Julle!!!!
My hooivurk is oorvol.
Dis Februarie – my verjaarsdagmaand. 50 in ‘n klompie dae.
Gister was Internasionale Zebradag. Viva die strepiesperde, viva!
‘n Week sonder my magnesium aanvulling en my hart voel of hy uit my gorrel gaan hop.
Ek het so baie om te vertel. Gaan moet tyd maak, optower, bewerk.
Vir nou is hierdie inloer genoeg.
Gaan sekerlik die maand heelwat oor my groot mylpaal verjaarsdag post.
Later meer …..
Tyd is ‘n skaarste. Ek deel dus graag ‘n klompie fotos wat ek glo genoeg sal wees in die plek van woorde. Geniet. Ek vertel julle later meer oor my hutsmerke. Enigiemand kan saam skep en speel.








Verjaarsdagdinge …

#kleurvolkreatief50

Mooi foto’s. Moenie bekommerd wees nie, 50 is ‘n lekker mylpaal.
LikeLiked by 2 people
Dankie Christa. Dis pure lekkerte om fotos te neem en nog lekkerder as ek dit kan deel.
Ek is baie opgewonde oor 50. En dankbaar.
LikeLiked by 2 people
Beide is goed, jy kan maar opgewonde wees.
LikeLiked by 2 people
Jou foto’s is so helder … en MOOI! Jy moet nou verjaar, hierdie nuwe 50-jarige wag vir jou 😉. En moenie dat daardie hooi te swaar raak op jou vurk nie – laai so nou en dan bietjie af!
LikeLiked by 2 people
Jy gaan nog agterkom, ek is dikwels in een of ander eksistensiele krisis. Regte ou dramaqueen. 🙂
Ek sukkel met my hooi hoor. Maar, ek dink die laaste amper 50 jaar het my geleer hoe om dinge bietjie beter te ‘manage’.
Bly jy hou van my fotos.
LikeLiked by 2 people
Baie geluk met die groot mylpaal verjaardag wat voorlê. Ja, Feb is hier by my ook dol, so ek voel saam met jou. Ek hoop egter jy gaan jou self die geleentheid gun om ‘n groot viering van jou verjaardag te maak.
LikeLiked by 1 person
Hello Daisy. Ja hier word lekker beplan. Het Saterdag vir my ‘n lekker kleurvolle reënboogrok gekoop vir Saterdag se kuier. Ek sien uit. Mooiste wense vir jou besige Februarie.
LikeLike
O geniet jou pragtige rok en Saterdag se kuier.
LikeLiked by 1 person
Maak so dankie. Sal dalk ‘n pas fotos met julle deel na die groot party. 😀
LikeLike