If for a moment You are to be still And ponder the very true essence of your innermost thoughts and feelings What would you say What would you share How honest can you be with yourself with the world
I am happy, content, grateful, truly blessed I have amazing friends I love my home and so so many other things I live a conscious life filled to the brim with intense emotions
I am spoilt with the best of human companionship I am rich with a caring, compassionate heart. My house is filled with plants, love and happiness.
Because I live and feel in extremes, I am also Damaged Exhausted Kinda broken In danger of (and very close to) total burnout (back where I was 3 years ago) In an ongoing health-whirlpool
For now, that’s all. Take care, have fun and recognize those feelings and thoughts which shapes your reality.
Net ‘n vinnige reminder – JY moet jou drome loop haal. Droom, dan doen. Drome is nie dinge wat jou kom haal nie – jý hou die leisels van jou drome. Loop maak jou drome waar!
‘n Waternat Woensdag. Van vroegoggend al lekker bewolk en donker.
Eendag, op ‘n reëndag…. perfekte geleentheid vir kleurvolle liggies by my werktafel
Die liggies het ‘n bekoring, nes die klank van die reën wat buite val. Dis amper asof mens die heelal se vibrasies duideliker aanvoel.
My week is stadig, sleepvoet. Kop en lyf is futloos en vuisvoos. Behalwe vir die pyn regdeur my lyf, soos duisende rooimiere wat werskaf voor ‘n ekstra lang hibernasie, is ek van kakebak tot hier diep onder in my onnerste boudspier geknop. ‘n Spasma van olimpiese proporsies. Die dofmoegkop bly mooi en gelukkige gedagtes opgrawe. En tog is hierdie diep-in-my-diepmoeg ‘n taai teenstander.
Donker, swaar reenwolkeWoerts, op my skoot. Hou nie van die grommende donderweer nie. Dit sous. Bietjie deurmekaar waar ek laas in my komposhouers gewerk het.
So, ten spyte van die moeg en die seer is my hart dankbaar en warm. Groot liefde vir die reën en wind. Verbeel ek my dan nou dat ‘n lekker beker tee my hartsnare gaan kielie. Laat ek loop planmaak.
It’s weekend. Happiness! Here’s a few phone pics I took this week.
Started the week of with some seriously positive energy. #cloudstories#cloudstories / #wolkstories; #lollasekiekiesThe calm before the storm – #cloudstoriesFound this rather big Sac spider in our bathroom. Apparently quite an aggressive fella. Seeing a lot of spinnies in and around the house. Sure the rains are playing a role. Indoor ‘garden’-corner – #happyplaceI love our new plant-shelvesWe are having a lot of rain. With the ground being saturated large pools of water are becoming a regular sight. Almost there…. Half-century birthday coming up soon. Some planning happening, birthday party loading. This morning Gary and me had breakfast under a very cloudy sky in a beautiful garden. Brilliant way to start a day.
Dis Dinsdagoggend. Die mislagie om my brein is dig en duk vanoggend. Maar my bewolkte brein is mos nie van opgee aanmekaar gesit nie. Selfs hierdie vaagvaak gevoelte gaan my nie briek om vandag die beste ek te wees wat ek in elke oomblik kan wees nie.
Dankie-tog vir naby maats. Die wat luister selfs as jy onsamehangend jou gedagtes van ‘n lysie aflees oor ‘n whatsapp stemboodskap. Dis die “ons-is-is-ons-is” groepie. Dieselle groepie as die pop-groepie (dis nog ‘n storie vir ‘n ander dag, hou hier dop). Die een mater stuur masjiengeweer-boodskappies. Kort en kragtig. Treffend. Die ander mater dalk eerder haelgeweer-boodskappies – diep en intens. En dan die mater met die klappers-en-vuurwerke boodskappies – mooi bedoellings maar woes deurmekaar en laaaaaank. Hierdie whatsapp groepie vat ek enige tyd saam oorlog toe.
Photo by Sebastian Palomino on Pexels.com (Langpadmaats)
Balans en prioriteite – dis ‘n daaglikse gejuggle. Daar is derduisende, ‘n enorme verskeidenheid, selfhelp, motiverings, kom-ek-wys-jou, positiewe-denke boodskappies om ons. Daagliks. Oral. Dis juis deel van die inligting-versuiping wat ons ervaar. Eintlik lê die antwoorde seker maar hier binne-in elkeen van onsself. Sif deur dit wat die wereld vir jou gee, hou wat vir jou sinmaak en laat los die res. Reken ek.
Huppelend gekrok
ons isse se is wat jubelend voortbeur
en aanhou probeer, weer probeer
van vooraf begin
ver ry en te lank bly
oortyd is verloortyd
opstaan vir dit wat reg is,
voor dit wat saakmaak weg is ...
te min tyd, teveel dinge
weegskaal van wat bly en wat gly
lewe gallop en skop tot jy - kop eerste - omdop
Harte vol trane en rowe en tog
ook hoop, lag, blydskap en drome
Vasstaan, sterkstaan,
singende aangaan.
Omgee en meeleef, ons lewens verweef
op verskeie maniere en verskillende vlakke
Dag en dinge by die horings vasvat
Die lewe se dinge by die knolle raakvat
My Is is my Is!
Jou Is is jou Is!
Opstaan! En aangaan!
Nou gaan ek koffie maak en hierdie varsnuwe dag raakvat. Mikpunte vir vandag: tuin water gee, produktief soveel werk as moontlik afhandel, musiek en hoola, gesonde aandete maak, vroeg slaap.
The last bits of Christmas has been boxed away (or eaten 😁). New Years greetings are fizzleling out. New resolutions are being set and some already forgotten.
I’m currently in a full fibro flare-up and if I allow it, can easily be swallowed alive in a pool of absolute soul exhaustion. But, by now I have built up quite an arsenal of tools to get my go going.
Get my arse out of bed
Make the bed
Deep, focused breathing
Shake shake and move it move it
Coffeeeeeeeee
etc etc etc
2022 and beyond – Miracles&Magic
So I’m thinking, 2022 will be my (our) year of #miracles&magic.
Are we making today our best day yet??? Who’s with me?
Tyd om nuwe drome op te gaar
Om in waterstrome en onder bome te baljaar
Tyd vir ballonne, musiek en drome
Tyd vir liefhe, gesond wees en nuwe patrone
Twintig-Een-en-Twintig was ‘n vol jaar. ‘n Vinnige 12 maande. Daar is geen manier om die suksesse en die seer van ‘n spesifieke periode te meet nie. Maar ek dink dis veilig om te konkludeer dat 2021 ‘n emosionele, grootliks gagga en mega-moeilike tyd vir baie mense was. Natuurlik is daar altyd sonskynoomblikke, maar ek lei af van vele gedeelde gevoellens op sosiale media en gesprekke dat ons 2021 in die vullisdrom kan wegbere.
Die jaar wat was, was vir my gevul met gevoellens en belewenisse wat sekerlik die hele spektrum van emosies kan dek. Tuinwerk, my eie kompos maak, meer blomme in my huis en tuin as ooit tevore. Pure lekkerte. Te midde van versigtigheid oor hoe om die “groot gogga” te navigeer en te onduik was daar steeds ‘n paar spesiale girls oomblikke. Kuiers saam met vriendinne op ‘n Vrystaatplaas waar van ons in ‘n watervalpoel geswem het. Hier het ‘n maat se mooi sonhoed wat met 2 botteltjies gin ewe gaaf van bo-af vir ons gegooi is soos mis voor die son onder die water verdwyn, vir ewig en altyd. Vroeg in die jaar het my gesondheid begin skewe draaie draai toe ek ‘n moontlike kwaadaardige groeisel moes laat uitsny. Als het tog mooi uitgewerk.
20-1-en-20 was gepak met kosmosse (velde en velde vol), tuisgemaakte bierbrousels, wolke (‘n persoonlike passie waaroor ek nog gereeld sal blog), reenboeë, ‘n bibberkoue winter, vals naels en vals hare (ek sit nooit weer tape extensions in my hare nie!) Ek en Ingelsman was twee maal Kaap toe, wat ‘n blessing. Besoeke aan natuurreservate met wonderlike sightings van diere and plante – Moeder Natuur op haar heel beste. Daar was ook baie trane en hart-seer oomblikke. Verliese. Maats wat nie meer saam ons hier op aarde is nie. Afskeid van ‘n hartsvriendin. Te min tyd saam my twee hartskinners. ‘n Sus se seer. Vriende en vriendinne wat swaar trek. Teveel aanlyn vaarwels. 2-0-2-1 was ‘n eina jaar!
‘n Reenboog van ons stoep af geneem in Oktober 2021 na ‘n propperse hoëveld donderstorm.Rus sag my Sonneblom-maat
En so is dit 2022 – ‘n wonderlike nuwe vooruitsig. Eintlik maar net nog ‘n dag. En tog ook nie. Want elke nuwe dag is ‘n nuwe kans. Verseker nie altyd maklik nie, maar sekerlik tog ‘n seening. Nuwe Hoop. Nuwe Kanse.
Ek is propvol planne en drome vir die volgende 12 maande (en dan nog so bietjie !knipoog!) Een daarvan is om aan te hou skryf, meer te skryf – om hierdie passie van my te laat werk, te laat groei. Om dit te geniet en hopelik dalk selfs te floreer. Dalk kan ek tog daai boek klaarmaak. Daar is soveel om te doen. Soveel om te leef. Tans werk ek aan ‘n blog inskrywing oor ‘n ander passie, een wat my nou besig het met navorsing, oplees, leer. Bome. Hou die spasie dop!
Mooiste Wilgerboom langs ‘n Rietvlei waterstoom. Ek het ‘n intense passie vir die natuur – bome hou soveel geheime. My hart kry doepa in die natuur.
Mag ons elkeen ons eie plekkie in die son vind Mag ons bly drome droom soos ‘n kind Mag ons dae lig wees en ons paaie sonder teveel slaggate Mag ons liefde vind al is liefde soms blind Mag ons elke dag vier, op jou eie manier Mag ons nie die belangrike kanse miskyk en teveel verkeerde keuses maak nie Mag ons opstaan wanneer ons val en ander optel in die oomblikke wanneer hulle nie self kan nie Mag ons minder van ons wees en meer van Jesus Mag ons nie ons uniekheid en andersgeit prysgee ter wille van ander se giere en geite nie En mag ons aan die einde van die volgende 365 dae vir mekaar knipoog en saam die volgende nuwe-hoop-siklus aanpak.
Hoop Reendruppels Wolke, Wind Blomme Kaalvoet loop Boozy jams 🙂 Sonsopkomste & -ondergange Lekker lag Deernis Opregtheid Egtheid Honnekinners Omgeemense Somer & Son Plante wat groei ‘n Tuin vol kleur ‘n Huis vol liefde & warmte Drome ‘n Gees wat nie opgee nie
Frangipani (‘n persoonlike gunsteling)
Vriende(inne) Boodskappies Gawes Kleurvolle liggies Waatlemoen Lees Lag Nuwe oggende Belewenisse
Wille Darling Sonneblommetjies
Kleur Geure Strelende klanke (golwe, musiek, voëltjies wat sing …) Tuisgemaakte mengeldrankies
Nuwe dag, Nuwe dinge
Lappoppe Kunstige mense Kiekies Wiele wat rol na nuwe, opwindende bestemmings (roadtrips) Spagetti & maalvleis Swem Sing (al is dit vals) Om hartsmense gelukkig en tevrede te sien Goeie nuus Liefde