Moegkop Inloer

Dis Maandag. ‘n Magtige dag, ene wat met vele mense se koppe en harte mors. En tog so vol geleentheid en kanse.
Vandag is Internasionale Moedertaaldag. En ek is diep lief vir Afrikaans. Ek wens ook heimlik ek was meer tale magtig.
Dis donker in die huis, so asof die reenwolke weer buite saampak.
Dis lank vandat ek laas ‘n sinvolle, behoorlike stuk geskryf het – ‘n skryfstuk met lyf.
My 50ste verjaarsdagviering was heerlik. Ek sal nog graag ‘n paar fotos hier deel. Ek kort net energie. My woema is wraggies weer weg.
Februarie snel ten einde en ek is steeds verwonderd oor hoe flietend die lewe is.
Skoonouers kom kuier vir ‘n paar weke, land ongeveer nou met die grootvlerkstaalvoΓ«ltuig.
Hoeveel van julle het al rerige groot, lewensveranderende besluite gemaak – bangmaak skrikbesluite vol belofte van beter more’s? En hoe het dit vir jou uitgewerk? (Una, ek moet juis bietjie opvang met hoe dinge daar by jou gaan.)
My kop is besig maar my lyf is moeg en my asem is min. Die honde se geblaf is vanmiddag so half ‘n foltering. Dat twee klein worslyfies sulke moerse groot stemme kan hΓͺ. Ntsssh.
Genoeg vir nou.
Ek loer gou weer in met stories en kiekies.

Lolla-groete

ReΓ«n ReΓ«n lieflike reen

Ons almal weet; drink baie water. Water gee lewe. Mens, dier en plant is afhanklik van water om te oorleef.

Ek is nog altyd ‘n propperse Waterdraer. Met ‘n diep liefde en groot respek vir water. Die skoon, vars smaak van water (let wel ek drink nou slegs die gefilterde soort), die gevoel van water op my vel hetsy stort-, waterval-, reenwater. Die klank van reΓ«n of die vars reuk na ‘n donderstorm.

Maar skielik hier in twintig-twee-en-twintig begin ek effe ongemaklik voel wanneer die wolke weereens begin woel. Die aarde is oorversadig en nou begin water herwaarts en derwaarts lewens eis, en nie net gee nie. Al meer beelde op sosiale media waar donderende modderbruin watermassas brΓ»e oorstroom, voertuie en lewende hawe meesleur. Berigte oor vermiste mense. Oorweldigend.

Daar is iets magies en onverstaanbaar aan Moeder Natuur. So asof sy ons vir ‘n wyle tot stilstand wil ruk sodat ons kan onthou dat ons nie aldag so slim is soos ons reken ons is nie. β›ˆοΈ

Ek tog, selfs ten spyte van die skrikwekkende krag en impak van ons huidige hoΓ« reΓ«nval, maak dit my hart steeds warm elke keer as die druppels buite begin val. Dis asof daar iets troostend en sag in elke reΓ«nval is. ‘n SeΓ«ning en ook ‘n vloek. Goed Γ©n sleg.

Buite skyn die son helder. Die lug het ‘n ysige koel byt en my weertoep wys son prentjies met wolke voor. Deur die week is daar grys reenwolkies, een met ‘n 80% gemerk. My kop dink: leef in die oomblik, bid en bly glo, God is in beheer. En ek kan nie help om uit te sien na die volgende bui reΓ«n wat my tuin gaan kom voed en waar ek weet kaalpoot in die plasse kan gaan speel nie.

Wanneer Jy wil Blog maar tyd is min …

Julle!!!!

My hooivurk is oorvol.
Dis Februarie – my verjaarsdagmaand. 50 in ‘n klompie dae.
Gister was Internasionale Zebradag. Viva die strepiesperde, viva!
‘n Week sonder my magnesium aanvulling en my hart voel of hy uit my gorrel gaan hop.

Ek het so baie om te vertel. Gaan moet tyd maak, optower, bewerk.
Vir nou is hierdie inloer genoeg.
Gaan sekerlik die maand heelwat oor my groot mylpaal verjaarsdag post.
Later meer …..

Tyd is ‘n skaarste. Ek deel dus graag ‘n klompie fotos wat ek glo genoeg sal wees in die plek van woorde. Geniet. Ek vertel julle later meer oor my hutsmerke. Enigiemand kan saam skep en speel.

Verjaarsdagdinge …

#kleurvolkreatief50

Sister Liefde/Love

Ons is 3 susters. Ek is die middelste ene. Die drie van ons het verseker elkeen geite, giere en voorkomste van Pa Van Staden en Ma Dreyer geerf. Maar heng, verskil ons.

We are 3 sisters, me being the middle-child. We certainly have our own ways and attributes, many inherited from Dad Van Staden and Mom Dreyer. But, despite the family traits, we are very very different.

Ek reken, as ons nou reguit en eerlik praat, dat ons drie in die wΓͺreld se oog nie juis die mooiste meisies is nie. Ons het elkeen ons eie onaardighede (soos almal maar). Fotogenies of esteties bevredigend is nou nie hoe ek ons sal beskryf nie. Weet nie wat Ous en Kleinsus se gevoeltes hieroor is nie. Ek sΓͺ dit maar soos ek dit dink. Maar dan moet ek ook noem dat ons myns insiens nie heelemal afstootlik is nie. Ons is mooi in ons uniekgeit. Ja – ditsem.

If we are being totally brutally honest, I recon we are not the prettiest of girls. Each with a fair share of less pleasing features. Not sure how my siblings feel about the subject though. On the other hand, completely ugly we are not. We are uniquely pretty.

Daar is baie wat ek kan vertel van ons sister-oomblikke. Baie herinneringe. Goed en minder-goed. Daai is n storie vir ‘n ander dag. Feit is, ek lief en waardeer my sussas. Ons sien mekaar min en leef verskillende lewens. Maar, ek is lief vir hulle. En ek vermoed hulle hou nogal van my ook.

Now, there is much to tell about our sister memories. This could become a different post. Fact is, I love and appreciate my sisters. We don’t see each other often. We live different lives. But I love them. And I think they quite fancy me too.

Ek deel graag een van my heel gunsteling foto’s ooit, van my en Kleinsus baie baaaie jare terug. Êrens langs ‘n dam geneem met ‘n outydse kiekieboks. Was ons nie die cuteste goete nie?

I share one of my most favorite and treasured pictures ever. Me and Sis many many years ago. Taken next to a dam somewhere. Werent we just the cutest things?

Just the Two of Us

Shout-out to my Sisters. And to siblings with siblings, siblings of siblings. A BIG Sibling-Hug.

A Quick Note, is more than enough

Busy working at my work-from-home desk. Lots to do. This year my writing is and will remain a priority, for me.

Thus the urge to come and create a little something. To reach out into the world of creativity and connect with like-minded souls. Even if it is brief.

I tend to attract chaos. Everything in excess. One can never have too many pens and colouring pencils, I say….
Books. Journals. Sticky notes. Colourful writing tools.

So I thought I would share some of the things which is currently right in front of me, with you. How much can you relate?

A bit dusty, but that’s not caused by under-utelization. This little monster swallows a huge part of my life.
I’m being watched πŸ‘€

Lately I often feel frustrated and “blocked”, struggling to find a comfortable rhythm when writing. So many contributing factors. But giving up is never and option.

Does my pictures (taken in my bedroom, from my work desk) say anything about Me?
More books (dictionary) and my faithful, home knitted “rasta” beany. One of my little comforts.
These two…. There is a story behind this story. Soon to be shared.

For now, that’s me. I will be content with my little creation. I will not question my talents and abilities. And soon, I shall return.

Wednesday-Lolla-Thoughts