Welcome to my world – experiences of a middle-aged Wanderer
Genade & Hoop
Nuwe dag Dinsdag Koud en bewolk Ek is dankbaar, oorweldig Waar vat, waar los Teveel seerkry, swaarkry, hartseer Koud Dankbaar Warm honnelyfies Gaan ouma word Voel soos 'n stuk breiwerk met baie los steke Boek staan oop, vir verder skryf, maar pen en hand skop vas Teveel seer Magteloos, broos Ons is letsels in 'n stukkende opgef●《{€ wêreld Skryf is werk Werk is goed Roetine is waardevol Opgee is nie 'n opsie nie Land met sy Rand in sy donner in Oorlog, bloed, lief, veraad, steel, skelmstreke Een moerse groot donker gat Stapelgekke-stukkendgeit
OOK ...
Sonskyn deur die wolke Ligdraers Omgee-mense Vasbyt-mense Eerlike en eerbare mense Opregte mense Warm bed, warm koffie Geleenthede in oorvloed 'n Genadige Hemelse Vader Warm harte Mooi harte Groei Leer Ontdek Hoop Genade Lag Vriende Die NATUUR En Hoop! Dankbare harte Musiek Blykskap Nuwe lewe Gas en kragopwekkers Kontak Gebede Genade op genade HOOP! Asem Kanse Mense sonder skanse Liefde Engele om ons Die Wind Vars nuwe oggende
Genade & Hoop
Like this:
LikeLoading...
Related
8 thoughts on “Genade & Hoop”
Waar sal ons wees sonder genade en hoop…hoop daai pyn voesek gou. 🤩
Beslis ja. Ook baie menslik moeilik om aan hoop vas te hou. As ek so met my mense in SA praat is dit duidelik dat almal desperaat en baie moedeloos is omdat daar geen wegkom kans is nie. Ook nie kans om werklik iets op jou eie aan te pak nie. Ek dink daagliks aan julle. Dis baie hartseer en swaar. Sterkte is al wat ek kan sê en steeds dat die hoop tog wel baie beteken.
Waar sal ons wees sonder genade en hoop…hoop daai pyn voesek gou. 🤩
LikeLiked by 2 people
Amen 🙏
LikeLiked by 1 person
Sjoe, jy ken van skryf! Dig, mens staan skoon uitasem na die lees van die vinnige digkuns. Welgedaan.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa xx
LikeLike
Eers die donker kant en dan die opbouende ligkant van die lewe. Die hoop beskaam nie. (maar dis swaar) Pragtige sterk stukke skryfsels.
LikeLiked by 1 person
Moet eenvoudig aan Hoop vasklou, met als wat ons het. Of hoe dink jy?
LikeLike
Beslis ja. Ook baie menslik moeilik om aan hoop vas te hou. As ek so met my mense in SA praat is dit duidelik dat almal desperaat en baie moedeloos is omdat daar geen wegkom kans is nie. Ook nie kans om werklik iets op jou eie aan te pak nie. Ek dink daagliks aan julle. Dis baie hartseer en swaar. Sterkte is al wat ek kan sê en steeds dat die hoop tog wel baie beteken.
LikeLike
Hoop – daar sonder is alles hopeloos. Pragtige skrywe
LikeLike