Een van die groot lesse wat die lewe my deur my persoonlike ervaringe geleer het is dat mens rerig nooit nooit ooit moet nooit sê nie. So het die holrug never say never ‘n herhaalde tema in my lewenssiklus (nee, nie sirkus nie) geword. En ek sal aanhou met oortuiging afraai dat mens moet glo dat sekere goete nooit sal gebeur nie. Want Nooit en al sy voor- en nasate is langer as vir-ewig. Nooit is eintlik net ‘n gat vol niks en nêrens.
Nooit sal ek ooit weer
Sê nooit nie, want
Nooit het toe nooit gebeur nie
Nooit raak toe alte gereeld
'anything is possible' en kom haal 'n ingebore hooitie tooitiegeit uit my uit

Hierdie Afrikaanse meisiekind raak groot in ‘n redelike gewone Afrikaanse huisgesin. Waar daar boeretroos gedrink word, pap met botter en wors gebrekfis word, soggens en saans en voor etes gebid word en boks en rugby geluister en gekyk word. Sokker was nie regtig deel van my verwysingsraamwerk toe ek jonk en jonger was nie. Dié sport was vir my half volksvreemd, iets waarvan ek bewus was, maar amper soos mens bewus raak van praatjies oor Vreemde Vlieende Goeters (VVGs). En ek sou selfs so ver gaan om te sê “Nee wat, sokker is nie vir my nie. Ek ken in elk geval nie die reels nie. Uhuh, nee dankie dis nou een sport wat ek nooit sal volg nie.”
Ggghhh!!! So kom klop Nooit een dag so paar jaar terug aan my deur (ook nie die 1ste keer nie) en hy/sy het sommer net vir effek al die Nooit niggies en neefs saamgebring. Hulle lyk almal so half gekrok en mank, asof hulle die verloorders in ‘n hengse onderonsie was. Nooit kyk my van aangesig tot aangesig en fluister …. Deksels, niks hou ooit vir altyd nie ……
Toe ek die Ingelsman in 2019 ontmoet besef ek gou hierdie boorling van Newcastle Upon Tyne in die noorde van Ingelsmanland is nie ‘n rugbyman nie. Nee, hy is ‘n groot ondersteuner van football. Die Magpie’s. Aanvanklik sou ek nie saamkyk of kon saamgesels nie. Maar toe, op ‘n dag, kry ek myself saam gil vir die manne in swart en wit, en ek weet toe hoekom die Nooit-familie so defeated gelyk het.

Ek was heeltemal verkeerd om te glo, met oortuiging, dat sokker nooit as te nimmer ‘n plekkie in my lewe sou hê nie. Op my selfoon se tuisskerm is daar ‘n spasie waar nuus oor die Premier Liga (wat komende naweek afskop) deurgans opdateer. Ek kan redelik saamgesels, oor name soos Joelinton, Saint Maximin, Almiron en Bruno. Ek ken steeds nie die reels nie maar weet al wanneer om saam met my Ingelsman te juig (en wanneer om te swets).
Steeds verkyk ek myself aan sommige van die spelers wat dramaties teatraal neerval, rol en dan bly lê na die geringste kontak. Wanneer The Blaydon Races weergalm deur St James’ Park sing ek uit volle bors saam.
Sou ek dit ooit geglo het, toe ek nog geglo het dat nooit rerig nooit sou wees. Dat nooit soms die verpersoonliking is van onskuldige onkunde. Nooit, ek sou nie. Maar Nooit het vir Nooit, en vir my, verkeerd bewys, ne.
Aa went to Blaydon Races, 'twas on the ninth of Joon,
Eiteen hundred an' sixty-two, on a summer's afternoon;
Aa tyuk the 'bus frae Balmbra's,
an' she wis heavy laden,
Away we went 'lang Collingwood Street, that's on the road to Blaydon.
Oh! me lads, ye shud a' seen w'us gannin,
Passin' the folks along the road
just as they were stannin'.
Aal the lads and lasses there,
aal wi' smiling faces,
Gannin' along the Scotswood Road
to see the Blaydon Races.
... ...
Om op te som: nooit ooit weer sê ek ek sal nooit nie. Why-aye, man.
Ek het aanvanklik ‘n skakel hier ingesit na ‘n video van The Blaydon Races maar dit werk nie. Gaan loer gerus op YouTube en luister hierdie lekker folk-song.
Lolla Groete
Baie baie waar. Mens het geen idee wat op jou lewensreis gaan op-pop nie.
LikeLiked by 2 people
Verseker, net soos jy daar sê. Dis ook iets wat net tyd ons leer ne.
LikeLiked by 1 person
Ek lag altyd lekker as iemand se “so nooit as te nimmer” … want nooit is ‘n lang tyd (so het my ouma altyd gese) … daar kom maar net partykeer dinge op ons pad wat ‘nooit’ uit die pad stamp! Geniet jou sokker (of football) en skreeu uit volle bors 😁.
LikeLiked by 2 people
Hlo daar. Jip so leer ons ne, sekere goete gebeur soos hulle gebeur.
Ek maak so dankie, moet sê rugby is maar nogsteeds my gunsteling om te kyk, maar sokker het ook nou n plekkie. 😀
Dankie vir die inloer Corna.
LikeLiked by 1 person
Toe ek en my aanstaande skoondogter opgewonde gil oor Bafana Bafana se doel met die Wêreldbeker in 2010, het ek besef daar is tog iets vir sokker te sê.
LikeLiked by 2 people
Net so Tannie Frannie.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet nogal om na die wereld beker sokker te kyk! Weet ook nie veel van die reels nie!
LikeLiked by 2 people
Verbreed mos ook ons wereld. Nooit ooit te oud om ietsie nuuts te probeer nie.
Mooi dag vir jou liewe Aletta.
LikeLike
Baie dankie Lolla, lekker dag vir jou ook!
LikeLiked by 1 person
Ag dit is so oulik geskryf, ek het lekker gelees. Weet, jy ek neem dit gereeld voor. En as ek weer sien, doen ek dit weer.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons almal doen. Maar die op en af, heel en weer, oor en oor leer en probeer is mos maar hoe die lewe maak.
Dankie vir jou inloer hier Christa. Mooi dag vir jou. ♡
LikeLiked by 2 people
Ek wil regtig die woord verban …
LikeLiked by 1 person
Sorry, hoor, maar almal weet ek is die agteros wat kommentaar lewer aanbetref! Toe ons nog sport kon kyk het ek die groot wedstryde gekyk. Chelsea was my gunsteling en ek het met een wêreldbeker ‘n Brazil hemp gedra en kliphard vir hulle geskree (weet ook nog steeds nie wat is die reëls nie) terwyl die Oom Italië ondersteun het. Dis ‘n baie passievolle spel. Kan verstaan hoekom mense daarvan hou.
LikeLiked by 2 people
Hello Woordnoot en nee, nooit ooit is jy te laat nie. Kommentaar en saamgesels is altyd en enige tyd welkom. Jy beskryf dit tonekrul lekker, passievolle spel inderdaad. Ek gaan nog vir my ‘n Newcastle hemp aanskaf.
Lekker dag vir jou.
LikeLiked by 1 person
Nooit is n TE lang tyd….
LikeLiked by 1 person