Om te Blog, of nie te Blog nie …..

Dis eintlik glad nie eers ‘n vraag nie. Want sien, ek skryf al van kleintyd af. Met passie. Dikwels ernstig en soms tong-in-die-kies. Verseker heelemal te reguit vir sommige mense se smaak. Maar ek skryf. Dis ‘n lewenslange liefde.

So hier dus, op my amperse oudag kan ek myself Skrywer noem. Want dit is immers wat ek is. Nou moet ek skouer aan die wiel en ink op papier sit om iets onder my naam te publiseer. Waarskynlik 2022 se grootste doelwit. Hoe het Pa Piet altyd gesê: “As dit die Here se wil is”. Vreemd, nader aan sy dood het Pa dit al hoe meer gesê, so al asof hy ‘n voorgevoelte gehad het.

Mooigoete

Dus sal ek aanhou skryf. Op my manier, vir die wat my skryfwerk geniet. Met ‘n diep dankbaarheid dat ek kan doen waarvoor ek lief is. Dankie vir elke een wat saam lees, saam beleef en selfs soms raadgee. Mag ons individuele, unieke kreatiwiteit manna vir ons data-&-inligtingdeurdrenkte siele wees.

Lolla Groete

2 thoughts on “Om te Blog, of nie te Blog nie …..”

Comments are closed.