Mag die winter in jou hart soveel warm vrugte dra dat die koudste bibber-oggende sal ophou probeer om jou keer op keer te pootjie.

Die plaaslike grootbek-eend het sy plek op die straat se langboom ingeneem en gilkwaak nou vir die buurt sy opstaantyd gera…. …deuntjie.
Ysige winterkoel groet my toe ek die venster wyd oopgooi om vir die bakkiesmaan te glimlag.





Ek hoop die Wind waai vandag vir ons bietjie ekstra blessings nader. En dat die son al die nodige plekkies sal opwarm. En siekmaak goggas wegbrand.
Terwyl ek voorleef hier in my selfopgelegde kluisenaarsklooster wuif ek vir jou wat hier lees. Dankie vir die inloer. 👋
LollaseGeroesdeGroete