Lolla’s Blog

Aanhou & Vasklou

Photo by Adam Fejes on Pexels.com

Dis Dinsdagoggend. Die mislagie om my brein is dig en duk vanoggend. Maar my bewolkte brein is mos nie van opgee aanmekaar gesit nie. Selfs hierdie vaagvaak gevoelte gaan my nie briek om vandag die beste ek te wees wat ek in elke oomblik kan wees nie.

Dankie-tog vir naby maats. Die wat luister selfs as jy onsamehangend jou gedagtes van ‘n lysie aflees oor ‘n whatsapp stemboodskap. Dis die “ons-is-is-ons-is” groepie. Dieselle groepie as die pop-groepie (dis nog ‘n storie vir ‘n ander dag, hou hier dop). Die een mater stuur masjiengeweer-boodskappies. Kort en kragtig. Treffend. Die ander mater dalk eerder haelgeweer-boodskappies – diep en intens. En dan die mater met die klappers-en-vuurwerke boodskappies – mooi bedoellings maar woes deurmekaar en laaaaaank. Hierdie whatsapp groepie vat ek enige tyd saam oorlog toe.

Photo by Sebastian Palomino on Pexels.com
(Langpadmaats)

Balans en prioriteite – dis ‘n daaglikse gejuggle. Daar is derduisende, ‘n enorme verskeidenheid, selfhelp, motiverings, kom-ek-wys-jou, positiewe-denke boodskappies om ons. Daagliks. Oral. Dis juis deel van die inligting-versuiping wat ons ervaar. Eintlik lê die antwoorde seker maar hier binne-in elkeen van onsself. Sif deur dit wat die wereld vir jou gee, hou wat vir jou sinmaak en laat los die res. Reken ek.

Huppelend gekrok
ons isse se is wat jubelend voortbeur
en aanhou probeer, weer probeer
van vooraf begin
ver ry en te lank bly
oortyd is verloortyd
opstaan vir dit wat reg is,
voor dit wat saakmaak weg is ...
te min tyd, teveel dinge
weegskaal van wat bly en wat gly
lewe gallop en skop tot jy - kop eerste - omdop
Harte vol trane en rowe en tog 
ook hoop, lag, blydskap en drome
Vasstaan, sterkstaan, 
singende aangaan.
Omgee en meeleef, ons lewens verweef
op verskeie maniere en verskillende vlakke
Dag en dinge by die horings vasvat
Die lewe se dinge by die knolle raakvat

My Is is my Is!
Jou Is is jou Is!

Opstaan!  En aangaan!

Nou gaan ek koffie maak en hierdie varsnuwe dag raakvat. Mikpunte vir vandag: tuin water gee, produktief soveel werk as moontlik afhandel, musiek en hoola, gesonde aandete maak, vroeg slaap.

Mooi dag en baie asemskep oomblikke vir jou.

Moddertone

Gisteroggend skop ek die jaar se sosiale kalender af met ‘n ontbyt en spa-behandeling saam met ‘n spesiale meisiekind.

Ons stop eers by ‘n plaaslike plekkie waar jy ontbyt bestel langs ‘n meer. Dis veel besiger as die laaste paar weke – ek vermoed die Desember vakansiegangers is nou in hulle hordes tuis. Die stoeptafeltjies is almal vol. Ons mik sommer dadelik na ‘n alleentafel in die middel van die groot grasperk, terwyl ons, nog op die grondpad waar ons parkeer het, tussen modderpoele groottrap.

‘n Kelner kom met swaaiende arms aangehardloop. Ek wonder nog ewe wat gaan aan, toe ek so twee tree verder op die gras in die modder begin sink. Onmiddellik besef ons dis hoekom almal op die stoepie en plaveisel sit. Die hele grasperk is ‘n modderpoel. Nou weet ek hoekom die jong man in die donker uniform ons probeer stop het. Ons besluit egter ons bly net hier op die grasperk. Hy glimlag en knik ook “ja”, hy is reg met die natplasgras as ons is. Natuurlik is ons. Ek trek my nat skoene uit en loop kalvoet tot by die tafeltjie.

Alles om ons is helder en skoon. Die baie reën van die laaste tyd het ‘n vernuwende uitwerking op veral die natuur gehad. Ek sien toe eers hoe vol die meer is. Ons eet heerlik ontbyt op ons eie terwyl die modder tussen my tone deursuipel. Pure lekkerte.

Moddervoetegoete
Die baie water maak dammetjies en plassies oral

Terug in die kar moet ek eers die moddervoete met wet-wipes bykom voordat ons 5 minute later by die spa aanmeld. ‘n Heerlike nek en rugmasering en toe ‘n voetbehandeling waar die moddervoeties in warm water skoongeskrop is.

Dis was ‘n heerlike Saterdagoggend. Ek is reg vir die nuwe week.

Moddervoete-groete

Miracles & Magic

The last bits of Christmas has been boxed away (or eaten 😁). New Years greetings are fizzleling out. New resolutions are being set and some already forgotten.

I’m currently in a full fibro flare-up and if I allow it, can easily be swallowed alive in a pool of absolute soul exhaustion. But, by now I have built up quite an arsenal of tools to get my go going.

  • Get my arse out of bed
  • Make the bed
  • Deep, focused breathing
  • Shake shake and move it move it
  • Coffeeeeeeeee
  • etc etc etc
2022 and beyond – Miracles&Magic

So I’m thinking, 2022 will be my (our) year of #miracles&magic.

Are we making today our best day yet??? Who’s with me?

Sonder begin of einde;  my liefde vir bome

Appelblaar

Passie (volgens die HAT 4de weergawe 2000, 3de druk, 2003):  “… hartstogtelike liefde…”

Vir so lank ek kan onthou het ek ‘n intense, innerlike passie vir bome.  Dis nie net bloot ‘n ‘ek hou van bome nie’.  Dis meer.  Net soos die wind my hart ‘n bietjie vinniger laat gallop, so ook vul bome my hart en my wese met ‘n onpeilbare, onbeskryflike warmte.

My eie boom, dalk nie heelemal dié droomboom nie, maar my boom.
Geverf deur kunstige vriendin Tasèla Gouws

Bome is vir my groots.  Sterk dog broos.  Ek glo daar is meer boomsoorte as wat daar menslike persoonlikhede op aarde is.  Hierdie subjektiewe teorie word gesubstansieer deur die wetenskaplike beraming dat daar ongeveer 3 triljoen bome op aarde is; by verre meer as die sterre in ons Melkweg sterrestelsel.  Ook meer as al die selle in die menslike brein.  (Verwys Internet:  usatoday.com – 30/12/2021).  Nog ‘n verwysing word gevind in ‘n National Geographic tweet (@NatGeo) gedateer 14 Maart 2016:  “There are more trees on earth than there are stars in the Milky Way – and what they do for the planet is amazing.”

Ek is nie seker watter boom hierdie is nie – hy is so ongeveer 5 kilometer van my huis af. Groot. Ongelooflik mooi. Die plant-toep wat ek tans gebruik het ‘n paar moontlikhede voorgestel maar ek sal elders bevestiging kry. Hierdie boom is vir my verruklik en besonders.

Bome het ‘n energie van hulle eie.  En hulle deel dit mildelik met enigeen wat belangstel.  Met my hand op ‘n boom se bas kan ek my half verbeel ek voel sy hartklop.  Dikwels hoor ek bome fluister.  Aan die sy van ‘n groot boom is daar ‘n saligheid wat nerens anders bekombaar is nie.  Bome is vir my ‘n veilige plek.  Mistieke, fabelagtige, statige reuse wat min praat maar baie luister.   En so, dus, sal daar gereeld in my skryfwerk of in gesprekke bome opduik – en hordes fotos van bome in all shapes & sizes.  Hierdie formidabelle natuurwonders is diep in my siel ingeweef en –wortel.

Mooier as ‘n mooi-nooi – November Jakaranda

Ek sal vorentoe vertel van die boomryke area waar ek tans woon.  My tone trek vuisies van pure lekkerkry as ek hier rondry en tot my verwondering keer op keer nuwe bome raaksien.  En ek gaan nie voorbarig wees en my onkunde oor bome, boomname en boomfeite probeer verdoesel nie – ek hoop om saam met jou en julle te kan leer.  Het jy al ‘n boom omhels?

Giggelgeel-natuurprag

As ek mag, sal ek wens dat my takke vele mede-dendrofiele raakgroei hier tussen my woorde.  Wat is jou gunsteling boom, laat weet bietjie?  Ek is lief vir ‘n Frangipanie maar Limpopo se Kremetart-bome verdien hul eie “Wowzers!”.  Volgens die boek Remarkable Trees of South Africa (2nd editions, 1st impression 2016) – Esterhuyse, Van Breitenbach, Söhnge, Van der Merwe – is Suid Afrika se Groot Vyf Bome:  die Kremetart;  Wonderboom Vy;  Outeniqua Geelhout;  Mingerhout (Matumi) en Apiesdoring.

‘n Reus van Reuse – die Kremetart (Boabab)

Vir nou is dit eers genoeg gebabbel oor bome – ek glo daar gaan nog vele kanse wees om te hervat.  Maar vir nou eers:

mag jy eendag onder 'n groom boom lê en sterre kyk,
mag die dag se hitte onder die koelte van ‘n blarereus wyk,
mag jy met jou wang teen ‘n koel boombas nuwe asem vind
wanneer die donker van die lewe jou wil-wil verblind.
mag die geritsel van die wind deur die blare en die gekwetter-skerts
van voëltjies tussen takke jou grootste vrese begrawe.

Lolla-liefde

NS:  het jy al na Judy Dench se 2017 film “My Passion for Trees” gekyk?  As jy lief is vir bome (en/of vir Shakespear) kan jy gerus ‘n uur hieraan afstaan.  

Hierdie ou grote het dalk nie ‘n hartklop of frekwensie nie maar hy het my steeds laat glimlag, laat stop om ‘n fototjie te neem. En vir nou is Kersfeestyd vir ‘n rukkie eers verby.

Oujaar & Nuwejaar

Tyd om nuwe drome op te gaar
Om in waterstrome en onder bome te baljaar
Tyd vir ballonne, musiek en drome
Tyd vir liefhe, gesond wees en nuwe patrone

Twintig-Een-en-Twintig was ‘n vol jaar. ‘n Vinnige 12 maande. Daar is geen manier om die suksesse en die seer van ‘n spesifieke periode te meet nie. Maar ek dink dis veilig om te konkludeer dat 2021 ‘n emosionele, grootliks gagga en mega-moeilike tyd vir baie mense was. Natuurlik is daar altyd sonskynoomblikke, maar ek lei af van vele gedeelde gevoellens op sosiale media en gesprekke dat ons 2021 in die vullisdrom kan wegbere.

Die jaar wat was, was vir my gevul met gevoellens en belewenisse wat sekerlik die hele spektrum van emosies kan dek. Tuinwerk, my eie kompos maak, meer blomme in my huis en tuin as ooit tevore. Pure lekkerte. Te midde van versigtigheid oor hoe om die “groot gogga” te navigeer en te onduik was daar steeds ‘n paar spesiale girls oomblikke. Kuiers saam met vriendinne op ‘n Vrystaatplaas waar van ons in ‘n watervalpoel geswem het. Hier het ‘n maat se mooi sonhoed wat met 2 botteltjies gin ewe gaaf van bo-af vir ons gegooi is soos mis voor die son onder die water verdwyn, vir ewig en altyd. Vroeg in die jaar het my gesondheid begin skewe draaie draai toe ek ‘n moontlike kwaadaardige groeisel moes laat uitsny. Als het tog mooi uitgewerk.

20-1-en-20 was gepak met kosmosse (velde en velde vol), tuisgemaakte bierbrousels, wolke (‘n persoonlike passie waaroor ek nog gereeld sal blog), reenboeë, ‘n bibberkoue winter, vals naels en vals hare (ek sit nooit weer tape extensions in my hare nie!) Ek en Ingelsman was twee maal Kaap toe, wat ‘n blessing. Besoeke aan natuurreservate met wonderlike sightings van diere and plante – Moeder Natuur op haar heel beste. Daar was ook baie trane en hart-seer oomblikke. Verliese. Maats wat nie meer saam ons hier op aarde is nie. Afskeid van ‘n hartsvriendin. Te min tyd saam my twee hartskinners. ‘n Sus se seer. Vriende en vriendinne wat swaar trek. Teveel aanlyn vaarwels. 2-0-2-1 was ‘n eina jaar!

‘n Reenboog van ons stoep af geneem in Oktober 2021 na ‘n propperse hoëveld donderstorm.
Rus sag my Sonneblom-maat

En so is dit 2022 – ‘n wonderlike nuwe vooruitsig. Eintlik maar net nog ‘n dag. En tog ook nie. Want elke nuwe dag is ‘n nuwe kans. Verseker nie altyd maklik nie, maar sekerlik tog ‘n seening. Nuwe Hoop. Nuwe Kanse.

Ek is propvol planne en drome vir die volgende 12 maande (en dan nog so bietjie !knipoog!) Een daarvan is om aan te hou skryf, meer te skryf – om hierdie passie van my te laat werk, te laat groei. Om dit te geniet en hopelik dalk selfs te floreer. Dalk kan ek tog daai boek klaarmaak. Daar is soveel om te doen. Soveel om te leef. Tans werk ek aan ‘n blog inskrywing oor ‘n ander passie, een wat my nou besig het met navorsing, oplees, leer. Bome. Hou die spasie dop!

Mooiste Wilgerboom langs ‘n Rietvlei waterstoom.
Ek het ‘n intense passie vir die natuur – bome hou soveel geheime.
My hart kry doepa in die natuur.


Mag ons elkeen ons eie plekkie in die son vind
Mag ons bly drome droom soos ‘n kind
Mag ons dae lig wees en ons paaie sonder teveel slaggate
Mag ons liefde vind al is liefde soms blind
Mag ons elke dag vier, op jou eie manier
Mag ons nie die belangrike kanse miskyk
en teveel verkeerde keuses maak nie
Mag ons opstaan wanneer ons val en
ander optel in die oomblikke wanneer hulle nie self kan nie
Mag ons minder van ons wees en meer van Jesus
Mag ons nie ons uniekheid en andersgeit prysgee ter wille
van ander se giere en geite nie
En mag ons aan die einde van die volgende 365 dae vir mekaar
knipoog en saam die volgende nuwe-hoop-siklus aanpak.

Voorspoedige Nuwe Jaar
Met Lollabolla-liefde

Blydskap is … (“Happiness Is”)

Hoop
Reendruppels
Wolke, Wind
Blomme
Kaalvoet loop
Boozy jams 🙂
Sonsopkomste & -ondergange
Lekker lag
Deernis
Opregtheid
Egtheid
Honnekinners
Omgeemense
Somer & Son
Plante wat groei
‘n Tuin vol kleur
‘n Huis vol liefde & warmte
Drome
‘n Gees wat nie opgee nie

Frangipani (‘n persoonlike gunsteling)

Vriende(inne)
Boodskappies
Gawes
Kleurvolle liggies
Waatlemoen
Lees
Lag
Nuwe oggende
Belewenisse

Wille Darling Sonneblommetjies

Kleur
Geure
Strelende klanke (golwe, musiek, voëltjies wat sing …)
Tuisgemaakte mengeldrankies

Nuwe dag, Nuwe dinge

Lappoppe
Kunstige mense
Kiekies
Wiele wat rol na nuwe, opwindende bestemmings (roadtrips)
Spagetti & maalvleis
Swem
Sing (al is dit vals)
Om hartsmense gelukkig en tevrede te sien
Goeie nuus
Liefde

Wat kyk jy, huh?

Vrede & Vreugde
Vasbyt & Deursettingsvermoë
Geduld
Genade

My hart glo dat hierdie lysie is nimmereindigend. Wat maak jou bly/gelukkig?

Mixed Feelings

Disappointed
Slightly anxious
Maybe a bit frustrated...
And by the end of writing this, disgusted.
Rain in the Karoo

Some decent rain falling here in the Central Karoo (grateful). Been stuck in backed-up traffic twice. Sad to see accidents along the way. Also sad to see the chaos on and the mess next to our roads. Not to even mention the filthy public restrooms. 😒😕😟☹️

Misty Mountains

Traveling nationaly in December – not a good idea!

Lolla’s life-tip : Travel Light!

So writing this post and a nice toasted chicken mayo sarmie has lifted the sombre mood slightly. Still a long way to go, but looking forward to sleeping in my own bed tonight.

It’s maybe not the best of days. With the rest of our December holiday plans being uprooted and an unplanned 15+ hour drive back home. But, it’s not all doom and gloom. There’s lots to be thankful for. And that is exactly what I shall be focussing on.

Hugs, love and light. Take care, travel safe. Be considerate and remember, #dontbeamoegoe.

Long Drives

Good Morning

Last stretch of our trip to the coast. We have a wide variety of music (went from Usher to The Singing Nun, Journey & Status Quo) and the brisk morning air is quite invigorating.

Karoo Sunrise

Today is going to be a good day.

Interesting facts & history: According to Wikipedia, Leeu Gamka was established towards the 1870s, initially called Bitterwater. Some of the buildings in town was used as a hospital for British soldiers during the Anglo Boer War (1899-1902).

#Blessed

Okay, that’s it for now. Later.

‘n Kakkerige Begin ….

Vir maande nou al sien ek (ons) uit na ‘n baie spesiale Desember vakansie. Vir my wink dit soos ‘n soete lafenis na ‘n uiterse uitdagende jaar vir my fisiese gesondheid. So nodeloos om te sê ek kon behoorlik skaars wag om te sê “Ek is op Verlof”! En so, na ‘n laaste naweek se volstoom werk, breek die dag toe aan. My eerste dag van inlê, sonsit, koekies bak en laaste pakkery voor die lang reis kus toe. Of toe nie.

So saam met die laaste naweek van werk en ‘n reeds-langer-as-‘n-week se griep kom die groot spuitpoep ook. Man, sommer in golwe. Het jy al geknyp dat jou boudspiere jou bobeenspiere in ‘n skrum bymekaartrek totdat jou kuite se kiewe lyk soos iemand wat ‘n outydse suurklontjie raakgebyt het. Saterdag – nag nommer 1. Ek word Sondagoggend wakker in ‘n plas sweet, my lyf so seer dat ek met moeite beweeg. Teen vroegmiddag is ek gedaan van niks binne-hou nie en die naargeit keer dat enige reserwes opgebou word. Nog ‘n nag van koorssweet terwyl ek bibberbewe en Maandag, oggend nommer 2 – weer ‘n plas sweet op die laken waar my lyf gelê het. Stort. Droog aantrek. Swart tee drink. Dis ‘n aaklige aardigheid.

Photo by Anna Tarazevich on Pexels.com

Sonder om hierdie storie nou onnodig lank uit te rek ….. dis ampertjies tyd om ons tasse in die kattebak te gooi vir ‘n broodnodige rustyd. Dit kan seepglad verloop of skuit-skuit die bult uit. ‘n Droog stukkie roosterbrood en paar slukkies ‘siekwees-koeldrank’ bly nou al ‘n rukkie binne en daar is hoop. Met ‘n bietjie geluk sal ek more genoeg oemf terug hê om klaar te pak. En met nog bietjie meer geluk sal daar geen onvoorsiene onaangename gebeurtenisse langs die pad plaasvind nie. (As julle tussen Gauteng en die Wes-Kaap ‘n klein wit tjorrie na ‘n redelike kort paar briekstrepe skuins langs die pad sien staan, kyk maar doer in die verte en hou verby….. ons sal volgende keer twee maal groet.)