
Hjierts, hier’s op 2025


Afrikaanse Haikoe
Kreatiwiteit
wikkel uniek en suiwer
my skeppingsdrang los

Hulle name is Vlooi en Pixie. Die twee geliefde queen ladies in my lewe. Vir vyftien jaar al is hulle aan my sy, soos twee skaduwees.

Die liefde en lojaliteit van ‘n hondekind is verseker die suiwerste, mees onvoorwaardelike liefde wat hierdie lewe ons offer.






Hoe kosbaar om hierdie asempies in my lewe te hê. Liefde onbeskryflik groot.
LollaseWoefWoefGroete ♡























Sê jou sê
al het die wêreld se dinge
jou sê ge-mislê
Al is jou poegaai
pê-ër as pê
moet jy praat,
eerlik en reguit,
geen siels-plagiaat.
Praat uit jou hart al
is die eerlik soms swaar.
Woorde het waarde en help
herinneringe bewaar
Sê jou sê
Praat die goete wat
diep in jou hart lê.
Wanneer die Wisteria hier buite begin blom- gewoonlik so einde-Augustus – neurie my hart nuwe deuntjies. Binne weke is die prieel vol in blom en die skouspel voel vir my feestelik.

Die triomfanklike uitbarsting van pers-blou duur nie lank nie. Dit kondig net pronkerig die einde van die winter aan, hang so bietjie rond en maak dan plek vir die mooiste groen blarewolk.
Wanneer ek so tussendeur die elkedag se roetine-goete loop asemskep, gaan staan ek graag met my voet en rug teen die muur onder die Wisteria. So neem ek al vir weke lank fotos, van die eerste botsels aan die vaal takke af. En ek voel ‘n rym in my kop en are vorm. Ek begin beplan hoe ek met fotos en woorde hierdie stukkie prag met jou kan deel.
Min-wetend dat juis daar reg langs die blouselblou drapering, boewe ‘n paar weke terug die heining oopforseer, net om ons een oggend vroeg in te wag, te oorrompel en met wapens teen ons koppe al ons goete te steel. Sterker nog as die toksiese chemiese giftigheid van hierdie lieflingplant, is die vieslike verwaante astrantheid van mense. So verloor ek toe al my eerste-bloeisel fotos.
Ek was intussen weer daar onder die bloureen. En weer en weer. Want die Lig oorwin altyd. En omdat ons, in ‘n wêreld waar wetteloosheid seevier, moet vashou aan die goeie, dit wat mooi en eg is.





Ek was nou-nou weer daar onder die lowergroen blaarsambreel. Die keer saam met Izi. Ons het die laaste blou giftige blommetjies besnuffel, gegiffel en met ligte harte die res van die middag aangepak.
En dis met pure lekkerte en baie hoop dat ek hierdie kiekies met jou deel.



LollaseBloureenGroete ♡
Saam met die voëltjies
se vroegoggend laatwinter
sang
Dans daar 'n veel ligter,
skoner,
mooier en soeter
skaduwee aan my donkerkant

Daisies fraaie daisies laat my kop duise-LIG van al die mooi
Lolla is ‘n kaalvoet ek-wil-tussen-die-blommetjies speel en woeker en werk meisie.
In my tuin, saam met goggas en honnedrolle en blomblaartjies en vele nuwe vetplantbabas en my al-groterwordende- olyfboom, met my baie-breerandhoed, is ek giggelgelukkig.
Kyk net, hulle is beeldskoon 🌸🌼🌸



Daisies fraaie daisies laat my kop duise-LIG van al die mooi
Lolla is ‘n kaalvoet ek-wil-tussen-die-blommetjies speel en woeker en werk meisie.
In my tuin, saam met goggas en honnedrolle en blomblaartjies en vele nuwe vetplantbabas en my al-groterwordende- olyfboom, met my baie-breerandhoed, is ek giggelgelukkig.
Kyk net, hulle is beeldskoon 🌸🌼🌸


