‘n Waternat Woensdag. Van vroegoggend al lekker bewolk en donker.


Die liggies het ‘n bekoring, nes die klank van die reën wat buite val. Dis amper asof mens die heelal se vibrasies duideliker aanvoel.
My week is stadig, sleepvoet. Kop en lyf is futloos en vuisvoos. Behalwe vir die pyn regdeur my lyf, soos duisende rooimiere wat werskaf voor ‘n ekstra lang hibernasie, is ek van kakebak tot hier diep onder in my onnerste boudspier geknop. ‘n Spasma van olimpiese proporsies. Die dofmoegkop bly mooi en gelukkige gedagtes opgrawe. En tog is hierdie diep-in-my-diepmoeg ‘n taai teenstander.




So, ten spyte van die moeg en die seer is my hart dankbaar en warm. Groot liefde vir die reën en wind. Verbeel ek my dan nou dat ‘n lekker beker tee my hartsnare gaan kielie. Laat ek loop planmaak.
Mag die koppie tee jou hartsnare inderdaad gekielie het.
LikeLike
😊 Dit het inderdaad. Lekker aand Una.
LikeLike
Nie seker hoekom ek hier as Someone wys nie. Lyk my en het nog ‘n paar dinge om te leer.
LikeLike
Pragtig, pragtige titel ook. Trek mens dadelik in.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Christa xx
LikeLiked by 1 person
Ek glo daai spasma is nou al iets van die verlede….jou liggies is mooi
LikeLiked by 1 person
Hi daar. Nee jong die spasma klou. Maar ons is mos gebou om te hou so ek kap aan. Dankie – ek lief my liggies. Het hulle oral in ons huis. Mooi dag.
LikeLike
Eish…jy het my simpatie. Ek weet van pyn elke dag. Vertrou dit sal gou beter gaan
LikeLiked by 1 person
Groot waardering.
LikeLike