Moddertone

Gisteroggend skop ek die jaar se sosiale kalender af met ‘n ontbyt en spa-behandeling saam met ‘n spesiale meisiekind.

Ons stop eers by ‘n plaaslike plekkie waar jy ontbyt bestel langs ‘n meer. Dis veel besiger as die laaste paar weke – ek vermoed die Desember vakansiegangers is nou in hulle hordes tuis. Die stoeptafeltjies is almal vol. Ons mik sommer dadelik na ‘n alleentafel in die middel van die groot grasperk, terwyl ons, nog op die grondpad waar ons parkeer het, tussen modderpoele groottrap.

‘n Kelner kom met swaaiende arms aangehardloop. Ek wonder nog ewe wat gaan aan, toe ek so twee tree verder op die gras in die modder begin sink. Onmiddellik besef ons dis hoekom almal op die stoepie en plaveisel sit. Die hele grasperk is ‘n modderpoel. Nou weet ek hoekom die jong man in die donker uniform ons probeer stop het. Ons besluit egter ons bly net hier op die grasperk. Hy glimlag en knik ook “ja”, hy is reg met die natplasgras as ons is. Natuurlik is ons. Ek trek my nat skoene uit en loop kalvoet tot by die tafeltjie.

Alles om ons is helder en skoon. Die baie re├źn van die laaste tyd het ‘n vernuwende uitwerking op veral die natuur gehad. Ek sien toe eers hoe vol die meer is. Ons eet heerlik ontbyt op ons eie terwyl die modder tussen my tone deursuipel. Pure lekkerte.

Moddervoetegoete
Die baie water maak dammetjies en plassies oral

Terug in die kar moet ek eers die moddervoete met wet-wipes bykom voordat ons 5 minute later by die spa aanmeld. ‘n Heerlike nek en rugmasering en toe ‘n voetbehandeling waar die moddervoeties in warm water skoongeskrop is.

Dis was ‘n heerlike Saterdagoggend. Ek is reg vir die nuwe week.

Moddervoete-groete