Sover ek verstaan is Haiku ‘n vorm van Japanese digkuns, wat wêreldwyd in vele tale beoefen word.
Anders as van ons meer bekende digvorms is een van Haiku se reels dat dit nie rym nie. Dis een gedagte wat ‘n Wat, Waar en Wanneer bevat en in 3 lyne ondermekaar geskryf word. Die volgende reels geld ook, alhoewel sommige tale meer moderne, unieke vorme van Haiku bekendstel.
‘n Haikoe bestaan uit 17 lettergrepe…
- Lyn 1: bevat 5 lettergrepe
- Lyn 2: bestaan uit 7 lettergrepe
- Lyn 3: 5 lettergrepe
Aanvanklik het Haiku temas die natuur beskryf, emotief. Maar – en hierdie maak my kreatiewe hart vrolik – daar is spasie vir groei, ontwikkeling en innovasie.
Dit het my ‘n redelike tydjie gevat om my eie eerste Haikoe in Afrikaans te skryf. Hoe ‘reg’ dit is weet ek nie. Maar dit voel reg, en lekker. Ek deel dit graag hier met jou.

Wie van julle het al ge-Haiku? Deel gerus julle gedagtes en ervaring hier.
LollaseGroete
Lolla, tot my spyt kom ek en gedigte glad nie reg nie. Sug. En sug.
LikeLiked by 1 person
Hi Una. Maar jy het weer vele ander skryfvaardighede. So probeer ons verskillende goed en besluit wat werk, of nie. Ek hou van dig maar dink ek doen dit soms heelemal buite die ‘reels’. Moet bieg, ek het nogal gesukkel om die 3 lyntjies geskryf te kry.
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy dig klaar baie goed, Lolla. Dis definitief ñ talent wat nie baie van ons het nie.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Una.
LikeLike
Ek en ‘n vriendin in Australië het ‘n hele klompie jare gelede gedigte geskryf. My vriendin was aan die roer van sake. Ek’s nie baie digterlik aangelê nie. Tog as mens probeer gebeur daar vreemde dinge. Die Haikoe het my aandag getrek omdat dit kort en kragtig is. Steeds weet ek nie hoe om dit te doen nie. Terwyl ek aan kort kursus gewerk het vir die skryf van Memoirs moes ek ook die Haikoe manier gebruik. Die kursus aanbieder kon nie juis uitmaak wat of waaroor ek geskryf het nie, haha.
LikeLiked by 1 person
Ja Scrapy, probeer is so belangrik. Anders hoe gaan ons weet wat ons kan en wil en wat ons eerder vir ander moet los. Dankie vir die inloer hier.
LikeLike
Presies. Probeer is die beste geweer. Jou Haiku is beslis ‘n mooi een. Mooi uitgewerk.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy. Wil nou ene in Engels probeer.
LikeLiked by 1 person
Ek het juis dit in Eng probeer omdat dit ‘n engelse blog was. Sal graag wil lees waarmee jy uitkom.
LikeLiked by 1 person
Ek brein-storm nog, sal dit verseker hier met julle deel Scrapy. xx
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig, Lolla. Ek is geen digter of skrywer nie.😀
LikeLiked by 1 person
Die lekkerte van ons almal se unieke gawes en talente is dat dit die wêreld vir ons groter, voller en meer toeganklik maak. Dis wat die deelery hier in blogland interressant hou, of hoe?
LikeLiked by 1 person
Dis presies so. 😄
LikeLike