Kom sit vir ‘n rukkie hier by my
Hier langs my
Jy mag maar vir ‘n wyle by my kom sit
Ons kan saam bid
Gesels
Ons kan ponder en wonder
Ons kan planne beraam
Dalk droom oor daai man op die maan
Kan hý ons hoor roep
Kan hý ons red

As jy saam met my sit, stil
Kan ons gesels oor ons vrouwees, ons
yster-wil
Ons kan lofliedere sing en planne beding
Ons kan ook lafgiggel oor daai man op die maan
want al sou die bliksemse Wêreld ons hoop soms laat taan
Weet ons, ek en jy, verseker-beslis
Dat ons saligheid, genade, ons toekoms net in die
Groot Hand rus

Kom hier.
Hier by my.
Al is dit net vir ‘n oomblik,
voor ons weet is dit verby.
~LollaseGroete~
Wat ñ pragtige skrywe, Lolla. Ek vir een sal graag saam met jou sit.🤗
LikeLiked by 2 people
Enige tyd Una, dankie vir jou teenwoordigheid in my lewe. ♡
LikeLiked by 1 person
liewe Lolla, dankie vir die oomblik hier langs jou vir n rustige sitjie. Dis n mooi digsel wat jy weer hier gedeel het. Jy moet asb meer dig. Jou talent skitter soos n helder ster. Una en ek het vroeer jare saam op die maan gesit en af gekyk na al die woelinge.
LikeLiked by 2 people
Scrapy, hoe laat jy my nou glimlag met jou opmerking.🤗
LikeLiked by 2 people
Dis mos waar?
LikeLiked by 1 person
100% waar.🥳
LikeLiked by 1 person
Aaahh liewe Scrapy, hoe gee jy my weer nuwe moed hier. Baie dankie vir jou mooi woorde. Ek gaan probeer …. ek sukkel al so lank om my skryfengin ge-olie te kry. Jy inspireer my. ♡
LikeLike
Mooi man, so ondersteun ons mekaar en kom dinge weer aan die gang al is daar baie olie nodig om te begin en deur te druk. Tot volgende keer.
LikeLiked by 1 person