
Iewers in Suid-Afrika is daar ‘n denkbeeldige (‘wink-wink’) dorpie met die naam Rebusfontein. Die fabelagtigste plekkie vol kleur en all things weird and wonderful.
Hier woon die Goue Vroue. Nie permanent nie – Rebus is meer ‘n ontvlugtings- en avontuur dorpie, waar die diere in universele dieretaal kommunikeer. Hier kuier die Goue Vroue dat die biesies bewe, trane en lag word in oorvloed gedeel en soms is dit net stil. Hier is enigiemand welkom – enige tyd.


Lolla voel geëerd om deel te wees van hierdie ongelooflike groepie vroue. Hulle het die nuweling warm omarm en welkom laat voel. Maar tog, al staan Lolla se huisie gereed vir die nuwe intrekker sal dit nog ‘n tydjie neem voor sy oor die drumpel huppel. Sien, die Goue Vroue is alweer midde-in ‘n avontuur. Almal besig om seker te maak Scrapy kan weer saam met die res hier op Rebus kom rustig raak.
As jy meer wil lees oor hierdie avontuur, gaan loer by:
https://fresh.inlinkz.com/party/5ccd555160b847968834e2d35fc2042c

Lolla se huisie staan teen die berg se voet. Dis ‘n klein huisie met min goete in. Wel kleurvolle flaggies en baie helder liggies oral opgehang. Daar is ‘n houtdek langs die huis vanwaar jy in die helder rotspoelwater kan inspring en tot by ‘n groot waterval swem. Oral om die huisie pronk reusesonneblomme heel jaar, en daar is ‘n groot verskeidenheid bome. Lolla se gunsteling boom is die ene vol helder gekleurde bloeisels waaraan daar heel jaar spookasem en stokkielekkers groei. En die beste van alles (@Toortsie) is dat hierdie soet njummievrugte geen suiker bevat nie.

Wel, vir nou is dit eers genoeg van my Rebushuisie. Lolla is erens besig om voet-in-die-hoek te sit, oppad Kaap toe saam met die ander Goues.
Tot volgende keer
Lolla-se-Groete
Beslis ‘n lekker huisie waarheen mens bietjie kan wegbreek van die wereld en sy dinge 😉.
LikeLiked by 1 person
Jy gaan mal wees oor Rebus, Lolla! So bly jy is nou saam met ons.
LikeLiked by 2 people
Dankie Una – julle laat my reeds tuis voel.
LikeLike
Fantasties! Ek gaan kom vrugte steel in daardie towertuin 😘
LikeLiked by 2 people
Daar is oorgenoeg vir almal. Julle is enige tyd meer as welkom.
LikeLiked by 1 person
Daardie suikerlose lollies soos kinders dit hier noem klink vir my die moeite werd en dit nogal die hele jaar deur ook. Voet in die hoek suster dat ons kan begin feesvier.
LikeLiked by 2 people
Hlo daar Scrapy. Enigetyd, ons gaan lollies en spookasem eet totdat ons taai is en dan kan ons in die watervalpoel gaan swem. Hoe klink daai.
LikeLike
Dit klink na roekelose besigheid. Amper hemels.
LikeLiked by 1 person
Beslis
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor spookasem. Suikervrye spookasem, sê jy? Dit is ‘n nuutjie! Baie welkom oo Rwbusfontein. Ek dink jy gaan lekkee bly hier!
LikeLiked by 2 people
Ja ja, enigiets is mos moontlik op Rebus.
Dankie vir die verwelkoming Seegogga.
LikeLike
Jou huisie pad perfek in. Wees op die uitkyk vir ons feetjie, luidier, bromvoël, blouwildebeeskalfie, seekoeibaba en n lemur by die waterval. Onder andere
LikeLiked by 2 people
Dankie Appeltjie, ek maak so.
LikeLike
Welkom welkom!!! Op Rebus gebeur daar ook maar goed hoor….dis nie net rus en vrede nie.
LikeLiked by 2 people
Dankie Woordnoot. Sien uit na al die avonture saam met julle.
LikeLike
Welkom nuwe Goue Vrou in Rebusfontein. Jou huisie is alte fraai en daai spookasem sonder suiker gaan heerlik wees. Ag nee, hoe is ek altyd honger as iemand net iets van kos noem?
LikeLiked by 2 people
Dankie Positief vir die lekker verwelkoming. En ek is ook gedurig honger. Klink my op Rebus word daar te heerlik gesmul.
LikeLiked by 1 person
En ons word niks vet nie hoor, alte wonderlik
LikeLiked by 1 person
Welkom Lolla🌻🌻. Mal oor jou huisie en weet beslis watter boom ek gaan besoek😄
LikeLiked by 1 person
Enige tyd welkom 🤩
LikeLike