My hart is op Rebusfontein, maar my lyf en kop is solied net hier op die Ooste van Suid Afrika se kleinste en mees oorbevolkte provinsie (amper sê ek planeet).
En ek is besig, soos ‘n werker hommelby. Tussen TEFL leerdery (wat eerlikwaar swaar trek), my klein Avon en Justine besighede en nou ook ‘n Tupper verkoopsdame, maak ek planne en woeker ek om soos derduisende ander SA’ners ietsie wat kan werk aanlyn aan die gang te kry.
Intussen wag daai boek. Ek moet klaar skryf aan my eie verhaal. My groot lewensdroom, om ‘n eie boek te publiseer, is steeds heel agter in die lang tou van goedjies om te doen.
Dié Koningin sterf, klaarblyklik rustig met haar familie by haar en my eie hart ruk effens, asof ek ‘n naby iemand verloor het. Rus sag Koningin Elizabeth II. Wat ‘n vrou!
Wereldbekende OR Tambo internasionale lughawe hier op my voorstoep sorg vir nuus hoofopskrifte toe ‘n brand op aangrensende eiendom deur ‘n kwaai Augustuswind aangehits word. Van ons kantore in Kemptonpark sien ons die enorme rook wolke. Mense gaan staan stil en bespreek en bewonder die skrikwekkende skouspel. So rukkie later ry ons Boksburg toe om ‘n voertuig part op te laai en ons ry op die soom van die brand en die lughawe verby. Groot vlamme hardloop neffens ‘n aanloopbaan bult-af. Die groot, ou bome daar naby kreun en klap soos die vlamme kloue inslaan. Aan die anderkant van die aanloopbaan is n span brandbestryders hard besig om dinge onder beheer te probeer kry.
Ons gaan laai die part op. Oppad terug wonder ons hoe werk die vlugte, en elke nou en dan sien ons nog n vliegtuig opstyg. Weer terug langs die lughawe stop ons vir ‘n oomblik. My mond hang oop. Ek het al brande gesien, maar nog niks soos die nie. Droeë wintergras brand vinnig en rats. Die volgende oomblik hoor ons die bekende naby klank van n engin en kom een van die groot vliegtuie deur die rookwalms te voorskyn. Vlugte gaan voort. In die volgende paar minute sien ons minutes nog 5 vliegtuie opstyg.
Die brand is wel later onder beheer gebring. Die rook het nog vir ure daarna die Oosrand se alreeds-besoedelde lug donker ingekleur. Maar, ten spyte van heelwat skade, het harde werk en sweet die dag, en die lughawe gered.
Baie mense sal wasrskynlik vies wees omdat ek en Carmen die voëltjies by die werk voer. En ja ek weet, daar kan baie hieroor gesê word. Beide kante toe. Ons doen dit met die beste bedoellings en ons sowel as die groot verskeidenheid voëls wat kom saam eet geniet dit baie.
Die Wisteria staan in volblom. Wert iemand hier dalk hoe maak ek steggies? Toortsie? VirgoC? Oral flirt daisies met die oog. My verjaarsdag suurlemoen boom blom en daar is sparsely kleur oral waar mens kyk.
Hier is ‘n paar kiekies van my laaste week of twee.










































Van steggies weet ek ongelukkig nie veel nie, maar daai boek wat jy nie geskryf kry nie. Weet jy van Nanowrimo? Dan skruf jy jou boek!
LikeLiked by 1 person
Ek gaan bietjie uitvind en lees oor Nanowrimo. Ek gaan Toortsie. Ek móét!
LikeLiked by 1 person
Nanowrimo bied jou die geleentheid om in November die rofwerk van jou boek te skryf. Dis ‘n wonderlike manier om dit te doen.
LikeLiked by 1 person
Jou fotos is ñ goeie vertoonstuk van jou week.🤗
LikeLiked by 1 person
Was ‘n goeie week Una. Propvol tot teen die rante. Liefdegroete.
LikeLike
Mooi fotos! Vertel ook n hele storie!
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n oulike naamlose blog
LikeLiked by 1 person
Dankie Positief xx xx
LikeLike