Seegogga ril soos ‘n kouete teen haar ruggraat afgly.  Wat nou!!!

Die man voel hy moet verder vertel en is min geskeel met die twee vroue wat nou half verslae voor hom staan.  “Go look round da corner, dey dumped all the junk and animals dere and they left.  Dey are rich now with da funny money.”

Kom Lolla.  Seegogga gryp Lolla aan die arm en sonder ‘n verdere woord draf hulle tot by die hoek waar die man beduie het.  Hulle hoor die hommeltuig bo hulle sweef met die res van die Goue Vroue in.  Net om die draai kom hulle tot stilstand voor die inhoud van die waens wat vroeer onder die Bergies uitgedeel is.  Nadere ondersoek bevestig dat die Russiese roepels spoorloos weg is. 

Nou gaan ons soos blits moet werk.  Lolla loop haal daai trok ….. Seegogga beduie woes met albei arms in die rigting van die hommeltuig.  Die Goue Vroue se vele hande gaan vandag rats moet werk.  Vinnig staan die groepie vroue langs mekaar.  Lolla het die lorrie behendig ingereverse en almal fokus op Seegogga se instrukies.  Julle, ons het 40 sekondes….. Toorts gaan loer jy en Ekmyself of julle die opsporingstelsel kan deaktiveer terwyl die res van ons soveel as moontlik van hierdie goete teruglaai.  Scrapy, Wolfhond het so mooi geluister na jou vroeer – gaan haal hom en kyk of jy hom rustig kan kry in die hommeltuig. 

Seepglad word die plan van aksie uitgevoer.  Kort voor lank is die hommeltuig en sirkuslorrie weer oppad, in die rigting van die plaas.  Ons het mos nou heel onskuldig hier in die middel van ‘n lelike storie beland, of hoe Lolla, sê-vra SeegoggaLolla loer in Seegogga se rigting en weet sommer, hier kom ‘n ding.  Dis ook nie lank nie, of daar word afgedraai op ‘n verlate grondpadjie.  Seegogga mompel ….. as Elon Musk se vuurpyl kan brand, kan hierdie verdagte trokkie ook maar vlammeland toe gestuur word. 

Toortsie en Aalsie sit koppe bymekaar waar al die vroue nou langs die trok staan.  Una, kom help my gou, ons moet die gedoente se olie laat uitlek, terwyl Trommeltjie vir ons ‘n boks of twee van die klappers – wat vir ons Rebusfontein partytjie aangeskaf is – uit die muskiettuig gaan haal.  Vinnig julle, ons het min tyd.    Aalsie en Positief vang van die druppende olie op en gaan smeer dit op die gestopte dierekoppe in die agter-wa.  Tannie Frannie staan met ‘n frons die gedoente en dophou terwyl Scrapy en VirgoC vir Wolfhond kalm hou.

Die getchweee-tchweeeee-klap-brrrtttttt-tchweeee van die vuurwerke weergalm die vlaktes in en kort voor lank staan die sirkustrok in ligte laaie.  Vir oulaas kyk die vroue in die rigting van die groot oranje vlamme voor die hommeltuig in die rigting van Rebusfontein gestuur word.

Christa voer hul bestemming op die raakskerm beheerpaneel van die hommeltuig in.  Vir ‘n oomblik kan die groepie vroue rustig sit en asemskep.  Seegogga lê-sit half uitgeput op een van die swewende ergonomiese stoele.  Skielik snorklag VirgoC waar sy nou sit en ‘n rustiger Wolfhond streel.  Julle, ons is ook maar lekker dof.  Die woef is nie ‘n hy nie, dis ‘n sy.  Nou lag sy lekker en Scrapy gryp vir hondekind om die nek en gee haar ‘n stywe druk.  Van die vreesaanjaende gedierte is daar nou niks te bespeur nie.  Haar blou oë trek skrefies soos sy die aandag geniet.

Gaan ons haar saamvat Rebus toe?  Ag toe julle?  En ons moet vir haar ‘n naam gee.  Woordnoot babbel opgewonde en die ander sit nou ook aandagtig en luister.  ‘n Wolfhond vir Rebusfontein.  Wat gaan die ander diere dink?  En ‘n naam ….. wat gaan ons haar noem?  Idees word heen en weer geroep – sommiges word met ‘n “Ooh nee” begroet en ander laat die groepie skaterlag.

Die gesellige oomblik word egter onderbreek toe die waarskuwingsligte begin flikker en die geoutomatiseerde beheerstem uitbasyn:  “Gevaar voor!!!”  Met gerekte oë en ingehoude asems storm die Goues na die venster toe, net betyds om te sien hoe die hommeltuig binne-in ‘n onheilspellende, donkerpers rookwolk inbeweeg.  Die waarskuwingsligte flikker nou met meer dringendheid en daar kan niks, behalwe ‘n donker wolkkombers, buite die tuig gesien word nie. 

Julle!!! roep Sonell benoud uit.  Tannie Frannie en Toortsie deel ‘n bekommerde kyk en Appeltjie gryp Positief se arm styf vas.  Voor iemand iets kan sê vul ‘n aaklige reuk die tuig se binneruim.  Suurstofmaskers, gou julle, roep Christa maar almal staar nou na waar Ekmyself, Scrapy en Una een vir een in bondeltjies teen die vloer neersuig.  Binne sekondes lê die hele groepie vroue bewusteloos in die skreeuende hommeltuig wat al dieper in die pimpelpers rookwolk wegraak.

Lolla-se-Goete

ooOoo  Trommeltjie, kan jy oorvat asseblief.  ooOoo



(NS:  Liefste Kameel, ek het jou nie die keer hier ingeskryf nie.  Weet asb my hart gaan uit na jou en jou mense in hierdie moeilike tyd.  Ek vertrou dat die res van die groepie sal weet hoe en waar, maar vir nou stuur ek liefde en innige meegevoel.)

NNS:  Hierdie woorde – ek ken nie die oorsprong nie – het my al ‘n hele paar keer in my lewe deur swaar tye gehelp, ek hoop dit kan dieselfde doen vir iemand anders:

HIS strength is perfect when
my strength is gone
HE carries me when
I can’t carry one

-unknown-

Lolla se Huisie op Rebusfontein


Iewers in Suid-Afrika is daar ‘n denkbeeldige (‘wink-wink’) dorpie met die naam Rebusfontein. Die fabelagtigste plekkie vol kleur en all things weird and wonderful.

Hier woon die Goue Vroue. Nie permanent nie – Rebus is meer ‘n ontvlugtings- en avontuur dorpie, waar die diere in universele dieretaal kommunikeer. Hier kuier die Goue Vroue dat die biesies bewe, trane en lag word in oorvloed gedeel en soms is dit net stil. Hier is enigiemand welkom – enige tyd.

Die mooiste, fynste blommetjies in Lolla se Rebustuin
‘n Nagportret van die nuwe huisie op Rebus

Lolla voel geëerd om deel te wees van hierdie ongelooflike groepie vroue. Hulle het die nuweling warm omarm en welkom laat voel. Maar tog, al staan Lolla se huisie gereed vir die nuwe intrekker sal dit nog ‘n tydjie neem voor sy oor die drumpel huppel. Sien, die Goue Vroue is alweer midde-in ‘n avontuur. Almal besig om seker te maak Scrapy kan weer saam met die res hier op Rebus kom rustig raak.

As jy meer wil lees oor hierdie avontuur, gaan loer by:
https://fresh.inlinkz.com/party/5ccd555160b847968834e2d35fc2042c

Photo by Somben Chea on Pexels.com


Lolla se huisie staan teen die berg se voet. Dis ‘n klein huisie met min goete in. Wel kleurvolle flaggies en baie helder liggies oral opgehang. Daar is ‘n houtdek langs die huis vanwaar jy in die helder rotspoelwater kan inspring en tot by ‘n groot waterval swem. Oral om die huisie pronk reusesonneblomme heel jaar, en daar is ‘n groot verskeidenheid bome. Lolla se gunsteling boom is die ene vol helder gekleurde bloeisels waaraan daar heel jaar spookasem en stokkielekkers groei. En die beste van alles (@Toortsie) is dat hierdie soet njummievrugte geen suiker bevat nie.

Photo by Taryn Elliott on Pexels.com

Wel, vir nou is dit eers genoeg van my Rebushuisie. Lolla is erens besig om voet-in-die-hoek te sit, oppad Kaap toe saam met die ander Goues.

Tot volgende keer
Lolla-se-Groete