Vrydag sit so lekker op my tong laat my voel soos boerepap met bruingebraaide velletjie en goudgeel stroop
Vrydag is vir my nog alletyd 'n blydag, my-dag, lag-en-skoffeldag.
Tiekiedraai, grootlawaai, skoppelmaai lagdag.
Vrydag sit so lekker op my heup, ek begin hom so met n swaai en 'n skud.
Vrydag is sy dag, haar dag, hulle en julle dag, my dag, jou dag.
V-v-v-rryyyyyddaaaaaag!!!!!
Mag genade, lekker-lag, geluk en blessings jou vandag pootjie en toevou.
Vrolike Vrydag Lolla Groete ♡♡♡

Vrolike woorde op hierdie Vrydag? Geniet jou naweek ook! 💃💃
LikeLiked by 1 person
Lekker naweek vir jou xx
LikeLike
Hêppy Vrydag en mag jou naweek die Vrydag gevoel net verdubbel
LikeLiked by 1 person
Geniet jou huppel-jubel Vrydag
LikeLiked by 1 person
Geseënde en vrolike naweek vir jou ook…al lyk fit of dit weer bed en boeklees weer gaan wees!
LikeLiked by 1 person
Te heerlik. Geniet jou naweek ook. ⛈️💧
LikeLike