Mag die winter in jou hart soveel warm vrugte dra dat die koudste bibber-oggende sal ophou probeer om jou keer op keer te pootjie.

Die plaaslike grootbek-eend het sy plek op die straat se langboom ingeneem en gilkwaak nou vir die buurt sy opstaantyd gera…. …deuntjie.
Ysige winterkoel groet my toe ek die venster wyd oopgooi om vir die bakkiesmaan te glimlag.





Ek hoop die Wind waai vandag vir ons bietjie ekstra blessings nader. En dat die son al die nodige plekkies sal opwarm. En siekmaak goggas wegbrand.
Terwyl ek voorleef hier in my selfopgelegde kluisenaarsklooster wuif ek vir jou wat hier lees. Dankie vir die inloer. 👋
LollaseGeroesdeGroete
Ek wuif terug na jou uit ‘n ysige nagtelike New Zealand.
LikeLiked by 1 person
Oeeww Scrapy hier is dit ook koud jong. Baie dankie vir die wuif en die inloer. Ek hoop dit gaan goed met jou. 🩷
LikeLiked by 1 person
Gaan goed soos dit kan hierdie kant. Hoop jy’s ook okay.
LikeLiked by 1 person
Ek is okay dankie my liewe Tannie. ♡
LikeLiked by 1 person
Ek wuif ook, mag jou dag met sonskyn gevul wees
LikeLiked by 1 person
Dankie dankie liewe Positief, my dag is inderdaad vol sonskyn. My hart ook. 💛 Dankie vir jou wuif en geselsie hier. Gaan dit goed met jou?
LikeLike
Dit gaan goed dankie, vandag is Vrydag so amper naweek, dan gaan dit nog beter. Hoop jy ook
LikeLiked by 1 person
Ja-ja naweek djou lekke deng 😊😉🤩
LikeLiked by 1 person
Jy laat die koue baie warmer klink!! Mooi mooi!
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot 💞
LikeLiked by 1 person
Sulke mooi fotos, Lolla! Ek wuif ook terug.🤗
LikeLiked by 1 person
👋 hello liefste Una
LikeLiked by 1 person