Wanneer mens op ‘n self-opgelegte tipe Sabbatical is, dis nou die soort sonder verwagtinge en vereistes, ‘n breek, ‘n asemskep. Dan maak mens tyd vir asemskep. Want asem skep nie homself nie. Asem is eintlik ‘n slinkse knaap. Jy dink jy gaap nog dan trek Asem al doer om die volgende hoek. Nes sit-en-staan niks gedoen kry nie, verg gesondword en heelword ook doelbewuste werk. En soms is niksdoen en rus harder werk as harde werk.
Ek het hierdie jaar die vaardigheid ontdek om te “Bubble”. Verseker sal daar baie sinonieme vir my ge-Bubble-lary wees, maar so het ek die gedoente nou gedoop. Eers het ek gesukkel om te Bubble, maar ek raak al meer vernuftig hiermee. Dryf met my hart en my kop maar sonder my lyf (meestal) na plekke waar net ek kan uitkom. Waar die water helderder is en die lug skoner. Maar belangrikste van als, waar die geraas van hierdie wereld stilraak.
Natuurlik vereis Bubble ook ‘n goeie begrip en toepassing van balans. Want teveel Bubble kan beslis ook nie goed wees nie. Tog is ek tans heel gelukkig om te Bubble wanneer ek so goeddink. En dit, reken ek, is deel van my menswees-hier-op-aarde oorlewingsstrategie.
Een van die groot lesse wat die lewe my deur my persoonlike ervaringe geleer het is dat mens rerig nooit nooit ooit moet nooit sê nie. So het die holrug never say never ‘n herhaalde tema in my lewenssiklus (nee, nie sirkus nie) geword. En ek sal aanhou met oortuiging afraai dat mens moet glo dat sekere goete nooit sal gebeur nie. Want Nooit en al sy voor- en nasate is langer as vir-ewig. Nooit is eintlik net ‘n gat vol niks en nêrens.
Nooit sal ek ooit weer Sê nooit nie, want Nooit het toe nooit gebeur nie Nooit raak toe alte gereeld 'anything is possible' en kom haal 'n ingebore hooitie tooitiegeit uit my uit
Hierdie Afrikaanse meisiekind raak groot in ‘n redelike gewone Afrikaanse huisgesin. Waar daar boeretroos gedrink word, pap met botter en wors gebrekfis word, soggens en saans en voor etes gebid word en boks en rugby geluister en gekyk word. Sokker was nie regtig deel van my verwysingsraamwerk toe ek jonk en jonger was nie. Dié sport was vir my half volksvreemd, iets waarvan ek bewus was, maar amper soos mens bewus raak van praatjies oor Vreemde Vlieende Goeters (VVGs). En ek sou selfs so ver gaan om te sê “Nee wat, sokker is nie vir my nie. Ek ken in elk geval nie die reels nie. Uhuh, nee dankie dis nou een sport wat ek nooit sal volg nie.”
Ggghhh!!! So kom klop Nooit een dag so paar jaar terug aan my deur (ook nie die 1ste keer nie) en hy/sy het sommer net vir effek al die Nooit niggies en neefs saamgebring. Hulle lyk almal so half gekrok en mank, asof hulle die verloorders in ‘n hengse onderonsie was. Nooit kyk my van aangesig tot aangesig en fluister …. Deksels, niks hou ooit vir altyd nie ……
Toe ek die Ingelsman in 2019 ontmoet besef ek gou hierdie boorling van Newcastle Upon Tyne in die noorde van Ingelsmanland is nie ‘n rugbyman nie. Nee, hy is ‘n groot ondersteuner van football. Die Magpie’s. Aanvanklik sou ek nie saamkyk of kon saamgesels nie. Maar toe, op ‘n dag, kry ek myself saam gil vir die manne in swart en wit, en ek weet toe hoekom die Nooit-familie so defeated gelyk het.
Ek was heeltemal verkeerd om te glo, met oortuiging, dat sokker nooit as te nimmer ‘n plekkie in my lewe sou hê nie. Op my selfoon se tuisskerm is daar ‘n spasie waar nuus oor die Premier Liga (wat komende naweek afskop) deurgans opdateer. Ek kan redelik saamgesels, oor name soos Joelinton, Saint Maximin, Almiron en Bruno. Ek ken steeds nie die reels nie maar weet al wanneer om saam met my Ingelsman te juig (en wanneer om te swets).
Steeds verkyk ek myself aan sommige van die spelers wat dramaties teatraal neerval, rol en dan bly lê na die geringste kontak. Wanneer The Blaydon Races weergalm deur St James’ Park sing ek uit volle bors saam.
Sou ek dit ooit geglo het, toe ek nog geglo het dat nooit rerig nooit sou wees. Dat nooit soms die verpersoonliking is van onskuldige onkunde. Nooit, ek sou nie. Maar Nooit het vir Nooit, en vir my, verkeerd bewys, ne.
Aa went to Blaydon Races, 'twas on the ninth of Joon, Eiteen hundred an' sixty-two, on a summer's afternoon; Aa tyuk the 'bus frae Balmbra's, an' she wis heavy laden, Away we went 'lang Collingwood Street, that's on the road to Blaydon.
Oh! me lads, ye shud a' seen w'us gannin, Passin' the folks along the road just as they were stannin'. Aal the lads and lasses there, aal wi' smiling faces, Gannin' along the Scotswood Road to see the Blaydon Races.
... ...
Om op te som: nooit ooit weer sê ek ek sal nooit nie. Why-aye, man.
Ek het aanvanklik ‘n skakel hier ingesit na ‘n video van The Blaydon Races maar dit werk nie. Gaan loer gerus op YouTube en luister hierdie lekker folk-song.
Iewers in Suid-Afrika is daar ‘n denkbeeldige (‘wink-wink’) dorpie met die naam Rebusfontein. Die fabelagtigste plekkie vol kleur en all things weird and wonderful.
Hier woon die Goue Vroue. Nie permanent nie – Rebus is meer ‘n ontvlugtings- en avontuur dorpie, waar die diere in universele dieretaal kommunikeer. Hier kuier die Goue Vroue dat die biesies bewe, trane en lag word in oorvloed gedeel en soms is dit net stil. Hier is enigiemand welkom – enige tyd.
Die mooiste, fynste blommetjies in Lolla se Rebustuin ‘n Nagportret van die nuwe huisie op Rebus
Lolla voel geëerd om deel te wees van hierdie ongelooflike groepie vroue. Hulle het die nuweling warm omarm en welkom laat voel. Maar tog, al staan Lolla se huisie gereed vir die nuwe intrekker sal dit nog ‘n tydjie neem voor sy oor die drumpel huppel. Sien, die Goue Vroue is alweer midde-in ‘n avontuur. Almal besig om seker te maak Scrapy kan weer saam met die res hier op Rebus kom rustig raak.
Lolla se huisie staan teen die berg se voet. Dis ‘n klein huisie met min goete in. Wel kleurvolle flaggies en baie helder liggies oral opgehang. Daar is ‘n houtdek langs die huis vanwaar jy in die helder rotspoelwater kan inspring en tot by ‘n groot waterval swem. Oral om die huisie pronk reusesonneblomme heel jaar, en daar is ‘n groot verskeidenheid bome. Lolla se gunsteling boom is die ene vol helder gekleurde bloeisels waaraan daar heel jaar spookasem en stokkielekkers groei. En die beste van alles (@Toortsie) is dat hierdie soet njummievrugte geen suiker bevat nie.
Let me tell you a little bit more about yesterday’s Wordless Wednesday (a blog photo challenge I often take part in) photos.
The first photo of the four different colour handbags (Naamloos Platteland) on the tiny chairs in front of a lavender hedge was taken by myself at a local coffee shop this past Saturday. Me and three of my dearest friends met up for a long overdue coffee-&-cake morning and had some fun taking marketing pics of the bags as Marlene sells them. True and behold, the bags cought a few eyes. Time spent with friends is always a blessing.
Photos number 2 and 3 showed some very dark and heavy clouds rolling in to Kempton Park on Tuesday afternoon, bringing with it a significant drop in temperatures. Clouds – as many other natural phenomena – is a huge passion of mine. I am convinced that I must have hundreds of thousands of cloud pictures in my archives.
Photo 4 has been edited and filtered somewhat. It is a picture of a very large tree in the yard behind us, with only the slightest hint of the very bright pastel rainbow which decorated the icy cold morning skies behind it. The two pictures (5 & 6) which followed shows the same winter-clad tree with a meeting of birds (doves). I wonder if they were discussing ….. krrrr krrrr …. the ongoing electricity crisis.
The 7th photo showcases some of the tiny but beautiful flowers in my garden, planted from seed in summer. This is followed by a silhoutte photo of an ostrich captured at a local nature reserve this past Sunday. I personally love this picture. Followed by more tiny white flowers (picture filtered) and then sunlight through two trees and a gravel road.
Photo 11 as well as the last two photos in this specific collection were all taken in the same nature reserve mentioned earlier. This is one of my favourite places.
Kestrel power station on the East Rand of Johannesburg is shown against the backdrop of bright blue winter skies. Variety is the spice of life, and something different is welcome – don’t you think? These are followed by some seashells and another birdie in the same big tree.
Thank you so much for each and every one of you who loves, likes and comments on my photos. Till next time.
Sommer net ‘n random voeltjie prentjie uit my argiewe
Vandag was ‘n goeie dag. Al het ek ekstra koud gekry en heel middag met ‘n verwarmer in my ‘kantoor’ gesit.
Ek het uiteindelik my grys en swart serp klaar gebrei. My breiwerk is voetstoots. Ten spyte van ‘n ma wat baie handig en vlytig was en twee sussies wat beide die gawe ge-erf het, kom brei en hekel met redelike moeite na my toe. Ek het seker maar net anders geleer. Bennie ons buurseun toe ek seker so 11 jaar oud was, was die enigste een wat my kon leer brei. Breinaalde sowel as hekelpenne word op my eie manier vasgehou. Die tempo waarteen ek dus enigiets klaarmaak verskil aansienlik van enige ander breisters of hakkers wat ek ken. So het ek destyds sewe (ja, 7!!) jaar lank aan ‘n kniekombersie gehekel.
Die chiropraktisyn-besoek eergister het goed afgeloop. Dis ‘n annerste affêre. Ek is nie juis klein en tingerig nie. Die behandeling waar my nek, skouers, rug tot in my boude bewerk word, laat my vuisies bal en oge toeknyp om die trane te keer. Maar ek het alle vertroue dat dit my gaan help. Vir nou mik ons om my stokstyf lyf vol knoppe net weer los genoeg en so pynloos as moontlik te kry. En dan vandaar – maintenance. Gister het ek seer en gekneus gevoel. Vandag is ek, ten spyte van my ligte strekoefeninge en spiere warm hou, stok-stok-styf. Soveel so dat ek hoe later die dag loop, met al meer moeite beweeg. (Ek klae nie, ek vertel net….) Soos sy sê, die skade is van so ‘n aard dat dit waarskynlik al meer my mobiliteit kan beinvloed. Die tekens is duidelik daar. Strekoefeninge so saam met ‘n paar ander volgehoue, daaglikse aanpassings gaan vir my soos asemhaal moet word. Use it, or loose it. Maar moet netnie teveel use nie, want dit maak weer ander dinge wakker en die bose kringloop spiraal net aan en aan en aan. Dit klink nou soos ‘n veralgemening en ek bedoel dit nie so nie, maar ek reken dikwels is diagnoses bloot gebaseer op dit wat in die oomblik voor die hand liggend is. So wonder ek nou al vir jare, maar nou ook die Chiro-dame saam met my, hoeveel van wat nou met my gebeur gewortel is in daardie raakry ongeluk waarin ek destyds op skool aan my regterkant deur die jagende kar getref is, deur die lig getrek het en hard met die aarde kennis gemaak het. Maar, die skade is gedoen, en die lyf werk tog nog verbasend goed (#dankbaar). As ek ‘n paar glasies Jagermeister drink so dan en wan kan ek selfs jippe skud en die flenterslyf hula hoop nog te lekker. Vanaand is ‘n warm bad met Engelse-sout en vroeg inkruip my voorland – heerlik. En vroeg Maandagoggend gaan ek terug vir my volgende behandeling.
Verder het ek vanoggend lekker wolle aanlyn aangekoop. Susanna se kopband moet, soos belowe, gehekel word. En ek het Eenheid 2 van my TEFL studies suksesvol afgehandel, gaan moet spoed optel. Aanlyn brosjures vir die twee immergewilde reekse wat ek onlangs weer begin verkoop het, is uitgestuur. Ek het vir ‘n ruk lekker in die son gesit vroeer. Van my voorneme om vandag slegs vrugte te eet het daar toe ongelukkig nie veel gekom nie …. die 3 bloubessies wat ek vanoggend gepeusel het was toe ook al vrugte vir die dag.
En vir nou is dit al. Groete hier van my kant af, tot volgende keer.
While I mostly write in Afrikaans I will from time-to-time also post in English. I share my own story, my life, my thoughts, fears, dreams through my writing. Often I share too easily, which is certainly not always wise – especially in a world where you are quickly judged and labelled.
My once very thin skin has grown thicker and stronger over time and through experience. So, as long as I do what I love, i.e. write, and I have people who find value or entertainment in what I have to say, I will continue to share ME. For this reason, my blog posts are more often than not written from a “Me or I” perspective. This does not mean I am always right, or know best. Not at all. There is no added agenda’s behind my writing. It is part of who I am.
As I learn more about blogging (although I currently find myself in a bit of a slump) I hope to reach more people. Sharing laughter, love and kindness but also talking about our realities are some of my objectives with my posts. And to write – keep on writing as if it is part of my every breath.
LollaseKiekies – my love for all things beautiful A recent photo taking of the Langebaan lagoon from within the Westcoast National Park
So …… do what you love first, and then do what you must
Die Goue Vroue is ń groepie bloggers wat saam aan spesiale stories skryf. Indien jy mettertyd al die skrywes saam wil lees, en wil uitvind hoe die Goue Vroue beland waar hulle nou is, gaan loer in op die link:https://fresh.inlinkz.com/party/a844ec34c0574957a27ccdce16e2a94d
Sonell se gille weergalm deur die lug terwyl Ursula haar heen-en-weer swaai. Die Goue Vroue staan verstar die petalje en dophou. Una en Camilla klou aan mekaar vas terwyl hulle oë vasgenael bly waar Sonell woes rondgeswaai word. Appeltjie het weer flou geval en lê in ‘n bondeltjie langs Aalsie se voete.
“Woordnoot, gooi vir my nog ‘n paar broodjies” skree Aalsie na waar Woordnoot op die boonste dek met haar arms om die mandjie met Frannie se broodjies staan. En dan, in Sonell se rigting: “Hou net vas sussa, hou net vaaaaaas.”.
Nadat Aalsie ‘n klomp broodjies vol slaappille gepak het, gooi sy dit in die rigting van die groot seekat se oop mond. Ursula begin smul aan die mondvol broodjies en toe sy hulle sluk en die bitter van die pille proe, vertrek haar gesig in ‘n gruwelike uitdrukking. Sonell word sonder meer laat los en val met ‘n harde doef op die dek neer. Frannie en Seegogga begin in Sonell se rigting hardloop om te gaan help maar die volgende oomblik deins die seiljag skerp na links en die passasiers rol almal tot teenaan die kant van die boot. Ursula het woedend met een reuse tentakel op die water geslaan en amper die jag omgegooi. Die vaartuig dobber heen en weer in die golwe wat die seekat veroorsaak het. Almal aan boord probeer nog tot verhaal kom toe daar ‘n oorverdowende trompetter geskal oor die water weerklink. In ‘n oogwink verdwyn die seeheks in die donker water.
Die Goue Vroue beweeg vinnig na die kant van die seiljag en sien in die verte hoe Athena se dolfyne aangeswem kom. Dis ‘n aanskoulike prentjie wat voor die skare op die boot afspeel. Heel voor swem twee enorme Orkas, gevleuel aan beide kante deur ‘n skool van om-en-by twaalf spierwit Beluga walvisse. Laasgenoemde is beter bekend as die see-kanarie aangesien hulle ‘n wye reeks geluide vokaliseer, onder andere ‘n vrolike gekwetter wat soos ‘n kanarie klink. Agter die groter walvisreuse swem ‘n silwer skool bottelneus dolfyne.
Lorenzo uiter ‘n verbaasde “MAMMA MIA” en skielik is almal se aandag weer by wat sopas op die dek afgespeel het. Ursula is nou spoorloos. Lorenzo staan besorgd met sy arms om Camilla wat asvaal geskrik is. Toortsie fynkam die boot opsoek na Athena. Sy merk haar ‘n entjie verder weg op waar sy op ‘n bankie sit. Langs haar die jong, aantreklike skeepskaptein.
“Julle, kyk daar!” beduie Toortsie vir die res. “Die man lyk dan heeltemal verlief.” Lolla gee ‘n proes soos sy probeer om nie te giggel nie. “Skies, maar jinne julle die man lyk dan skoon simpel, sy oë gaan uitval as hy nie passop nie.” Maar voor enigeen hierop kan reageer, dawer die diep trompetklank weer en die Goue Vroue draai blitsig in die rigting waar die walvisse nou ‘n pad oopmaak vir Triton wat blitsig in die rigting van die seiljag swem. Om hom is die water helder verlig, asof hy sy aankoms in die kollig wil aankondig.
Christa besef wat besig is om te gebeur en gaan oor in aksie.
“Reg so dames – daar is nie nou tyd vir skanier of laat spaander nie. Ons plan kort ‘n kinkeltjie aangesien Lorenzo nou op sy geliefde Camilla fokus en Kaptein Jakob Spreeu net oë het vir Athena. Perfek, eintlik. Kom ons kyk hoe Triton gaan reageer.”
Frannie loer in Appeltjie se rigting wat darm nou weer bietjie kleur op haar wange het. “Appeltjie, waar’s jou kamera? Hier kom ‘n ding.”
Ekmyself stamp aan Lolla en met ogies wat glinster beduie sy: “Die manvis is darm mooi, of hoe Lolla? Kyk net sy goudbruin bolyf!” Lolla staar met groot oë na Triton wat nou halflyf bo die water tot stilstand gekom het terwyl hy na die klomp of die Golden Dream kyk met ‘n groot frons tussen sy sjokoladebruin kykers. Om sy gespierde brons borskas hang ‘n seewiertou waaraan die groot geraasskulp hang.
In ‘n diep, suiwer stem vra Triton: “Waar is Athena.” Trommeltjie wys eerste na die bankie waar die seekaptein nou sy hande om Athena se hande gevou het. Hy spring egter gou regop toe hy oogkontak maak met Triton. Athena kyk oor haar skouer en spring opgewonde regop – “Ooh, Triton, dankie tog jy is hier” roep sy uit terwyl sy in sy rigting hardloop. VirgoC en Kameel probeer nog keer maar met een groot sprong spring Athena rats oorboord, reg in Triton se arms in. Die twee kyk na mekaar en dis asof hulle mekaar vir die heel eerste keer sien. Triton se oë rus nou liefdevol in Athena se blou oë en hy trek haar nog ‘n bietjie stywer teen hom vas. Die groep walvisse sing in hul verskillende dialekte en sonder meer breek daar luide applous uit van die seiljag se kant af.
Lorenzo neurie in sy gebroke Engels –
Feela de beat from de tambourine, oh yeah You can dance You can jive Having de time of your life Ooh, see dat girl Watch dat scene Digging de dancing queen
Seegogga klink misterieus toe sy iets mompel van ‘n plot op ‘n plaas. Lolla, die nuutste Gouevrou en die enigste een sonder ‘n buffie om haar nek, stamp liggies met haar elmboog teen Toortsie, knik in haar rigting en vra: “Toortsie, hoe lyk dit, kan ek ook nou ‘n buffie kry, hhm?”
Weer word die passasiers tot stilstand gebring deur ‘n donderende geruis. Op die horison verskyn daar ‘n skrikwekkende, groot tsunami-golf. Die watermassa kom teen ‘n spoed in die rigting van die Golden Dream aangedruis. Poseidon se baritonstem stuig bo die vloedgolf se geraas uit – “Gevaar! Triton, jy moet help Seun!”