Stilte op Stilte

Hier waar die stilte jou kern aanraak
Waar die ligte wind jou siel streel
En die dinge anderkant die plaashek jou min traak

Hier waar die hitte jou moegmaak
Waar die aarde hard met jou praat
En die voรซlsang en goggaroep jou laat hunker na minder teer- en meer stofstraat

Dis hier, in die ruig ooptes, in jou diepste binneste,
Waar net jou siel se sagte asem saakmaak.
Die Boshut op Stilte
Vroegoggend op Stilte

#lollasegoete #lollasekiekies #natuur #rus #stilte

As dit blou blommetjies reen

Wanneer die Wisteria hier buite begin blom- gewoonlik so einde-Augustus – neurie my hart nuwe deuntjies.ย  Binne weke is die prieel vol in blom en die skouspel voel vir my feestelik.ย 

Bloureen ๐Ÿชป

Die triomfanklike uitbarsting van pers-blou duur nie lank nie.ย  Dit kondig net pronkerig die einde van die winter aan, hang so bietjie rond en maak dan plek vir die mooiste groen blarewolk.

Wanneer ek so tussendeur die elkedag se roetine-goete loop asemskep, gaan staan ek graag met my voet en rug teen die muur onder die Wisteria.ย  So neem ek al vir weke lank fotos, van die eerste botsels aan die vaal takke af. En ek voel ‘n rym in my kop en are vorm.ย  Ek begin beplan hoe ek met fotos en woorde hierdie stukkie prag met jou kan deel.

Min-wetend dat juis daar reg langs die blouselblou drapering, boewe ‘n paar weke terug die heining oopforseer, net om ons een oggend vroeg in te wag, te oorrompel en met wapens teen ons koppe al ons goete te steel.ย  Sterker nog as die toksiese chemiese giftigheid van hierdie lieflingplant, is die vieslike verwaante astrantheid van mense.ย  So verloor ek toe al my eerste-bloeisel fotos.ย 

Ek was intussen weer daar onder die bloureen. En weer en weer.  Want die Lig oorwin altyd.  En omdat ons, in ‘n wรชreld waar wetteloosheid seevier, moet vashou aan die goeie, dit wat mooi en eg is.

Ek was nou-nou weer daar onder die lowergroen blaarsambreel. Die keer saam met Izi.ย  Ons het die laaste blou giftige blommetjies besnuffel, gegiffel en met ligte harte die res van die middag aangepak.

En dis met pure lekkerte en baie hoop dat ek hierdie kiekies met jou deel.

LollaseBloureenGroete โ™ก

Dimension Mishaps

Honestly, this is quite a regular occurrence. I very seldom use patterns, recipes and such. I am (or rather, I have become) more of a ‘let’s wing it’ girl.

Made this crochet beany for someone yesterday but got the size a tiny bit wrong. But, all is not lost. Another one was delivered this morning – perfect fit. And I have a plan to fix up the giant one to help keep me warm during our upcoming autumn bushveld trip. ๐Ÿ˜‰๐Ÿ’š๐ŸŒผ

Ooowps!

‘n Vinnige Oggend Enetjie

Hiehiehie ek wonder wie gaan hierdie opskrif reg interpreter.

Goeiemore al julle mooi bloggers. ๐Ÿ˜Š

Splinternuwe dag met splinternuwe kanse. Mag ons elkeen vandag ‘n stukkie miracles & magic raakleef.

Jรบlle!!!!! Aletta!! Kyk net hier!!!
Beeldskoon

Daarsy …. dit was toe wel ‘n vinnige enetjie.