Amptelik ‘werkloos’, ‘n selfgekose status natuurlik.
Die wind is besig vandag – herfskoud en rats.
Ek word later die week ook een van die IV-vitamienedrip proewers, iets wat mens al hoe meer sien en van hoor. Vertel ‘n storie op sy eie. Ek vertel later meer.
Skryf is lekker. Skryf is ook harde werk.
Ek het die week my eerste slouchy beany gehekel. Hak was nog nooit werklik een van my sterker vaardighede nie, al het ek in ‘n huis vol talentvolle haksters grootgeword. Ek is in my noppies.
‘n Skryfkompetisie…. Ek is deur na rondte 3. Hou julle hier op hoogte.
My slimfoon waarsku alweer dat daar nie meer plek vir ‘n muis of ‘n punt of ‘n foto is nie. Tyd vir opruim.
Ek reken rock-bottom lyk anders vir elke mens. Ek glo ook daar is altyd tog nog bietjie spasie onnerkant daai bottom. Die ding is, niemand van ons kan ooit ‘n kenner wees oor iemand anders se laagtepunte nie, kom ons wees versigtig en spaarsamig met ons wyshede.
Elke dag het ‘n spesiale ligstraaltjie – en dikwels is hy êrens in jou eie binneste. Onthou om daai straaltjie te deel.
My dag het stadig begin en selfs nie eens ‘n katastrofiese kinkelkoek in my fyn haartjies kon my van koers afgooi nie.
Groot verjaarsdag vandag – my oudste hartskind is 21. Vandag wens ek sy pa was hier om dit saam met hom te vier. Ek is trots op jou Seuna en ek mis jou en jou kleinboet.
Wie van julle hou ook van ‘n warm mussie in die winter? Vroeër vandag my nuwe vryheid geniet – ‘n lekker beker warm klapperkoffie langs ‘n meerKnersis – ‘n knoop van ‘n koekDit was tydIetsie anders raakgespeel
Natuurlik gaan my blog (lees MY blog) dikwels staaltjies en stories en feite van my lewe vertel. Dis immers wat ek doen, as ‘n skrywer en storieverteller. En watter onderwerp verstaan ekself enigsins beter as “Ek”? Dis vir my die grootste lekkerte en ook eer om te skryf en vertel vir die wat graag my storie lees en luister. Ek is inderdaad dankbaar vir elkeen wat ‘n bietjie kosbare tyd hier by my spandeer.
Al is ons as mense so dieselfde as wat ons verskillend is, maak vele veranderlikes soos omstandighede, eie ervarings, oomblikke, persepsies, sosialisering, opvoeding, kanse en keuses en nog vele meer ons elkeen se verhaal uniek.
In ‘n wêreld waar soek-engins en biljoene aanlyn verwysings vir ons amper enige ding kan leer, met ons slimfone wat van elkeen ‘n rekenmeester, ‘n skrywer, ‘n fotograaf, ‘n funksiebeplanner, tuisteskepper, uitvoerende beampte ensovoorts maak raak mens maklik weg in ‘n wereld waar inligting oorvloediger is as menslike waardes (reken ek). Om te oorleef moet jy jou filtreervaardigheid opskerp en ferm grense stel van wat jy inneem en wat nie.
So om en by ag-en-dertig dae terug vier ek my 50ste verjaarsdag. Soos van julle weet, was daar ‘n lekker kuier gereel propvol kleur en karakters. Dit was ‘n geseende dag. Maar hier ampertjies ‘n maand-en-‘n-half later het ek nog nie eers almal bedank wat ek graag sou wou nie. Daar is soveel wat ek wou vertel. Fotos wat nie gedeel is nie. Die “partytjie” boks staan nog net so in die kuier-kamer. Die vrolike silwer bunting hang nog net daar waar ons dit opgehang het en die helium ballonne staan nog net daar waar hulle gestaan het (eintlik hang hulle). Pap en nie meer so vrolik nie.
Vir ‘n oorsensitiewe siel, ‘n empaat wat absoluut ten volle bewus is van elke vibrasie om my, is die lewe soms so effentjies meer intens. En intens het ‘n prys van sy eie. Maar, ek betaal met graagte want vir voorgee en sielstierlantyntjies het ek nie lus nie. Ek deel graag net so paar dingetjies hier. Erens gaan ek die chaos en harwar om en in my in ‘n feetjienet gevang kry maar vir nou is daar ‘n bataljon rooimiere in my kop. * Ek is kranklik. Vir lank-jare al raak ek gereeld siek met brongitus. Dit blyk ‘n familieding te wees. Asma. Verlede week was ek plat. Seer en goor. En doodmoeg. Ek begin beter voel. Daar is altyd hoop. Mense is wreed. Eng. Slim. Feit is: daar is niks soos ‘n recurring uitdaging wat ander se ware kleure wys nie, en veral ook, hoe eensaam eensaamheid werklik voel nie. * Stres is ‘n bliksem. Dis ‘n cliche ne: stres maak dood!? Wanneer is te laat dan te laat? * Ek het bedank. Alweer. Lewenslange werkgewer waar ek al 3 keer vantevore oor die laaste drie dekades bedank het en uiteindelik weer teruggekeer het. Maart 2022 is my kennismaand. Die toekoms is onseker maar vol hoop. Ek hou julle hier op hoogte.
Daar is so baie dinge wat ek nie weet nie. As ons ooit maatemmertjies gekry het om te help met gesonde balans, het ek myne verseker al laaaaankal verloor. Soms oortuig ek myself dat ek eintlik ‘n pyn-in-die-gat is met al my ooranalisering en die rooimierbrigade wat nooit slaap nie. Maar dan onthou ek dat ek ook oulik is en nie heelemal onnooslik nie en dat daar vir my ook, erens, ‘n plekkie onder die son is.
There are good days, bad days, horrible days, better days. But there is almost always something to be thankful for. Through thinking positive, you feel positive, move positive, act positive. You attract and share positive. Drink in each drop of positive energy. Be eclectic and agile, be a Miracle engineer, an architect of Wowness, a distributor of Joy.
Be Positively and Awesomely YOU! Photo by Binti Malu on Pexels.com
Interesting Fact: Today is International Bagpipe Day #bagpipeday Did you know that there are more the 130 different types of bagpipes worldwide? I mean, WHAT? And who does not love the sound of these wind-instruments?
10 March – International Bagpipe Day Photo by Brett Sayles on Pexels.com
Another Interesting Fact (one worth taking note of, I think): Today, 10 March, is also International Kidney Day (first celebrated in 2006). This day aims to raise awareness around the importance of healthy kidneys. Some things to keep in mind while looking after your own kidneys and overall health: * manage your blood sugar levels; * stay active; * be mindful of which medicines – and the amounts thereof – you take; * always drink enough water – stay hydrated.
YOU need to look after YOU – a healthy You is up to you Photo by Madison Inouye on Pexels.com
Lastly, the most MAGNIFICENT piece of information for today:
Today is…… WAIT FOR IT ………. INTERNATIONAL DAY OF AWESOMENESS
Well, in short, this is MY day, YOUR day – OUR day! This is just a darn good extraordinary fabulous day. (And it’s Chuck Norris’s birthday, too.)
Vandag – 8 Maart – is Internasionale Vrouedag. Hierdie dag word deur die Verenigde Nasies gesteun en wêreldwyd word daar vandag gefokus op vroue, op vroueregte en alle aspekte wat vroue asook hul status en gelykheid impak. Vroue word gevier, geprys en bespreek. Daar word gelukwense herwaarts en derwaarts gestuur. Goeie bedoelings en opregte waardering. Vir ‘n oomblik lig die Wêreld sy hoed vir vroue.
En te midde van die wereldwye erkenning en ondersteuning is daar duisende vroue van alle ouderdomme wat vandag doodgaan, seerkry, verkrag word, honger is, sien hoe haar familie swaarkry. Daar is vroue wat sy-aan-sy met ander krygers bomme en geweervuur in die gesig staar, wat net so hard saamveg vir hulle land en hulle mense. Daar is vroue wat innerlike oorloë voer. Sommiges met swaar, donker en moeë harte. Sommiges sal vanaand nie weet wat sy of haar geliefdes gaan eet nie. Vir party is daar somber nuus oor gesondheid. Miljoene vroue staar nou, op hierdie Internasionale Vrouedag, van die grootste uitdagings in hul lewens in die gesig.
Ons sal vir maande kan praat oor vroue, oor ons rol in die samelewing. Oor die goed en sleg, die sterk en swak, sommer oor alles wat ons as vroue uniek maak. Maar vandag skryf ek hierdie om net vir ‘n oomblik stil te staan, om ‘n stukkie van my hart in hierdie spesiale dag in te skryf en opreg te sê: Ek sien JOU!
Vir jou, eens fors en formidabele vrou wat met jou oudmens lyfie broos elke nuwe dag ingaan, met dankbaarheid maar ook die wete dat jy reg is vir die laaste groet.
Vir jou wat wonderbaarlik ten spyte van soveel uitdagings steeds fokus op die positiewe, wat tap-tap positiwiteit uitdeel waar ookal jy gaan, wat hoop en wag vir nuus oor daardie nuwe pos wat jy so deksels baie verdien.
Vir jou wat ekstra werkies doen ten spyte van die erg-lange myle wat jy daagliks vir brood-en-botter moet ry, en steeds die goed in alles raaksien.
Vir jy wat gebreek en donker is en steeds nie opgee nie.
Vir jou wat bangmaak nuus oor jou gesondheid gehoor het, vir ‘n oomblik gehuil het, diep asemgehaal het en nou soos ‘n trooper voortbeur met planne vir beter word en vol hoop fokus op jou medium-termyn doelwitte.
Vir jou wat tot satwordens toe die behandeling aanpak en deursien om die oorhand oor kanker te kry, wat leeg en uitgemergel kort blaaskansies vat en dan weer opstaan en die mooiste prentjies met ons deel.
Vir jou wat jou sussie mis wat heeltemal te skielik weg is Huis toe.
Vir jou met die seer oor jou kind se verwerping al is jy nou gelukkiger as ooit.
Vir jou wat amper oombliklik ‘n nuwe kultuur moes gewoondraak in ‘n grootmenswereld waar min dinge sinmaak, en steeds straal.
Vir jou wat binnekort ‘n nuwe mamma sal wees.
Vir jou wat sopas getroud is en ‘n hele nuwe lewe het wat voorlê.
Vir jou wat nou waarskynlik reeds onder narkose is, wat aanhou vasklou aan hoop al is jou hart en siel pimpel en pers.
Vir jou wat besig is om ‘n hoofstuk van meer as 13 jaar toe te maak terwyl jy jouself weer van vooraf ontdek, nadat jou vertroue aan flarde geruk is.
Vir jou met die mooi sagte glimlag wat so hard werk om jou eie, unieke besigheid aan die gang te hou, met jou lappopstories en prentjies.
Vir jou wat ampertjies aftree en ‘n hele nuwe avontuur aanpak as jy vir jou ‘n huisie by die see gaan bou.
Vir jou wat aanhou soek na jou plekkie in die son, wat nie mooi weet waar jy inpas nie, maar wat steeds ‘n ligstraal in ander se lewens is.
Vir jou wat oor lang afstande heen steeds ‘n hartsvriendin is wat na lang stiltes weer ‘n geselsie kan maak asof ons mekaar gister gesien het.
Vir jou (julle) wat my liefde vir bome meeleef en vir my die mooiste boomfotos van regoor die wereld stuur.
Vir jy wat my aanmoedig om te skryf, wat my blogstories ‘like’ en positiewe kommentaar en soms kritiek gee.
Vir jy wat aanhou boodskappies stuur, al is ek vrotsleg om by te hou.
Soos ek skryf besef ek dat ek kan aanhou en aanhou, dat daar soveel absolute merkwaardige, sterk vroue om my is. Dat elke liewe ene op ‘n unieke manier ‘n hemelse seening vir my is. Ek Sien Jou!!!
*Dankie vir elke sekonde wat jy aan my af(ge)staan (het).
*Dankie vir die lesse.
*Dankie dat ek ‘n stukkie van jou lewe mag aanraak en/of deelmaak.
*Hou moed! Bly glo! Werk hard, maar speel harder!
*Stuur ‘n inloer boodskappie vir iemand spesiaal.
*Staan sterk.
*Hou vas aan Jesus.
*Wees jouself – jy is meer as goed genoeg.
Persoonlik dink ek die hele mensdom kort gesondword. Daar is soveel onreg, haat, seer, afguns tussen mense oraloor. Maar ons as vroue het die vermoeë om uit gebreekte stukkies die mooiste kunswerke te maak. Ons is dapperder, mooier, sterker, ryker as wat ons ooit sal erken. En as ons saamstaan kan ons verseker die wereld ‘n beter plek maak.
Ek wens vir JOU, mooiste vrou, ‘n wonderlike Internasionale Vrouedag. En mag elke liewe dag en oomblik wat volg vir jou vol geluk, vreugde, krag en genade wees.
Lolla-liefde
Ek-self lyk maar vaal vandag, nie heelemal gesond nie en woestelike hare dag. Onthou, opgee is nie ‘n opsie nie. Shout-out to all my sisters around the globe.Bestest Wishes to all the Ladies out thereThe Light within you becomes a Light for someone else
MeCelebrating new beginningsNew Workspace for hubbySquiggles & BigglesPlaying with ChalkSunset over OR Thambo Airport – Johannesburg, South Africa Birthday breakfast vibesHalf Century party-time Nephew, Me, SisIn Afrikaans: ‘nog ‘n enetjie’ B’day prezzies #miracles&magic Faith….. Love….. HopeSpoilt rotten on my birthdayI’m being followed by a moon shadow 🎶My talented girl’s work – cuteness overloadA favorite local breakfast spot. Was surprised to see how flooded this lake is after all the recent (and ongoing) rains. Just around the corner from where I stay. Was pleasantly surprised to see these gorgeous trees flank a nursery we frequent. RainbowFinding beauty everywhereMini moments Visiting a friend in hospital Please do not sit hereAnother storm brewing