Lolla’s Blog

When all else fails 🎶

We all get those days when it feels we are not ready to face what life throws at us.

Within the millions and billions of motivational quotes, books, TED talks, memes etc there seems to be answers for just about any challenge you could encounter. Not so?

But there’s a special remedy for those super yukkie days when very little makes sense. If all else fails – Music!

Bietjie-Bietjie Maak Baie

Daar is dikwels oomblikke van saligheid & rus – maar jy moet uitkyk om hulle raak te sien

‘n Wyse man het eens gesê “Bietjie Bietjie maak baie”. Ons kort elke dag net stukkies Genade en Geloof om aan te gaan en selfs by tye te floreer.

Vandag se stukkie raad: fokus op hier, nou, op dit wat jy wel het. As die nou nie te blink klink en lyk nie, hou vas aan gister se mooi en more se belofte.

Byt vas!
Geniet!
#youcandothis

Want ‘n klomp klein bietjies is uiteindelik genoeg.

~~~ xXx ~~~

Klippies

Sommiges trek na mekaar. Meeste glad nie. Elkeen sy eie mooi. Rondes, gladdes, stukkendes, blinkes, vuiles. Party is vol gate. Ander perfek, glad geskaaf deur die natuur. Sekere klippies het mooi, kleurvolle buitekante, party is hol aan die binnekant.

Gaan tel vandag ‘n handvol klippies op …. jy sal jou kan verlustig in die reenboog van kleure, of dalk net die blote andersgeit van elke ene. Van hierdie klippies was waarskynlik eens deel van ‘n groter klip, selfs ‘n rots. Gemaal, gegooi, op getrap, lekker bygekom deur die lewe se dinge.

‘n Klip teen die kop kan groot skade doen. Vra my ….. ek en kleinsus het kleintyd bakstene ontdek toe ons vies was vir mekaar. Was toe nie net die oorlogswonde wat na die tyd gebrand het, want Pa het nie sommer geslaan nie maar daai was een van die kere wat ons goed gelooi was.

Die ding is, ons is almal maar net klippies. Met ons eie stories vol triomf en tragedie. En tog is elke klippie op sy eie manier mooi, en waardevol. Om die right-fit klippies vir jou klippiespad te kies kan ‘n hengse verskil maak hoe jou dag-tot-dag-dinge uitdraai.

‘n Handvol Klippies

Ek fêncy nogal die verskeidenheid klippies in my lewe …