Kleurvolle Emosies

November 2022 – my dogter stel voor ek hekel ‘n jaarlange emosiekombers toe ek wonder oor my volgende projek.  Ek was onmiddellik in my noppies met die vooruitsig.  So begin die beplanning:  watter tipe wol, grootte hekelpen, kleure per emosie en watter emosies sal ek vasvang.

Na ‘n bietjie navorsing allokeer ek kleure aan n stel emosies. Soos wat die hekel dag na dag vorder en die blokkies (1 per dag) meer word, besef ek hoé baie emosies (en gevoellens) daar is. Oor die volgende 2 maande voeg ek by, skaaf en verander waar nodig. So besef ek presies hóé belangrik deeglike, weldeurdagte beplanning is voor die aanpak van so ‘n lywige projek.

Twee toetsblokkies skop die kombers af en dan vertel die rye, bestaande uit 14 blokkies elk (dus 2 weke) ‘n kleurvolle storie van hoe ek op ‘n spesifieke tyd gevoel het. Ek besef hoe ek met hierdie hekel-kombers my innerlike gevoelsruimte oopmaak vir baie om te aanskou. En so word my 2023 voel-voel hekelprojek nóg meer kompleks en veelseggend.

Skat en afmetings is mos nou nie eintlik ‘n Lolla-ding nie. En ek hekel op gevoel. Geen spesifieke patroon, ek roer die hak soos ek voel daardie spesifieke oomblik (nog meer veranderlikes wat ‘n rol speel, jy sien!) Elke blokkie kry n randjie: donkergrys vir wanneer ek die dag se blokkie namiddag skep en wit vir voormiddag blokkies.

Ses rye (3 maande) se blokkies is reeds aanmekaargeheg. Sommiges blokkies is perfek, heelwat is skeef en krom. My kombers se eie persoonlikheid purrrrrr te lekker. En dalk vertel dit heelemal teveel van my, maar dis ‘n heerlike projek. Slegs 3 maande se blokkies en die kombers is reeds massief. Ek het met die huidige ry die blokkies effens kleiner gemaak. Of ek wel die hele jaar gaan kan volhou sal net tyd leer.

Bygesê, die kombers lê tans die hele huis vol. Die wolle is op verskeie plekke georganiseer. Ek hou nog goed vol. Volgende week gaan ons Kaap toe vir ‘n paar dae. Ek gaan moet planmaak met hoe ek my hekelgoedjies gaan saamvat op die vliegmasjien.

Natuurlik glimlag ons plaaslike wolwinkel eienaar breed want so kombers met soveel kleure gaan mos baie wol vereis. (Okay, besef ek nou my beplanning was glad nie so deeglik nie.) Ek en dié man praat nou al soos ou vriende en as ek wol bestel word dit sommer nog dieselfde dag met ‘n skoetertjie by my afgelewer.

So bietjie meer oor my kleure:

Blou - Kalmte ... rustig, tevrede
Pienk - Gelukkig ... energie, good vibes
Groen - Produktief ... suksesvol, gefokus
Lig Pers - Mindful & Self-care
Mosterd - Hartseer, teleurgesteld
Donker Pers - Angstig, depressief, oorweldig
Rooi - Kwaad
Geel - Ekstaties, Elated
Grys - Bleh
Room - Ek BUBBLE 😂

Ek hou julle op hoogte. 🧶🪡

22 thoughts on “Kleurvolle Emosies”

    1. Dis nogal vreemd. Ek het nou agtergekom dat as mens dag vir dag eerlik die mees akkuraatste kleur kies en die blokkie so op sy eie hekel dan hou jy nie by met watse kleure jy wanneer gebruik nie. Natuurlik is die kleure wat vinnig uithardloop en vervang moet word n goeie aanduiding. Maar eers as mens so ‘n stuk blokke aanmekaar gewerk het sien jy die storie ontvou. Mal hieroor. Ieta wat vir my heel interessant is is die hoeveelheid rooi wat ek tot nou toe gebruik het. ☺️

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s