Elke klein stukkie SKRYF is ‘n oorwinning

So paar dae terug skryf Positief oor o.a. haar Tikkel Tokkol pilletjies. Oor hoe sy vir ‘n maand lank niks geblog het nie en oor die verdrink-gevoelte. En ek kan relate.

My blogmaat verwys ook na my (Lolla) se Bubble. Eintlik het ek na ek haar inskrywing gelees het, ‘n hele paar idees om oor te skryf, met verwysing na Positief se skrywe. Maar my skryf sit steeds vas.

My voortdurende konsternasie is skryf-konstipasie.

So skep ek dus vanoggend, met squish-muis se hulp, hierdie prentjie met bemoedigende woorde
  • Mag ons skryf totdat ons skryfuurglas leegloop.
  • Mag daar wonderlike, bonsende impetus agter ons idees wees en mag Tyd nie ons planne insluk nie.
  • Mag jy woeker met jou gawes totdat jou tone vuisies trek van pure lekkerte.

Lolla-groete ♡

14 thoughts on “Elke klein stukkie SKRYF is ‘n oorwinning”

  1. Eish…dis sulke mooi woorde. Ja…ek kan ook relate. Wag gretig vir die wal om te breek, en om dan te lees wat als daaruit vloei!

    Liked by 2 people

  2. Ek hou van daardie “totdat jou tone vuisies trek van pure lekkerte.” Dis presies soos dit is. Ek werk aan ‘n skryfstuk vir my skryfkursus waarmee ek besig is. Dit gee my oneindig veel plesier om die stuk te skryf en weer en weer te skryf telkens met ekstra aanwysings om dit beter te maak. Dit werk soos ‘n bom. Interessante is dat dit woorde is in my dit moet net neergepen word.

    Liked by 2 people

Comments are closed.