Sister Liefde/Love

Ons is 3 susters. Ek is die middelste ene. Die drie van ons het verseker elkeen geite, giere en voorkomste van Pa Van Staden en Ma Dreyer geerf. Maar heng, verskil ons.

We are 3 sisters, me being the middle-child. We certainly have our own ways and attributes, many inherited from Dad Van Staden and Mom Dreyer. But, despite the family traits, we are very very different.

Ek reken, as ons nou reguit en eerlik praat, dat ons drie in die wêreld se oog nie juis die mooiste meisies is nie. Ons het elkeen ons eie onaardighede (soos almal maar). Fotogenies of esteties bevredigend is nou nie hoe ek ons sal beskryf nie. Weet nie wat Ous en Kleinsus se gevoeltes hieroor is nie. Ek sê dit maar soos ek dit dink. Maar dan moet ek ook noem dat ons myns insiens nie heelemal afstootlik is nie. Ons is mooi in ons uniekgeit. Ja – ditsem.

If we are being totally brutally honest, I recon we are not the prettiest of girls. Each with a fair share of less pleasing features. Not sure how my siblings feel about the subject though. On the other hand, completely ugly we are not. We are uniquely pretty.

Daar is baie wat ek kan vertel van ons sister-oomblikke. Baie herinneringe. Goed en minder-goed. Daai is n storie vir ‘n ander dag. Feit is, ek lief en waardeer my sussas. Ons sien mekaar min en leef verskillende lewens. Maar, ek is lief vir hulle. En ek vermoed hulle hou nogal van my ook.

Now, there is much to tell about our sister memories. This could become a different post. Fact is, I love and appreciate my sisters. We don’t see each other often. We live different lives. But I love them. And I think they quite fancy me too.

Ek deel graag een van my heel gunsteling foto’s ooit, van my en Kleinsus baie baaaie jare terug. Êrens langs ‘n dam geneem met ‘n outydse kiekieboks. Was ons nie die cuteste goete nie?

I share one of my most favorite and treasured pictures ever. Me and Sis many many years ago. Taken next to a dam somewhere. Werent we just the cutest things?

Just the Two of Us

Shout-out to my Sisters. And to siblings with siblings, siblings of siblings. A BIG Sibling-Hug.

2 thoughts on “Sister Liefde/Love”

  1. Sjoe, dit lyk of dit ‘n heerlike (modderige) dag daar langs die dam was! Ek het nou wel nie susters nie (maar wel ‘n ouer broer) en dit is so dat mens, wanneer jy uit jou ouerhuis gaan, alreeds begin om verskillende lewens te lei … maar dit maak ons nie minder lief vir mekaar nie. En sulke mooi herinneringe (soos julle dam foto), is goud werd!

    Liked by 1 person

Comments are closed.