
Ek nooi jou graag uit om ook my Facebook-blad te volg – word deel van my reis.
https://www.facebook.com/106643175175252/posts/131931362646433/
You are invited to also follow my journey on my Facebook page.

Ek nooi jou graag uit om ook my Facebook-blad te volg – word deel van my reis.
https://www.facebook.com/106643175175252/posts/131931362646433/
You are invited to also follow my journey on my Facebook page.
‘n Waternat Woensdag. Van vroegoggend al lekker bewolk en donker.


Die liggies het ‘n bekoring, nes die klank van die reën wat buite val. Dis amper asof mens die heelal se vibrasies duideliker aanvoel.
My week is stadig, sleepvoet. Kop en lyf is futloos en vuisvoos. Behalwe vir die pyn regdeur my lyf, soos duisende rooimiere wat werskaf voor ‘n ekstra lang hibernasie, is ek van kakebak tot hier diep onder in my onnerste boudspier geknop. ‘n Spasma van olimpiese proporsies. Die dofmoegkop bly mooi en gelukkige gedagtes opgrawe. En tog is hierdie diep-in-my-diepmoeg ‘n taai teenstander.




So, ten spyte van die moeg en die seer is my hart dankbaar en warm. Groot liefde vir die reën en wind. Verbeel ek my dan nou dat ‘n lekker beker tee my hartsnare gaan kielie. Laat ek loop planmaak.
It’s weekend. Happiness! Here’s a few phone pics I took this week.










Till later.

Dis Dinsdagoggend. Die mislagie om my brein is dig en duk vanoggend. Maar my bewolkte brein is mos nie van opgee aanmekaar gesit nie. Selfs hierdie vaagvaak gevoelte gaan my nie briek om vandag die beste ek te wees wat ek in elke oomblik kan wees nie.
Dankie-tog vir naby maats. Die wat luister selfs as jy onsamehangend jou gedagtes van ‘n lysie aflees oor ‘n whatsapp stemboodskap. Dis die “ons-is-is-ons-is” groepie. Dieselle groepie as die pop-groepie (dis nog ‘n storie vir ‘n ander dag, hou hier dop). Die een mater stuur masjiengeweer-boodskappies. Kort en kragtig. Treffend. Die ander mater dalk eerder haelgeweer-boodskappies – diep en intens. En dan die mater met die klappers-en-vuurwerke boodskappies – mooi bedoellings maar woes deurmekaar en laaaaaank. Hierdie whatsapp groepie vat ek enige tyd saam oorlog toe.

Balans en prioriteite – dis ‘n daaglikse gejuggle. Daar is derduisende, ‘n enorme verskeidenheid, selfhelp, motiverings, kom-ek-wys-jou, positiewe-denke boodskappies om ons. Daagliks. Oral. Dis juis deel van die inligting-versuiping wat ons ervaar. Eintlik lê die antwoorde seker maar hier binne-in elkeen van onsself. Sif deur dit wat die wereld vir jou gee, hou wat vir jou sinmaak en laat los die res. Reken ek.
Huppelend gekrok ons isse se is wat jubelend voortbeur en aanhou probeer, weer probeer van vooraf begin ver ry en te lank bly oortyd is verloortyd opstaan vir dit wat reg is, voor dit wat saakmaak weg is ... te min tyd, teveel dinge weegskaal van wat bly en wat gly lewe gallop en skop tot jy - kop eerste - omdop Harte vol trane en rowe en tog ook hoop, lag, blydskap en drome Vasstaan, sterkstaan, singende aangaan. Omgee en meeleef, ons lewens verweef op verskeie maniere en verskillende vlakke Dag en dinge by die horings vasvat Die lewe se dinge by die knolle raakvat My Is is my Is! Jou Is is jou Is! Opstaan! En aangaan!
Nou gaan ek koffie maak en hierdie varsnuwe dag raakvat. Mikpunte vir vandag: tuin water gee, produktief soveel werk as moontlik afhandel, musiek en hoola, gesonde aandete maak, vroeg slaap.
Mooi dag en baie asemskep oomblikke vir jou.
The last bits of Christmas has been boxed away (or eaten 😁). New Years greetings are fizzleling out. New resolutions are being set and some already forgotten.
I’m currently in a full fibro flare-up and if I allow it, can easily be swallowed alive in a pool of absolute soul exhaustion. But, by now I have built up quite an arsenal of tools to get my go going.

So I’m thinking, 2022 will be my (our) year of #miracles&magic.

Are we making today our best day yet??? Who’s with me?
Tyd om nuwe drome op te gaar Om in waterstrome en onder bome te baljaar Tyd vir ballonne, musiek en drome Tyd vir liefhe, gesond wees en nuwe patrone
Twintig-Een-en-Twintig was ‘n vol jaar. ‘n Vinnige 12 maande. Daar is geen manier om die suksesse en die seer van ‘n spesifieke periode te meet nie. Maar ek dink dis veilig om te konkludeer dat 2021 ‘n emosionele, grootliks gagga en mega-moeilike tyd vir baie mense was. Natuurlik is daar altyd sonskynoomblikke, maar ek lei af van vele gedeelde gevoellens op sosiale media en gesprekke dat ons 2021 in die vullisdrom kan wegbere.
Die jaar wat was, was vir my gevul met gevoellens en belewenisse wat sekerlik die hele spektrum van emosies kan dek. Tuinwerk, my eie kompos maak, meer blomme in my huis en tuin as ooit tevore. Pure lekkerte. Te midde van versigtigheid oor hoe om die “groot gogga” te navigeer en te onduik was daar steeds ‘n paar spesiale girls oomblikke. Kuiers saam met vriendinne op ‘n Vrystaatplaas waar van ons in ‘n watervalpoel geswem het. Hier het ‘n maat se mooi sonhoed wat met 2 botteltjies gin ewe gaaf van bo-af vir ons gegooi is soos mis voor die son onder die water verdwyn, vir ewig en altyd. Vroeg in die jaar het my gesondheid begin skewe draaie draai toe ek ‘n moontlike kwaadaardige groeisel moes laat uitsny. Als het tog mooi uitgewerk.
20-1-en-20 was gepak met kosmosse (velde en velde vol), tuisgemaakte bierbrousels, wolke (‘n persoonlike passie waaroor ek nog gereeld sal blog), reenboeë, ‘n bibberkoue winter, vals naels en vals hare (ek sit nooit weer tape extensions in my hare nie!) Ek en Ingelsman was twee maal Kaap toe, wat ‘n blessing. Besoeke aan natuurreservate met wonderlike sightings van diere and plante – Moeder Natuur op haar heel beste. Daar was ook baie trane en hart-seer oomblikke. Verliese. Maats wat nie meer saam ons hier op aarde is nie. Afskeid van ‘n hartsvriendin. Te min tyd saam my twee hartskinners. ‘n Sus se seer. Vriende en vriendinne wat swaar trek. Teveel aanlyn vaarwels. 2-0-2-1 was ‘n eina jaar!


En so is dit 2022 – ‘n wonderlike nuwe vooruitsig. Eintlik maar net nog ‘n dag. En tog ook nie. Want elke nuwe dag is ‘n nuwe kans. Verseker nie altyd maklik nie, maar sekerlik tog ‘n seening. Nuwe Hoop. Nuwe Kanse.
Ek is propvol planne en drome vir die volgende 12 maande (en dan nog so bietjie !knipoog!) Een daarvan is om aan te hou skryf, meer te skryf – om hierdie passie van my te laat werk, te laat groei. Om dit te geniet en hopelik dalk selfs te floreer. Dalk kan ek tog daai boek klaarmaak. Daar is soveel om te doen. Soveel om te leef. Tans werk ek aan ‘n blog inskrywing oor ‘n ander passie, een wat my nou besig het met navorsing, oplees, leer. Bome. Hou die spasie dop!

Mag ons elkeen ons eie plekkie in die son vind
Mag ons bly drome droom soos ‘n kind
Mag ons dae lig wees en ons paaie sonder teveel slaggate
Mag ons liefde vind al is liefde soms blind
Mag ons elke dag vier, op jou eie manier
Mag ons nie die belangrike kanse miskyk
en teveel verkeerde keuses maak nie
Mag ons opstaan wanneer ons val en
ander optel in die oomblikke wanneer hulle nie self kan nie
Mag ons minder van ons wees en meer van Jesus
Mag ons nie ons uniekheid en andersgeit prysgee ter wille
van ander se giere en geite nie
En mag ons aan die einde van die volgende 365 dae vir mekaar
knipoog en saam die volgende nuwe-hoop-siklus aanpak.
Voorspoedige Nuwe Jaar
Met Lollabolla-liefde
Hoop
Reendruppels
Wolke, Wind
Blomme
Kaalvoet loop
Boozy jams 🙂
Sonsopkomste & -ondergange
Lekker lag
Deernis
Opregtheid
Egtheid
Honnekinners
Omgeemense
Somer & Son
Plante wat groei
‘n Tuin vol kleur
‘n Huis vol liefde & warmte
Drome
‘n Gees wat nie opgee nie

Vriende(inne)
Boodskappies
Gawes
Kleurvolle liggies
Waatlemoen
Lees
Lag
Nuwe oggende
Belewenisse

Kleur
Geure
Strelende klanke (golwe, musiek, voëltjies wat sing …)
Tuisgemaakte mengeldrankies

Lappoppe
Kunstige mense
Kiekies
Wiele wat rol na nuwe, opwindende bestemmings (roadtrips)
Spagetti & maalvleis
Swem
Sing (al is dit vals)
Om hartsmense gelukkig en tevrede te sien
Goeie nuus
Liefde

Vrede & Vreugde
Vasbyt & Deursettingsvermoë
Geduld
Genade
My hart glo dat hierdie lysie is nimmereindigend. Wat maak jou bly/gelukkig?
Disappointed
Slightly anxious
Maybe a bit frustrated...
And by the end of writing this, disgusted.


Some decent rain falling here in the Central Karoo (grateful). Been stuck in backed-up traffic twice. Sad to see accidents along the way. Also sad to see the chaos on and the mess next to our roads. Not to even mention the filthy public restrooms. 😒😕😟☹️


Traveling nationaly in December – not a good idea!

So writing this post and a nice toasted chicken mayo sarmie has lifted the sombre mood slightly. Still a long way to go, but looking forward to sleeping in my own bed tonight.
It’s maybe not the best of days. With the rest of our December holiday plans being uprooted and an unplanned 15+ hour drive back home. But, it’s not all doom and gloom. There’s lots to be thankful for. And that is exactly what I shall be focussing on.

Hugs, love and light. Take care, travel safe. Be considerate and remember, #dontbeamoegoe.

Good Morning
Last stretch of our trip to the coast. We have a wide variety of music (went from Usher to The Singing Nun, Journey & Status Quo) and the brisk morning air is quite invigorating.

Today is going to be a good day.
Interesting facts & history: According to Wikipedia, Leeu Gamka was established towards the 1870s, initially called Bitterwater. Some of the buildings in town was used as a hospital for British soldiers during the Anglo Boer War (1899-1902).

Okay, that’s it for now. Later.