LollaSeBoomstories

My liefde vir bome
Up close …

Trees are sanctuaries. Whoever knows how to speak to them, whoever knows how to listen to them, can learn the truth.

Herman Hesse

Ek het so rukkie terug geskryf oor my liefde vir bome, sien skakel hier onder:

https://lollasegoete.com/2022/01/02/sonder-begin-of-einde-my-liefde-vir-bome/

denneballe&naalde … kleintyd-onthou
Sterk, met uitgestrekte arms
Skrams Winter

Ons was die afgelope naweek na die Hasiepark toe hier naby ons. Iemand by die Saterdag mark gaan ondersteun en toe ‘n entjie gaan stap. Ek kan myself verloor so tussen bome. Dis kiekies en nog kiekies, ooeeee aaahhh en nog ‘n kiekie, bietjie vat-vat en boomdrukkies uitdeel. Pure lekkerte. Die Ingelsman het half iesiegrimmig maar ooh so geduldig saamgestap. Wat ‘n heerlike oggend!

Wat ‘n wonderlike blessing
Dalk ‘n koekeloergaatjie ?
Mooiste kleurvertoning
In die koelte van 'n groot ou boom
wil ek vir oulaas stilraak, wegraak
tussen verstrengelde takke vol blaarbehangsels,
vertakkings van gister se gisters.
Lig, soos 'n veer.
Stof.
Net stof.

Onder 'n groot stokou boom.

LollaseGoete
Mooiste Mooi
Jare en jare se letsels. Hier kan mens mos net sit en wees.
Absolute respek
Ons leef ons eie stories
lollaboomdrukkies

#lollasekiekies #lollaseboomstories #lollasegoete

18 thoughts on “LollaSeBoomstories”

  1. Dis n siel skoonmaak ondervinding. Die blare wat met die wind gesels en God wat met n glimlag weet Sy skepping is volmaak.

    Liked by 2 people

  2. EK deel jou liefde vir bome. Bome gee skaduwee. Skaduwee gee beskerming. Ek voel altyd om onder ‘n boom te sit en daardie beskerming teen sy stam te geniet. O… en daardie ou verweerde stamme. Ek lief dit.

    Liked by 2 people

  3. Lolla, jy kan nie net Dolfyns en Bok praat nie, maar boom ook!
    Ek het jou jou bloginskrywing waarna jy hier verwys, gaan lees. Maar om kommentaar te lewer moet ek eers inlog. So ek sê sommer hier: Jou boomfoto’s is fantasties.
    Op die plaas waar ek grootgeword het, het ‘n massiewe Kaapse Wildevy gestaan. Dit was so ‘n pragtige, groot boom. Die volgende inwoners het dit uitgehaal.

    Liked by 2 people

    1. Ag nee heng Toortsie dis hartseer. Dis vir my erg as bome uitgehaal of afgekap word. Daar is seker soms geldige redes, maar dit bly hartseer.

      Ek is bly jy het kom saamgesels en dat jy my fotos geniet het. Mooi bly & groete.

      Liked by 1 person

      1. Jaaaaaaaa, van Julie af is ek terug in Alternative meds. Vandag ingesluit 10 werksdae oor hier, dan terug Dubbels toe 🥳🥳🥳🥳🌻

        Like

Comments are closed.