#Wordless-Wednesday #wordlesswednesday #photochallenge #photos #lollasekiekies #sunflower #nature








#Wordless-Wednesday #wordlesswednesday #photochallenge #photos #lollasekiekies #sunflower #nature








Natuurlik gaan my blog (lees MY blog) dikwels staaltjies en stories en feite van my lewe vertel. Dis immers wat ek doen, as ‘n skrywer en storieverteller. En watter onderwerp verstaan ekself enigsins beter as “Ek”? Dis vir my die grootste lekkerte en ook eer om te skryf en vertel vir die wat graag my storie lees en luister. Ek is inderdaad dankbaar vir elkeen wat ‘n bietjie kosbare tyd hier by my spandeer.
Al is ons as mense so dieselfde as wat ons verskillend is, maak vele veranderlikes soos omstandighede, eie ervarings, oomblikke, persepsies, sosialisering, opvoeding, kanse en keuses en nog vele meer ons elkeen se verhaal uniek.
In ‘n wêreld waar soek-engins en biljoene aanlyn verwysings vir ons amper enige ding kan leer, met ons slimfone wat van elkeen ‘n rekenmeester, ‘n skrywer, ‘n fotograaf, ‘n funksiebeplanner, tuisteskepper, uitvoerende beampte ensovoorts maak raak mens maklik weg in ‘n wereld waar inligting oorvloediger is as menslike waardes (reken ek). Om te oorleef moet jy jou filtreervaardigheid opskerp en ferm grense stel van wat jy inneem en wat nie.
So om en by ag-en-dertig dae terug vier ek my 50ste verjaarsdag. Soos van julle weet, was daar ‘n lekker kuier gereel propvol kleur en karakters. Dit was ‘n geseende dag. Maar hier ampertjies ‘n maand-en-‘n-half later het ek nog nie eers almal bedank wat ek graag sou wou nie. Daar is soveel wat ek wou vertel. Fotos wat nie gedeel is nie. Die “partytjie” boks staan nog net so in die kuier-kamer. Die vrolike silwer bunting hang nog net daar waar ons dit opgehang het en die helium ballonne staan nog net daar waar hulle gestaan het (eintlik hang hulle). Pap en nie meer so vrolik nie.
Vir ‘n oorsensitiewe siel, ‘n empaat wat absoluut ten volle bewus is van elke vibrasie om my, is die lewe soms so effentjies meer intens. En intens het ‘n prys van sy eie. Maar, ek betaal met graagte want vir voorgee en sielstierlantyntjies het ek nie lus nie. Ek deel graag net so paar dingetjies hier. Erens gaan ek die chaos en harwar om en in my in ‘n feetjienet gevang kry maar vir nou is daar ‘n bataljon rooimiere in my kop.
* Ek is kranklik. Vir lank-jare al raak ek gereeld siek met brongitus. Dit blyk ‘n familieding te wees. Asma. Verlede week was ek plat. Seer en goor. En doodmoeg. Ek begin beter voel. Daar is altyd hoop. Mense is wreed. Eng. Slim. Feit is: daar is niks soos ‘n recurring uitdaging wat ander se ware kleure wys nie, en veral ook, hoe eensaam eensaamheid werklik voel nie.
* Stres is ‘n bliksem. Dis ‘n cliche ne: stres maak dood!? Wanneer is te laat dan te laat?
* Ek het bedank. Alweer. Lewenslange werkgewer waar ek al 3 keer vantevore oor die laaste drie dekades bedank het en uiteindelik weer teruggekeer het. Maart 2022 is my kennismaand. Die toekoms is onseker maar vol hoop. Ek hou julle hier op hoogte.
Daar is so baie dinge wat ek nie weet nie.
As ons ooit maatemmertjies gekry het om te help met gesonde balans, het ek myne verseker al laaaaankal verloor.
Soms oortuig ek myself dat ek eintlik ‘n pyn-in-die-gat is met al my ooranalisering en die rooimierbrigade wat nooit slaap nie. Maar dan onthou ek dat ek ook oulik is en nie heelemal onnooslik nie en dat daar vir my ook, erens, ‘n plekkie onder die son is.

Lolla-groete

Wanneer ‘n mens versuie
Nie in water of sand nie, maar in
die lewe
Dan wonder jy soms watse lifejacket
jy vandag moet aantrek
of erger nog, jy het alweer vergeet waar jy jou
ekstralarge voosgebruikte opgepatchde lifejacket laaste neergesit het
Nie eers jou ingeboude tubey gaan jou kop bo water hou nie
Dis net jou twee neusgaaie wat so skrams bo die wille golwe uitsteek
en nou en dan oorstroom die lewe in daai gaaie in en jy hoes en proes
en verstik-stik snak totdat jou oë traan en jy voel hoe jou meer private
liggaamsfunksies begin lek en oorloop
dan gryp die walms van failure en selfbejammering jou en jy raak
woes ge-irri met jouself want eintlik moet jy van beter weet
En die groot moeg kom sit langs die groot donker in jou kop, in jou lyf,
in jou pleister-gelapte hart en vir ‘n rukkie is dit al
net sit
en sit
en peins en sit
en as jy weer wakker skrik voel jy die lewe het nou heelemal deur die gaaie gestroom
tot waar dit in jou gorrel afvloei en by jou ore uitspoel en jy besef maar
dis eintlik maar wat dit is nê
Ons lewe nie vir mahala nie ons moet swem
Want die lewe is nie vir versuip nie maar vir swem
Met sterk hale en wanneer jy moeg raak dan doggie-paddle jy of jy draai jou
lyf rugkant na onder sodat jy vir ‘n rukkie (of sommer ‘n lang ruk) net float
en jy dobber die kant toe en daai kant toe, terwyl jy opkyk boontoe met die stilte
in jou ore en gemoed en jy voel die genadeson op jou dryflyf totdat jy saam met die
hooggety op ‘n stukkie grasgroen eiland propvol soet vrugte en vars lug
uitspoel en terwyl jy dankbaar is vir Newton se gravitasiekonstante fokus jy
net op hierdie oomblik en suig diep teue vars lig en hoop in jou kop en jou longe in
en jy lag en jubel oor jou sukses en oorlewing en vir ‘n wyle is jy dié
koningin op jou eie stukkie eiland en jy
dans en sing en giggel en gil en droom
totdat die volgende gety aan jou tone kom lek…lek en jy weet:
swem gaan ek swem!


There are good days, bad days, horrible days, better days.
But there is almost always something to be thankful for.
Through thinking positive, you feel positive, move positive, act positive.
You attract and share positive.
Drink in each drop of positive energy.
Be eclectic and agile, be a Miracle engineer, an architect of Wowness, a distributor of Joy.

Interesting Fact:
Today is International Bagpipe Day #bagpipeday
Did you know that there are more the 130 different types of bagpipes worldwide? I mean, WHAT?
And who does not love the sound of these wind-instruments?

Another Interesting Fact (one worth taking note of, I think):
Today, 10 March, is also International Kidney Day (first celebrated in 2006). This day aims to raise awareness around the importance of healthy kidneys. Some things to keep in mind while looking after your own kidneys and overall health:
* manage your blood sugar levels;
* stay active;
* be mindful of which medicines – and the amounts thereof – you take;
* always drink enough water – stay hydrated.

Lastly, the most MAGNIFICENT piece of information for today:
Today is…… WAIT FOR IT ……….
INTERNATIONAL DAY OF AWESOMENESS
Well, in short, this is MY day, YOUR day – OUR day! This is just a darn good extraordinary fabulous day. (And it’s Chuck Norris’s birthday, too.)
Now – Go Rock Your Awesome. And keep smiling.

Reference: some facts provided in this blog was found on the Internet: http://www.daysoftheyear.com
Hashtags:
#positivelythursdaypositivitypost
#lollaspositivelythursdaypositivitypost
#positiveenergy
#dontbeamoegoe








Thank you Giz for your contribution today: last cloud photo, tree, vellie-feet ❤️📸👌🌸
#wordlesswednesday
Dis laterig Dinsdagmiddag.
Vandag – 8 Maart – is Internasionale Vrouedag. Hierdie dag word deur die Verenigde Nasies gesteun en wêreldwyd word daar vandag gefokus op vroue, op vroueregte en alle aspekte wat vroue asook hul status en gelykheid impak. Vroue word gevier, geprys en bespreek. Daar word gelukwense herwaarts en derwaarts gestuur. Goeie bedoelings en opregte waardering. Vir ‘n oomblik lig die Wêreld sy hoed vir vroue.
En te midde van die wereldwye erkenning en ondersteuning is daar duisende vroue van alle ouderdomme wat vandag doodgaan, seerkry, verkrag word, honger is, sien hoe haar familie swaarkry. Daar is vroue wat sy-aan-sy met ander krygers bomme en geweervuur in die gesig staar, wat net so hard saamveg vir hulle land en hulle mense. Daar is vroue wat innerlike oorloë voer. Sommiges met swaar, donker en moeë harte. Sommiges sal vanaand nie weet wat sy of haar geliefdes gaan eet nie. Vir party is daar somber nuus oor gesondheid. Miljoene vroue staar nou, op hierdie Internasionale Vrouedag, van die grootste uitdagings in hul lewens in die gesig.
Ons sal vir maande kan praat oor vroue, oor ons rol in die samelewing. Oor die goed en sleg, die sterk en swak, sommer oor alles wat ons as vroue uniek maak. Maar vandag skryf ek hierdie om net vir ‘n oomblik stil te staan, om ‘n stukkie van my hart in hierdie spesiale dag in te skryf en opreg te sê: Ek sien JOU!
Soos ek skryf besef ek dat ek kan aanhou en aanhou, dat daar soveel absolute merkwaardige, sterk vroue om my is. Dat elke liewe ene op ‘n unieke manier ‘n hemelse seening vir my is. Ek Sien Jou!!!
Liefste Ma, Suster, Maat, Vriendin, Kollega, Kennis, Entrepreneur, Vrou –
*Dankie vir elke omgee boodskap.
*Dankie vir elkeen wat in my glo.
*Dankie vir elke sekonde wat jy aan my af(ge)staan (het).
*Dankie vir die lesse.
*Dankie dat ek ‘n stukkie van jou lewe mag aanraak en/of deelmaak.
*Hou moed! Bly glo! Werk hard, maar speel harder!
*Stuur ‘n inloer boodskappie vir iemand spesiaal.
*Staan sterk.
*Hou vas aan Jesus.
*Wees jouself – jy is meer as goed genoeg.
Persoonlik dink ek die hele mensdom kort gesondword. Daar is soveel onreg, haat, seer, afguns tussen mense oraloor. Maar ons as vroue het die vermoeë om uit gebreekte stukkies die mooiste kunswerke te maak. Ons is dapperder, mooier, sterker, ryker as wat ons ooit sal erken. En as ons saamstaan kan ons verseker die wereld ‘n beter plek maak.
Ek wens vir JOU, mooiste vrou, ‘n wonderlike Internasionale Vrouedag. En mag elke liewe dag en oomblik wat volg vir jou vol geluk, vreugde, krag en genade wees.
Lolla-liefde























#Wordless-Wednesday #wordlesswednesday #photochallenge #blogphotochallenge
#MonthlyPhotoChallenge #TheChangingSeasons























Versuipingspan het vinnig oorbevolk geraak. Die populasie wat daagliks dramaties vermeerder is ‘n mengelmoes van tale en nasionaliteite. Daars grotes en kleiner, maeres en dukkes, doodgewones. Vir die inwoners, oud en jonk, nuut of ingeburger, maak mooi of lelik, slim, dom, dapper of stom nie eintlik saak nie.
Al wat hier saakmaak is oorlewing. Hier is ‘n berg van finale strooi. ‘n See van verspilde trane. In plaas van voëls is die predominante klank ‘n koor van diep sûe en nou-en-dan die gebiep van ‘n longmasjien wat asem terug in moeglywe inblaas.
Dis nie net Jan Rap en al sy maats wat hier woon nie. Hier is dokters, onderwysers, polisiehelde, kundiges uit alle oorde. Trots mense. Waar integriteit eens sterk deur hul are gestroom het is nou sleg verslae verstommendheid.
Dis onbekend wanneer presies Versuipingspan ontstaan het en wie die heel eerste bewoners was. Dit het ongesiens gebeur. Die recruiters vir hierdie pan werk dag en nag, onverpoos. Onstopbaar. Doelgerig. Sonder veel genade. Saam met die duiwel en die dief in die nag maak hulle seker dat die bevolking voortdurend en vinnig groei. Hul skuilname het intussen welbekend geraak: Stres, Angs, Trauma, Haat.
Genadiglik tog dat hierdie nie ‘n finale bestemming hoef te wees nie. As jy eers hier gevestig is kan “ontsnapping” moeilik wees. Maar, vir die wat oplet en hard werk (hiervoor moet jy diep in jouself gaan rondgrou) is daar tog uitkomkans. Op die grense van hierdie (hopelik tydelike) bestemming is daar plekke soos Genadefontein, Ligville, Hooppoort, Uitkomsstad en meer.
Dus, vir al my vriende, bure en kennisse hier op Versuipingspan, byt vas. Beter dae lê voor.
Lolla Liefde-&-Lig