Lolla’s Blog

Uitdagings, Partytjies & Kersfees

Die kleurvolle Goue Vroue feetjies babbel oor Wats-op. Una pluk ‘n enorme wortel uit haar Mosambiekse gooiingsak en die ander Goues gryp na hulle slim-toestelle. Seegogga het mos immers vanoggend ‘n uitdaging in ons midde gegooi. Skryf ‘n blog. Ek dink nogal dit was goeie tydsberekening, want sommiges van ons kort ‘n effense skop onner die alie.

So is dit weer Desember. Vreemd hoe hierdie tyd van die jaar my dikwels aan die gorrelgat beetkry. Soveel hartseer in hierdie wêreld, en hierdie sensitiewe siel is nou maar eenmaal nie opgewasse teen al die rou seer en kak en drama nie.

Maar dis ook ‘n wonderlike tyd waar ons herinner word aan ‘n Genade wat groter is as wat enige-een van ons ooit sal weet.

Vir ons Rebus partytjie pak ek baie kaasworsies, ‘n yskoue bottel Zoerdoef en Gaviscon. Ooh ja, en spookasem.

Hierdie jaar was tot barstens toe vol – goed en minder goed. Ek is dankbaar vir God se Genade. My hart bloei oor die chaos in ons wêreld. Maar ek hou vas aan Die Lig.

My wense vir jóú hierdie Kersfees is dat jy die Here se Hande voel wat om jou vou. Dat seeninge, geluk en liefde jou laat snak na jou asem en dat jy altyd sal weet hoe wonderlik spesiaal jy is.

Lolla se Kersfeesgroete – met Liefde ✨️🙏🎄

Verandering

(Soos op FB ook gepos)

🎵 Hier’s ek weer hier’s ek weer
Om nog een keer te probeer…..

Ek wil dit sê
En ek gaan dit sê 🎶
Al slaan jou ma my
(Julle beurt, vul die lyntjie in)
Ek sal dit sê, al gaan ons stry … ☆☺️🎵

○●○●○●○●○●○●○●○●

So saam met die Lewe wat oor die laaste dekade drasties en dramaties verander het, het dít wat ons doen en hóé ons dit doen merkwaardiglik en soms ongemaklikrig verander.

Van julle sal onthou hoe ek genotlik en simpel-blatant eerlik op hierdie einste platform my hart en kop met julle en die wêreld kom deel het. Sonder voorgee en gevaarlik eerlik.  Maar, een van die waarste konstantes van ons bestaan is die feit genaamd VERANDERING.  Dis absoluut onontbeerlik dat ons ons ‘aanpasbaarheid’  voortdurend moet oefen (oorlewingssoepelheid) en toepas.

Wel, truth be told, …. ek met my vet-flenters lyf en gekrokte senuweestelsel het in 51+ jare my “weer-probeer” tot op die been deurgewerk.  En hier besef ek skielik (alweer) dat daar ‘n tyd is om sekere dinge te laat gaan. Sommige handdoeke moet ingegooi word, wit vlae moet hoog gehys word, boeke moet toegemaak word en true moet opgegee word.

Ek het myself aan die begin van 2023 oortuig dat my woord vir hierdie jaar sou wees “LESS”. Maar tot nou toe kon ek dit nog nie toepas soos die intensie was nie.

So besef ek;  dis tyd!!! Sekere dinge moet gaan, sekeres moet verander en geskaaf word.  Ekself het nou al ‘n paar keer my hoeveelste ‘coat of many colours’ deurgeleef.

Wel dit was ‘n bekvol. Eintlik sê ek net ek is nog hier maar soos die res van die wêreld is ek intens-anders. 

Ek skryf nog, maar anders.
Ek probeer nog, maar anders.
Ek leef nog, maar anders.

A Fine, Gorgeous Brand New Day

“Let this day begin”, she says, still lying under the less-bright green comforter.

Outside the bedroom window, birds are chirping, announcing the new, crisp day enthusiastically.

She has a varied list of tasks to do in the next 8 hours, one of which is taking care of herself and her damaged body. Her mosaic heart still pumps through and between all the deep scars. Today it’s back to the chiropractor, after a 10-month break. How has she not messed-up the hard work done last year. Not overnight, but still …. her muscles and nervous system buggered and bruised.

Birds still chirping ….. the sound of an airplane taking off in the distance … the brown dog’s tongue licking the sheets while she cleans a paw.

It’s a new day. A pretty glorious, beautiful brand new day. ✨️ She smiles, as she moves her legs over the edge of the bed and catapults her stout frame upwards. A new day indeed. 😃😊

Die Maan, Kiekies en ‘n Poerringboom

Die groeiende bolmaan hang vol-in-blom soos ‘n wafferse eersteklas gimnas hier buite in die pikswartnag.

Die allemintige grootmoeg wat my nou al ‘n helse ellelange tyd aan die gorrelgat beet het, prik prik soos gewoonlik aan my behoeftevolle planne om ietsie te skryf.

Kiekieplak-staatmaker kortpad is my voorland.

Ek loop in die nagdonkerte badkamer toe, met die huis se binnegoete helder verlig in vanaand se gesellige Waterdraer maanglans. Nou-nou kry ek vir Kleinsus in droomland, dié keer onner ‘n poerringboom, nogals.

Pixie en Vlooi is nou al lekker in Snorkvallei – hier vroeer toe almal vir die aand kom inkruip het
Jy was immers so mooi vir my
Vroeer die week …. koffiemaak in ons liewe Suidelike land
Ouma sien uit maal twee
Kunsmatige Intelligensie jou oulike ding
Sommer net nog ‘n kiekie

Dis al! Lollasegroete ♡