Ontspan & Herstel

So bespreek ek vir my en skoondogter vroeer die week ‘n bederf spa behandeling, wat onder andere ‘n uur-lange aromaterapie vollyf massering asook 30 minute peppermint hand-en-voet behandelings insluit.

Dis weereens ‘n koel oggend na nog ‘n reenerige aand.  Ek is mal oor die weer, maar my lyf waardeer nie die kouer, klammigheid nie. 

My knopperige artritus-vingers raak meer knopperig by die dag.  Die aanvanklike ongemak en styfgeit het nou plekgemaak vir skerp ‘elektriese’ steekpyn, wat ondraaglik raak wanneer ek my vingers inspan om byvoorbeeld deure of bottels oop te maak – die geringste klein-motoriese bewegings veroorsaak tandekners pyn.

Ons sal die volgende paar ure versigtig navigeer, maar ek is oortuig dat ek die paar ure se lyfbederf baie gaan geniet.  O ja, en later beplan ek om ‘n heerlike melkskommel te loop soek.

Ek hoop jy doen ook vandag  iets gaafs en lekker vir jouself.

LollaseGroete 🌼 🌸 🌻 🌹

Nuwe Gewoontes 🤓

So is dit weer Nuwejaar
en al beplan jy geen “nuwejaars voornemens” nie,
belowe jy tog jouself dat
jy NOU gaan begin werk aan ‘n paar gewoonte-verstellings, wat hopelik volhoubaar sal wees.

Jy vertel vir jou kop dat jy hierdie jaar elke liewe dag iets gaan probeer skryf ….. want tydens 2024 het jou skryf verhuis …. dis asof dit deel geword het van ‘n ‘witnessprotectionprogramme’.
So, jy vertel vir jou kop dat al skryf jy net 3 woorde per dag, skryf moet jy skryf. En juis te beter as jy woorde met waarde skryf. Of ietsie wat ‘n lag of ‘n traan lostorring. Hoe, wat en waar die skryf gaan gebeur, en met wie ek dit gaan deel, is nog in die bedinkingsfase. Maar ja, ek sal graag hierdie plan (of is dit ‘n belofte aan myself) wil nakom.

Soos soveel ander ‘nuwejare’ vantevore, sou ek graag wil gewig verloor, en fikser raak. Maar kyk, ek gaan nie jok nie, met my diepe passie vir lekker eetgoed en my redelike stilsittende leefstyl, gaan hierdie ‘n groot kopswaai (en heupswaai, en biscuit skud, ensovoorts) vereis.

Slowly does it …. use it or loose it …. probeer is die beste geweer ….. aanhouer wen … positive vibes …. just do it ……

Okay, ek hou julle dus iewers tydens 2025 op hoogte van hoe dit in my kop (en met my lyf) gaan.

LollaseGroete

#lollasegoete #lollasthingz #2025 #skryf #afrikaans #lolladroomgroot

Meer Mens as Mense Self

Hulle name is Vlooi en Pixie.  Die twee geliefde queen ladies in my lewe. Vir vyftien jaar al is hulle aan my sy, soos twee skaduwees.

Swart Vlootjie links & Bruin Pixiewix regs

Die liefde en lojaliteit van ‘n hondekind is verseker die suiwerste, mees onvoorwaardelike liefde wat hierdie lewe ons offer.

Hoe kosbaar om hierdie asempies in my lewe te hê. Liefde onbeskryflik groot.

LollaseWoefWoefGroete ♡