Koffie & Sonskyn

Winterson

Ek sit nou hier by een van ons plaaslike koffie-plekkies. Dis een van ons gunsteling ontbyt en koffie kuierplekkies.

Op koue dae maak hulle ‘n heerlike vuur met dik houte binne. En wanneer die son skyn is daar tafeltjies onder sambrele en bome buite.

Maar vandag sit ek op my eie hier in die hoekie van die koffiewinkel. Dis te koel vir buite sit. Ek bekyk nou al vir ‘n ruk die hoekie met ‘n bank en twee gemaklike vlerkstoele. Die son skyn warm en koesterend deur die groot vensters. En my siel en lyf bak te lekker in die gul strale. Man, pure frikken genotlike tevredenheid.

LollaGroete 🌞

8 thoughts on “Koffie & Sonskyn”

  1. Wanneer dit koelerig buite is, is daar min dinge so lekker as om ‘n sonnetjie op te soek waar mens kan sit en bak … en as dit in ‘n koffiewinkel so oulik soos joune is, is dit vele beter!

    Liked by 1 person

    1. Die plekkie is 5 minute se ry van my af Una. Daai was gister die perfekte hoekie op die perfekte tyd.

      Dink ek mos nou hoe lekker ‘n bymekaarkom van die Goue Vroue by my sonhoekie sou wees.

      Liked by 2 people

Comments are closed.