
Nuwe week
Nuwe dinge
Tralalalalieeeeeee
Grootdroom
Hartelus
Wandelaar
Sielerus

Nuwe week
Nuwe dinge
Tralalalalieeeeeee
Grootdroom
Hartelus
Wandelaar
Sielerus
Ek kan nie onthou wanneer laas ek hier by my lessenaar gesit en werk het nie. Ek float oral: op die bank, op die bed, by die kombuisblad. Dwaal in my ‘kunskamer’ rond.

My oemf is opgeseize. My skaniere opgevries.
Ek sit nou hier by my werkstafel. Hoekom weet ek nie juis nie. Dalk moet ek ietsie skryf. Ja!
Ek teken so vinnig ‘n hasie, net om te voel ek doen darm iets. Die haas lyk of hy boobs het. Ek teken bubbles om my haas. Want, ek bubble. Nogsteeds. Eintlik BUBBLE ek nou éérs.

Darm het ek nou al vir ‘n rukkie hier by my tafel kom sit. En ‘n prentjie geteken. My liggie is flouerig… soos my feetjieliggies wat nuwe batterye kort. Maar ek skyn nog effentjies.

More teken ek dalk weer ‘n haas. 🙂😊 En sit vir ‘n rukkie by my tafel.
















Ek sit vas in ‘n breinblaps.
Sperdatums staar my in die gesig en al waaraan ek kan dink is: ek wil eerder slaaaap.
2023 gaan ek poog om voëls te bekyk, op te spoor, en te verewig in my kiekies. Hopelik sal ek uiteindelik ‘n deeglike lysie bymekaar kry van al my/ons sightings.
Byvoorbaat skies vir die hoeveelheid fotos wat hier gedeel gaan word. Geniet hulle saam met my.
As als goed en volgens plan verloop hou ek duime vas vir ‘n nuwe kamera. Ene wat ingeboude stabiliteit het vir my bewerige hande en ‘n lekker lens om vêr te kan fokus.
Maar vir nou moet ek eers self fokus… hierdie opdrag gaan nie self geskryf raak nie.


En dan, is dit Saterdag
en jou nuwe kort kapsel is stomp in jou nek weggebind want dis warm.
En die blokkies van jou emosiehekelbers word aanmekaar gehak met 'n nuwe neutrale kleur. Die is nou ry nommer 4. Elke ry bestaan uit 14 blokkies, dus 14 dae.
En manlief se Nigela aartappelgebak ruik hemels daar uit die oond. Vandag eet ons lekker na die afgelope week se suksesvolle gesond-eet.
En saam met die lekkerruik belofte van 'n koningse maaltyd word 'n groot, fênsy glas gevul met 'n gevriesde jenewer mengsel voor jou neergesit.
En jy onthou toe Juffrou Grobler verduidelik het, jy begin nie 'n sin met 'En' nie.
En jy mis mense en plekke maar jou hart loop oor, soos manlief se oorvol ginglas nou-nou, want die Liewe Here het jou gebless met die gawe om erg-diep te voel. En nóu voel jy meer as enigiets anders dankbaar en tevrede. Al jou enne is meer as genoeg en jy kort nie meer of minder en die en daai nie.
En dis Saterdag. Liverpool en Chelsea speel bal op die tievie. Vlooi stamp die pienk squeaky bal in ons rigting, maar ons gaan nie nou saamspeel nie. Ons bubble.
Dis Saterdag.



Vanoggend se gesiggieboek inskrywing:
Vroegoggend karatekungfu om die piepklein zzziieeeoemende vreksels met die iri-flippen-zoemzoem by te kom (onsuksesvol). Ten minste ses nuwe gifjikkende opgehewe bytplekke op die een been (lees voet-been-boud) wat altyd halstarrig onder die kombers uitsteek.
Buite tjierietjierie die grootboom vol voëltjies vrolik en ek kan sweer ek hoor een grootbek sing: ‘opstaan luigat tjietjieee dis ‘n nuuuutjietjiewe dag’ ![]()
![]()
. Mens voel so half om self te begin ttwwwweeeeeet.
Want ten spyte van die kênserige breinkombers en nog ‘n dag wat sonder lektriek begin en die chaos daar buite is die singende trulife motiveringskoor in die grootboom reg…… dis ‘n blessing om weer wakker te word en nog ‘n kans te hê. En elkeen se kans lyk anders. Ek vat vandag my kans met blymoedig-tshweeeeeeet-heid aan en gaan nog ‘n keer kliphard probeer. Jy ook, nê?



Dis al, vir nou.
Lolla-groete

Laasjaar was my skryfjaar maar
ook nie want my skryf het halfjaar
begin stotter en
laatjaar opgedroog
soos ‘n erg verwaardlose vetplant
of verdorde rankplant
Het ek vir myself weer heelemal
ge-té-leef en ge-te-béleef en
myself in ‘n kakkenspul van eie-drama ingeweef…. want dis wat ek doen en al sukkel ek dikwels om myself met hierdie wêreld te versoen is daar steeds, altyd onderliggend die opregte wens om beter te doen
Nou is dit nuwejaar en as ek die beste wil maak van my gegewe lewensaar moet ek bedaar, ophou vergaar, in my foon se skerm instaar – ek moet myself bymekaartrek in een sentrale ek-hoofkantoor (lees ‘bubble’) waar ek soms kan bymekaarkom om al die geraas buite te laat, om al my verdwaalde ekke bymekaar te trek in een gemeensame kopvertrek …. my veilige plek 🙃
Ek moet dóén en ophou visioen en met die onveranderlike en onvermydelike versoen ….. oor doen wat ek moet terwyl ek minder oordóén …. vasbyt … beplan, uitvoer en rus. Dis ‘n goeie afskopplan vir tWintigdRie&TwintiG, beslis.
LollaseGoete-groete


Stop and smell the roses 🌹/ flowers.
Hierdie Maandag is gepak vol moontlikhede en kanse. Grip joune.

Lollaliefde xx

Crazy-ass workspace. Dream journal …. crochet flower turtle …the moon 🌙 🌚 🌔 …. wool ….. reading glasses 👓….. bunny ….. reindeer …. shoes that need a wash ….. diary …. laptop with open spreadsheet …. drinking water …..
Vrydag sit so lekker op my tong laat my voel soos boerepap met bruingebraaide velletjie en goudgeel stroop
Vrydag is vir my nog alletyd 'n blydag, my-dag, lag-en-skoffeldag.
Tiekiedraai, grootlawaai, skoppelmaai lagdag.
Vrydag sit so lekker op my heup, ek begin hom so met n swaai en 'n skud.
Vrydag is sy dag, haar dag, hulle en julle dag, my dag, jou dag.
V-v-v-rryyyyyddaaaaaag!!!!!
Mag genade, lekker-lag, geluk en blessings jou vandag pootjie en toevou.
Vrolike Vrydag Lolla Groete ♡♡♡
